Migrant workers and the right to social security: an international perspective

Date
2007-02
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Juta Law Publishing
Abstract
INTRODUCTION: An estimated 175 million people, nearly three percent of the world’s population, are international migrants. This figure includes refugees, displaced persons, stateless persons, and (important for the purposes of this paper) migrant workers. The increase in migration in the contemporary age of globalisation means that “nearly all States have become or are becoming more multi-ethnic, multi-cultural, multi-racial, multi-religious, and multi-lingual”. The movement of migrant workers is said to be caused by so-called ‘‘push’’ and “pull’’ factors. The “push’’ factors include the desire for a better standard of living, new opportunities and a better future, while the ‘‘pull’’ factors refer to the availability of relatively well-paid work in the receiving country. The labour migration process is further aided by ever-improving systems of communication and transportation.
Migrasie toon wêreldwyd 'n stygende tendens. Daar word bereken dat een uit elke vyftig mense buite hul land van oorsprong woon. Wat egter ook 'n stygende tendens toon is die algemene en wydverspreide miskenning van die menseregte van trekarbeiders, m a w persone wat buite hulle landsgrense werk. Hierdie artikel ondersoek die rol wat internasionale instrumente (soos uitgereik en aangeneem deur die Verenigde Nasies en die Internasionale Arbeidsorganisasie) asook internasionale ooreenkomste (bilateraal en multilateral) speel om die regte van trekarbeiders te beskerm. Veral die beskerming van trekarbeiders se reg op sosiale sekerheid (wat beide sosiale versekering en sosiale bystand insluit) kom onder die loep. Alhoewel daar onlangs positiewe ontwikkelinge op internasionale vlak plaasgevind het, en die rol wat bilaterale en multilaterale ooreenkomste speel bemoedigend is, dui die artikel daarop dat daar baie ruimte vir verbetering is. Tekortkominge word uitgewys en spesifieke voorstelle vir verbeteringe word gemaak. Laastens word die kwessie van die verlening van sosiale bystand aan trekarbeiders bestudeer. Daar word bevind dat meeste lande weier om voordele wat in die geheel of gedeeltelik vanuit staatsfondse gefinansier word aan trekarbeiders te verleen. Hierdie stand van sake word gekritiseer op die basis dat dit neerkom op 'n miskenning van die bydrae wat trekarbeiders tot die staatskas maak deur middel van (direkte en / of indirekte) belastingbydraes, asook as 'n miskenning van die beginsels van sosiale geregtigheid en billikheid. Die tyd is ryp dat daar oorweging geskenk moet word aan die insluiting van 'n bepaling in die relevante internasionale instrumente wat 'n minimum vlak van sosiale bystand aan trekarbeiders waarborg.
Description
CITATION: Dupper, O. 2007. Migrant workers and the right to social security: An international perspective. Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif 18(2): 219-245.
The original publication is available at https://journals.co.za/content/journal/ju_slr
Keywords
Migrant labor -- Economic aspects, Foreign workers -- Civil rights, Foreign workers -- Social conditions, Social security (International law)
Citation
Dupper, O. 2007. Migrant workers and the right to social security: An international perspective. Stellenbosch Law Review = Stellenbosch Regstydskrif 18(2): 219-245.