Production potential of Eucalypt woodlots for bioenergy in the Winelands region of the Western Cape

Date
2010-03
Authors
Botman, Ilse
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The purpose of the study was to investigate the potential tree taxa that could be grown as a source of biomass in the Cape Winelands region. The trials comprises of two different aspects. The first being the estimation of potential volume, density and biomass of a pair of six year-old stands of E. gomphocephala and E. cladocalyx families at two climatically different sites within the study region. The second part of the study was the early growth assessment of alternative taxa that could be planted in the region compared to the regional mainstay E. cladocalyx. The volume of families was estimated using appropriate volume equations and using the form height were none were available. The best volume yield varied from 4.6 to 11.2 m3 ha-1a-1, at the dry and sub-humid sites, respectively. Wood density, estimated from non-destructive samples at both sites, varied from 620 (sub-humid) to 588 kg m-3 (dry site). The estimated biomass production rate of the top producing families yielded 2.7 and 6.9 t ha -1a -1 at the dry and sub-humid sites, respectively. In terms of estimated biomass and survival, E. gomphocephala was more suited to the dry site, while E. cladocalyx displayed superior yield than E. gomphocephala on the sub-humid site, but not significantly so. Early growth assessment of the trial of alternative taxa found that the hybrid E. grandis × camldulensis and E. grandis × urophylla had superior biomass indices, but were more susceptible to infestation by Thaumastocoris peregrinus and Gonipterus scuttelatus.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie studie was om potensiële boom taksa vir gebruik as ’n bron van biomassa in die Kaapse Wynlandstreek te ondersoek. Die proewe behels twee aspekte: eerstens die beraming van die potensiële volume, digtheid en biomassa van sesjaaroue opstande met families van E. gomphocephala en E. cladocalyx by twee klimatologies verskillende groeiplekke in die studiegebied; tweedens die beoordeling van die vroeë groei van alternatiewe taksa wat in die streek geplant kan word in vergelyking met die streek se historiese staatmaker-spesie E. cladocalyx. Die volume van die families is beraam deur gebruik te maak van toepaslike volumevergelykings, en met behulp van ’n vormfaktor waar vergelykings nie beskikbaar was nie. Die volume aanwas by die droë en sub-humiede groeiplekke was onderskeidelik 4.6 en 11.2 m3 ha-1j-1. Houtdigtheid is beraam deur nie-destruktiewe monsters uit die opstand te neem. Gemiddelde digthede het variëer van 588 (sub-humied) tot 620 kg m-3 (droë groeiplek). Die beraamde biomassaproduksie van die top-families beloop onderskeidelik 2.7 en 6.9 t ha -1j -1 vir die droë en sub-humiede groeiplekke. In terme van beraamde biomassa en oorlewing, is E. gomphocephala meer geskik vir droër groeiplekke , terwyl E. cladocalyx by die sub-humiede groeiplek ’n hoër opbrengs as E. gomphocephala getoon het, hoewel nie betekenisvol nie. Beramings van die vroeë groei by die proef met alternatiewe taksa het getoon dat die basters E. grandis × camldulensis en E. grandis × urophylla hoër biomassa-indekse het, maar meer vatbaar is vir besmetting deur Thaumastocoris peregrinus en Gonipterus scuttelatus.
Description
Thesis (MScFor (Forest and Wood Science))--University of Stellenbosch, 2010.
Keywords
Biomass potential, Wood density, Eucalyptus hybrids -- South Africa -- Western Cape, Insect infestation, Dissertations -- Forest and wood science, Theses -- Forest and wood science, Woodlots -- South Africa -- Western Cape, Biomass energy -- South Africa -- Western Cape
Citation