The impact of organisational culture, unconscious bias and person-organisation fit on employee selection decisions during recruitment

Date
2023-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Many organisations affirm their commitment to organisational diversity; however, efforts to achieve it are often unsuccessful. As the recruitment process is the door through which employees enter an organisation, this process, in some way or another, plays a significant part in making selection decisions that determine the extent to which an organisation is regarded as diverse. Furthermore, limited research has focused on how selection-decisions are made in practice and what influences selection decision-making. The area of recruitment is subsequently identified as the focus for this study. Three concepts are identified as possible contributors to the lack of success of organisational diversity strategies: organisational culture, unconscious bias, and person-organisation fit (PO-fit). These three concepts are considered, in the recruitment selection decision-making process, through the lens of complexity thinking, to explore the possible dynamics that might contribute to the lack of success of diversity strategies. The findings of this study suggest that unconscious bias, through the workings of PO-fit, problematically influences recruitment selection decisions, thus leading to discrimination as an ethical risk. Due to the reflexive and non-linear nature of organisational dynamics, predictive outcomes of interrelations cannot be established, and therefore, the reflexive and non-linear interplay of the parts, rather than the parts themselves are the object of inquiry. Several strategies to mitigate the identified risks are presented. One such strategy is a concept developed by the researcher, namely PO-add which is based on the principles of inclusion and promoting difference in recruitment decision-making. The ethics of complexity is presented as a theoretical framework that provides guidance when ethical decisionmaking is the objective. This perspective requires a very specific position from decision-makers, namely, the provisional imperative. To show how the ethics of complexity could facilitate these aims, two processes supporting the provisional imperative of complexity theory are investigated: imagination and provisionality. These two processes are considered through the application of various strategies towards mitigating the risks arising at the intersection of PO-fit, organisational culture and unconscious bias.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Verskeie maatskappye beweer dat hulle verbind is tot diversiteit, maar dikwels is maatskappye se pogings om diversiteit te bevorder onsuksesvol. Personeelwerwing is die deur waardeur werknemers die organisasie betreë, daarom is hierdie proses – op welke manier ookal – sentraal tot werwingsbesluite wat ‘n impak het op die diversiteit van ‘n maatskappy. Tot op hede is daar beperkte navorsing gedoen oor hoe werwingsbesluite in werklikheid geneem word en wat hierdie besluite kan beïnvloed. Drie konsepte, naamlik, maatskappykultuur, onbewuste vooroordeel en persoon-maatskappy-passing (PM-passing) word geïdentifiseer wat moontlik kan bydra tot die gebrek aan sukses van diversiteitstrategieë. Die bevindinge van hierdie studie suggereer dat onbewuste vooroordeel, deur die werkinge van PM-passing, ‘n problematiese invloed het op werwingsbesluite en lei tot die etiese risiko van diskriminasie. Vanweë die refleksiewe en nie-lineȇre aard van maatskappydinamika, kan uitkomste nie voorspel word nie en interverwantskappe nie bevestig word nie. Daarom is die reflektiewe en nie-lineȇre interverwantskap van die konsepte die fokus van hierdie studie eerder as die individuele konsepte hulself. Verskeie strategieë om die risiko van hierdie interverwantskappe teë te werk word bespreek, onder andere, PM-toevoeging, ‘n konsep wat deur die navorser ontwikkel is en wat gegrond is op die beginsels van insluiting en die bevordering van andersheid in werwingsbesluitneming. Die etiek van kompleksiteit word aangebied as ‘n teoretiese raamwerk wat leiding bied wanneer etiese besluitneming die oogmerk is. Hierdie benadering vereis besluitnemers om ‘n baie spesifieke posisie in te neem, naamlik die posisie van noodsaaklike voorlopigheid. Om aan te dui hoe die etiek van kompleksiteit behulpsaam kan wees in etiese besluitneming, word prosesse wat ondersteunend is tot die posisie van noodsaaklike voorlopigheid ondersoek, naamlik: verbeelding en voorlopigheid. Deur die toepassing van verskeie strategieë by die interseksie van PM-passing, word maatskappykultuur en onbewuste vooroordeel ondersoek om die risiko wat onstaan, teë te werk.
Description
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2023.
Keywords
Citation