Interreligieuse dialoog as model vir die intra-geloofsgesprek rondom seksuele oriëntasie
Date
2001-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Dialogue between Christians of different sexual orientations is not taking place in the
church. From a missiological perspective this lack of dialogue damages the unity of the
church and therefore its credibility to the outside world. There is a diversity of opinions
and experiences in terms of sexual orientation in the church. Dialogue with each other
from an arrived and positioned attitude, where judgement and rejection dominates, does
not model reconciliation and the experience of unity. This research aims to further the
intra-faith dialogue regarding sexual orientation ecclesiologically in such a way that the
unity of the body of Christ be embodied and the credibility of the church heightened.
The interreligious experience of the dialogue process and the skills that have been learned
from it, are researched via an extensive literature study to establish if it can serve as an
source of experience from which a dialogue-skills model can be developed that furthers
the intra-faith dialogue regarding sexual orientation, with specific mentioning of
homosexuality, ecclesiologically. A historical overview of the interreligious dialogue
development in the ecumenical movement is given. This overview highlights the tension
that has developed between the church's understanding and use of witnessing and
dialogue in its contact with and reflection on other faiths. Historically, priority has been
given to witnessing, because it is understood as being part of the essence of the Christian
faith. The role of witnessing in dialogue, however, is small, because dialogue does not
have a missiological intention, but a missiological dimension. In this research the tension
between dialogue and witnessing is handled via this distinction, without separating the
two. This missiological dimension is understood to be concerned with the relevant,
adequate, intelligible and credible communication of the triune God's communication
with the Christian and the other of another faith. The research develops a model of
interreligious dialogue-skills to make clear the procedure and polyhedral of this kind of
dialogue in conjuction with the big challenge and demand for skills required. The research then gives a working definition for the concept "intra-faith dialogue",
whereafter the intra-faith dialogue regarding sexual orientation, with specific mentioning
of homosexuality is described and researched in two casestudies. The first casestudy is
the World Council of Churches's "Padare" occasion at their Harare Assembly in
December I998 and it serves as an example of an ecumenical intra-faith dialogue on
macrolevel. The second casestudy is the Dutch Reformed Church's Western Cape
Sinodical Commission for Doctrinal and Actuality's Adhoc Studycommission which, via
a denominational intra-faith dialogue, developed guidelines for a Biblical founded
pastoral care for the homosexual neighbour. This casestudy serves as an example of an
intra-faith dialogue on microlevel. Both casestudies are then evaluated via the use of the
developed dialogue-skills model. The results prove that the hipotheses that there is a lack
of dialogue-skills and guidelines in these intra-faith dialogues, is correct. The research
offers the dialogue-skills model as a praxismodel to further the intra-faith dialogue
regarding sexual orientation ecclesiologically. The importance of a pastoral aptitude and
attitude in this dialogueprocess and how pastoral care for a homosexual person ought to
be, are described as an example.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Dialoog tussen Christene van verskillende seksuele orientasies vind nie plaas in die kerk nie. Vanuit 'n missiologiese perspektief, skaad hierdie gebrek aan dialoog die eenheid van die kerk en daardeur haar geloofwaardigheid na buite. Daar is 'n verskeidenheid van menings en belewenisse rakende hierdie saak en om vanuit 'n gearriveerde, geposisioneerde houding met mekaar te praat, bewerk nie versoening en die belewenis van eenheid nie. In hierdie navorsing word gepoog om die intra-geloofsgesprek rondom seksuele orientasie kerklik op so 'n wyse te bevorder dat die eenheid van die liggaam van Christus vergestalt word en die geloofwaardigheid van die kerk na buite verhoog word. Die ervaring van die interreligieuse dialoogproses en die vaardighede wat daaruit aangeleer is, word ondersoek deur middel van 'n uitgebreide literatuurstudie. Die literatuurstudie het ten doel om vas te stel of die interreligieuse dialoogproses kan dien as ervaringsbron waaruit n dialoogvaardigheidsmodel ontwikkel kan word. So n model sou dan die intra-geloofsgesprek rondom seksuele orientasie, met spesifieke verwysing na homoseksualiteit, kerklik kon bevorder. 'n Geskiedkundige oorsig oor die ontwikkeling van interreligieuse dialoog in die ekumeniese beweging word gegee. Hierdie oorsig toon aan dat daar 'n spanning ontwikkel het tussen die kerk se verstaan en gebruik van getuienis en dialoog in die kontak met en nadenke oor ander gelowe. In die geskiedenis is prioriteit gegee aan getuienis, omdat dit deel is van die wese van die Christel ike geloof. Die rol van getuienis in dialoog is egter klein, omdat dialoog nie 'n missionere intensie het nie, maar wei 'n missionere dimensie. Die navorsing hanteer die spanning tussen dialoog en getuienis kreatief deur bogenoemde onderskeiding, sonder om die begrippe van mekaar te skei. Hierdie missionere dimensie word dan verstaan as die relevante, verstaanbare en geloofwaardige kommunikasie van God Drie-enig met die self en die ander van 'n ander geloof. Die navorsing ontwikkel dan 'n interreligieuse dialoogvaardigheidsmodel om die multidimensionele aard van die soort dialoog, tesame met die groot uitdaging en eise aan vaardighede, aan te toon. Vervolgens word 'n werksdefinisie van die begrip intra-geloofsgesprek gegee, waarna die intra-geloofsgesprek rondom seksuele orientasie, met spesifieke verwysing na homoseksualiteit in twee gevallestudies ondersoek en beskryf word. Die eerste gevallestudie is die Wereldraad van Kerke se "Padare" geleenthede by hul Harare byeenkoms in Desember 1998 en dien as voorbeeld van 'n ekumeniese intrageloofsgesprek op makrovlak. Die tweede gevallestudie is die Nederduitse Gereformeerde Kerk se Wes-Kaapse Sinodale Kommissie vir Leer en Aktuele Sake se Adhoc Studiekommissie wat via 'n denominasionele intra-geloofsgesprek, riglyne vir 'n Bybelsgefundeerde pastoraat aan die homoseksuele naaste ontwikkel het. Hierdie gevallestudie dien as voorbeeld van 'n intra-geloofsgesprek op mikrovlak. Beide gevallestudies word dan aan die hand van die ontwikkelde dialoogvaardigheidsmodel, krities geevalueer. Die resultaat bevestig die hipotese dat daar 'n gebrek aan dialoogvaardighede en riglyne in hierdie intra-geloofsgesprekke bestaan. Die dialoogvaardigheidsmodel word as praktykmodel aangebied om die intra-geloofsgesprek rondom seksuele orientasie kerklik te bevorder. Die belang van 'n pastorale ingesteldheid en houding in hierdie dialoogproses en hoe die pastoraat teenoor die homoseksuele persoon behoort te Iyk, word as voorbeeld beskryf.

Description
Thesis (MTh)--Stellenbosch University, 2001.
Keywords
Dialogue -- Religious aspects -- Christianity, Dialogue -- Religious aspects -- Christianity -- Case studies, Communication -- Religious aspects -- Christianity, Communication -- Religious aspects -- Christianity -- Case studies, Homosexuality, Sexual orientation, Religions -- Relations, Dissertations -- Theology, Theses -- Theology, Dissertations -- Practical Theology and Missiology, Theses -- Practical Theology and Missiology