Die rol van linguistiese kapitaal in plattelandse hoerskoolleerders se opvoedkundige prosesse

dc.contributor.authorGroenewald, Emmaen_ZA
dc.contributor.authorFataar, Aslamen_ZA
dc.date.accessioned2021-07-12T11:38:46Z
dc.date.available2021-07-12T11:38:46Z
dc.date.issued2021
dc.descriptionCITATION: Groenewald, E. & Fataar, A. 2021. Die rol van linguistiese kapitaal in plattelandse hoerskoolleerders se opvoedkundige prosesse. LitNet Akademies, 18(1):339-362.
dc.descriptionThe original publication is available at https://www.litnet.co.za
dc.description.abstractHierdie artikel fokus op die wyse waarop leerders hul linguistiese kapitaal in opvoedkundige prosesse by ’n plattelandse hoërskool benut. Leerders betree die Afrikaansmediumskool met verskillende vaardigheidsvlakke. Die gepaste taalvaardigheidsvlak vir ’n betrokke graad is egter belangrik. Aangesien die medium van onderrig by hierdie skool nie met die gemeenskapstaal ooreenstem nie, maak leerders aanpassings ten opsigte van taal om hul skoling te bevorder. Hierdie studie oorweeg die navorsingsvraag: Hoe benut leerders linguistiese kapitaal in die navigering van hul opvoedkundige prosesse by hul skool in die Noord-Kaap? Semigestruktureerde onderhoude is gebruik om die data van twee Namibiese leerders, naamlik ’n Ovamboseun en ’n Damara-Namadogter, te versamel. Bourdieu (1977) se Teorie van praktyk en Yosso (2005) se Model van kulturele rykdom van gemeenskappe is gebruik as lense om die data te interpreteer. ’n Narratiewe metodologie is as data-insamelings- en ontledingstegniek gevolg. Die narratiewe van die deelnemers word aangebied met verwysing na: (1) die leerders se vroeë biografieë; (2) hul ervaring en vergestalting van opvoedkundige weë; en (3) hul navigering van hul skoling deur linguistiese kapitaal aan te wend tot voordeel van hul opvoedkundige prosesse. Die artikel fokus nie as sodanig op die verband tussen veeltaligheid en opvoedkundige sukses nie. Die fokus is op hoe die leerders hul veeltaligheidsvermoë uitbou as deel van hul opvoedkundige pad by die skool. Die ontleding van die data het getoon dat die linguistiese kapitaal van minderheidsgroepe by ’n skool positief kan inwerk op hul opvoedkundige prosesse.en_ZA
dc.description.abstractThis article discusses how learners negotiate their linguistic identities in a rural Afrikaansmedium high school in the Northern Cape. These learners obtained access to this school with different degrees of language competency. The dominant language usage in the learners’ home communities differs from the medium of language instruction at the school. In cases where the medium of instruction in a school does not correspond with the language used in the community, learners are forced to make language adjustments to engage in their education. In this case, the successful navigation of non-corresponding linguistic spaces, which are the school and home environments, can be ensured by developing and deploying linguistic capital. With linguistic capital, we refer to the language adaptation resources that the learners utilise to survive and adapt to their school's language expectations. This article focuses on learners’ ability to use their linguistic capital to aid their language adaptation practices in an Afrikaansmedium high school.
dc.description.versionPublisher's version
dc.format.extent24 pages
dc.identifier.citationGroenewald, E. & Fataar, A. 2021. Die rol van linguistiese kapitaal in plattelandse hoerskoolleerders se opvoedkundige prosesse. LitNet Akademies, 18(1):339-362.
dc.identifier.issn1995-5928 (online)
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10019.1/110709
dc.language.isoaf_ZAaf_ZA
dc.publisherLitNet
dc.rights.holderAuthors retain copyright
dc.subjectLanguage and languages -- Study and teaching -- South Africa -- Northern Capeen_ZA
dc.subjectSociolinguisticsen_ZA
dc.subjectMultilingualismen_ZA
dc.subjectEducation -- Methodologyen_ZA
dc.subjectDiscourse analysisen_ZA
dc.subjectLanguage policy -- South Africa -- Northern Capeen_ZA
dc.subjectRural schools -- South Africa -- Northern Capeen_ZA
dc.titleDie rol van linguistiese kapitaal in plattelandse hoerskoolleerders se opvoedkundige prosesseaf_ZA
dc.title.alternativeThe role of linguistic capital in the educational processes of rural high school learnersen_ZA
dc.typeArticleen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
groenewald_rol_2021.pdf
Size:
578.9 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Download article
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: