Chris Brink: Anatomie van ’n omvormer
Date
2007
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
AFRICAN SUN MeDIA
Abstract
INLEIDING: Dit is die gebruik van die Universiteit Stellenbosch om met die vertrek van ’n rektor ’n
geleentheidspublikasie die lig te laat sien. Inhoudelik was hierdie publikasies in die verlede
anekdoties van aard, met ’n verskeidenheid bydraes wat biografies ’n verloop aandui en van waardering
getuig. In beginsel is hierdie publikasie ’n voortsetting van hierdie gebruik, maar inhoudelik verskuif die
klem na ’n oorsig oor en verslag van gebeure wat prof Chris Brink se vyfjaartermyn as Visekanselier en
Rektor gekenmerk het.
Op hierdie wyse word gepoog om ’n eietydse dokument daar te stel om as rekord van sy handelinge
te dien. Prof Brink was nie te vinde vir ’n publikasie wat die verloop van sy lewe aandui nie. Anders as
vorige Rektore van die US tree hy nie uit nie, maar het hy net voor die aanvang van sy tweede termyn
bedank om ’n buitelandse rektorspos te aanvaar.
Die inhoud van hierdie publikasie bied ’n verslag aan van die transformasieproses wat deur hom
geïnisieer is, soos dit ook vergestalt word in sy sleuteltoesprake en -skrywes. Hierdie inligting is op die
US se webblad gepubliseer soos dit gereeld verskyn het gedurende die jare 2002 tot 2006, terwyl die
drie essays rondom transformasie as ’n oorsig oor sy termyn aangebied word.
Aangesien die brondokumente in openbare domein was, word dit onveranderd aangebied ten einde
die outentisiteit daarvan te behou.
Description
CITATION: Botha, A. (ed). 2007. Chris Brink: Anatomie van ’n omvormer. Stellenbosch: AFRICAN SUNMeDIA. doi:10.18820/9781920689360.
The original publication is available from AFRICAN SUNMeDIA - www.sun-e-shop.co.za
The English version is available in this repository at http://hdl.handle.net/10019.1/101778
The original publication is available from AFRICAN SUNMeDIA - www.sun-e-shop.co.za
The English version is available in this repository at http://hdl.handle.net/10019.1/101778
Keywords
Brink, Chris, 1951-, Stellenbosch University -- Presidents -- Biography, Education, Higher -- South Africa -- Stellenbosch, Educational change, College presidents -- South Africa -- Stellenbosch -- Biography
Citation
Botha, A. (ed). 2007. Chris Brink: Anatomie van ’n omvormer. Stellenbosch: AFRICAN SUNMeDIA. doi:10.18820/9781920689360.