Dum spiro – spero (terwyl ek asemhaal, hoop ek). Op reis met Elsa Joubert oor die "naakte waarheid" van die "menslike siel"

Date
2020
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
Die tergende vraag in ’n spirituele en religieuse benadering tot die betekenis van menswees is nie bloot die vraag na identiteit (wie is ek?) nie, maar die vraag na die wesenskern van die mens. Wat word met siel bedoel? Hierdie vraag word veral deur die feit van menslike broosheid, lyding, verganklikheid en ’n wete van die dood onderstreep. Dit is dan ook die vraag waarmee die skrywer Elsa Joubert nie net in haar reisverhale nie, maar veral in haar laaste boek Spertyd geworstel het. Die vraag na ’n mens se siel is ten diepste die vraag na die gehalte en sin van die lewe. In die lig van die stelling dat ’n mens nie ’n siel hét nie, maar jou siel ís, word die verband tussen liggaamlikheid en die wesenskern van die mens, die hóé van menswees (so-syn) ondersoek. Wat word bedoel met die “naakte waarheid” van ’n be-sielde lewe? Die naakte waarheid van siel doem vir Joubert op toe sy die beplooide agterstewe van ’n bejaarde pasiënt sien oopwaai onder ’n hospitaaljurk en die weerloosheid van ’n verskrompelde lyf aanskou. Die waarheid van siel is gekoppel aan die werklikheid van houding en hoe ons mekaar aanraak en in verhoudinge beleef. Maar dan moet ons wegbeweeg van ’n etiese hermeneutiek van suspisie (hoe groot is ons sonde en ellende en die dualisme tussen siel en stof) na ’n estetiese hermeneutiek van verrykte doksa (sinvolle roepingsbestemming binne die integrale faktor van omgee, sorg, medelye en integriteit).
Christian anthropology has been deeply influenced by the dualistic schism between the human soul and the human body. The quest for immortality had often been formulated in terminology borrowed from a Platonic and dualistic view of life: the human body as merely a temporary prison for an immortal soul.
Description
CITATION: Louw, D. J. 2020. Dum spiro – spero (terwyl ek asemhaal, hoop ek). Op reis met Elsa Joubert oor die "naakte waarheid" van die "menslike siel". LitNet Akademies, 17(3):539-558.
The original publication is available at https://www.litnet.co.za
Keywords
Human soul, Aesthetics, Theological anthropology, Soul, Human body
Citation
Louw, D. J. 2020. Dum spiro – spero (terwyl ek asemhaal, hoop ek). Op reis met Elsa Joubert oor die "naakte waarheid" van die "menslike siel". LitNet Akademies, 17(3):539-558.