The epidemiology of hostel rugby injuries at Stellenbosch University

Date
2015-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The contact nature of rugby means that players are at a high risk of injury (Quarrie & Hopkins, 2008). Almost every area of the body is at risk of injury and severity of injury ranges from mild to catastrophic. Injury data pertaining to South African university hostel level players have, however, not been investigated previously. Injuries may have a negative impact on the future opportunities in work and sport for these students. Knowledge of the nature and prevalence of injuries amongst these players will facilitate the development of preventative strategies to mitigate the occurrence of injuries. The aim of this study was to describe the nature and prevalence of hostel rugby injuries sustained during matches at Stellenbosch University during the 2011 to 2013 seasons. A retrospective cohort study design was used. The data concerning injuries that occurred during ‘hostel’ rugby matches during 2011 and 2013 were captured on a modified BOKSMART injury surveillance form and entered into an electronic database for analysis (Fuller et al., 2007c). In addition, match fixture data was obtained from the MATIES Rugby Club to enable the reporting of data per 1000 hours of match play. During 2011 - 2013 hostel seasons, there were 335 injuries which correlated to an injury rate of 17.5/1000 playing hours. Two hundred and thirty three (233) time-loss injuries and 102 medical attention injuries were reported. The head (24%), face (23%), shoulder (13%) and knee (10%) were the body parts most affected and the tackle was the phase of play where most injuries occurred (n = 199; 59.4%). The most common injuries were lacerations (23.6%), joint injuries (16.1%), concussions (15.5%) and ligament injuries (11.9%). Forwards sustained more injuries compared to backs (172 vs 160) and the specific positions that proved most vulnerable were the flanks, centres, left wings, hookers and fullbacks. Most injuries were of moderate severity (resulting in 8-28 days missed) which could have a significant impact in an academic environment. Hostel players may be at higher risk due to long mid-season breaks and lack of conditioning programs in their respective teams (Kaplan et al., 2008). Hostel players have a similar injury prevalence rate when compared to school boy players and a lower rate when compared to club, provincial and national players (Palmer-Green, et al., 2013; Fuller et al., 2013). They are, however, a distinctive population who are affected by a range of unique risk factors such as lack of conditioning and academic pressure. There is a definite need for prevention strategies in this division of players because injuries may have an effect on their academic performances which in turn may affect their future careers.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die kontak aard van rugby lei tot 'n hoë risiko van besering (Quarrie & Hopkins, 2008). Byna elke deel van die liggaam het ‘n risiko vir besering en die erns van die besering wissel van matig tot katastrofies. Beseringsdata met betrekking tot koshuisliga spelers aan ‘n Suid-Afrikaanse universiteit is nog nie voorheen bestudeer nie. Beserings kan 'n negatiewe impak op die toekomstige geleenthede vir ‘n student hê. Kennis van die aard en die voorkoms van beserings onder hierdie spelers sal die ontwikkeling van voorkomende strategieë fasiliteer en moontlik die voorkoms van beserings verminder. Die doel van hierdie studie was om die aard en voorkoms van koshuisliga rugbybeserings tydens wedstryde aan die Universiteit Stellenbosch vanaf 2011 tot 2013 te beskryf. 'n Retrospektiewe kohort studie ontwerp is gebruik. Beserings wat tydens koshuisliga rugbywedstryde in 2011, 2012 en 2013 plaasgevind het is op 'n aangepaste BOKSMART beseringsvorm aangedui en is by wyse van ‘n elektroniese databasis geanaliseer (Fuller et al., 2007c). Daarbenewens is inligting rondom wedstryde vanaf die Maties-rugbyklub verkry om die beskrywing van data per 1000 wedstrydure moontlik te maak. Gedurende die 2011 - 2013 koshuisliga seisoene was die beseringskoers 17.5/1000 speelure. Een honderd nege en sestig (169) beserings het speeltyd ingekort en 84 beserings het mediese aandag vereis. Die kop (24%), gesig (23%), skouer (13%) en knie (10%) was die liggaamsdele wat die meeste geraak is en die meeste beserings het tydens duikslae plaasgevind (199; 59.4%). Die mees algemene beserings was laserasies (23.6%), gewrigsbeserings (16.1%), harsingskudding (15.5%), en ligamentbeserings (11.9%). Voorspelers (172) het meer beserings opgedoen as agterspelers (160) en die spesifieke posisies wat mees kwesbaar was, was die flanke, senters, linkervleuels, hakers en heelagters. Die meeste beserings was van matige erns (8-28 dae speeltyd gemis) wat 'n beduidende impak in 'n akademiese omgewing kan hê. Koshuislliga spelers mag ‘n hoër risiko vir beserings hê as gevolg van die lang mid-seisoen breek en die gebrek aan kondisioneringsprogramme in hul onderskeie spanne (Kaplan et al., 2008). Koshuisliga spelers het 'n soortgelyke besering voorkomssyfer as skoolseunspelers en 'n laer koers as klub, provinsiale en nasionale spelers (Palmer-Green et al., 2013; Fuller et al., 2012). Hulle is egter 'n eiesoortige populasie wat deur ‘n verskeidenheid unieke risikofaktore geraak word, byvoorbeeld die gebrek aan kondisionering en akademiese druk. Daar is 'n besliste behoefte aan voorkomingstrategieë vir hierdie vlak spelers, aangesien beserings 'n invloed op hul akademiese prestasie kan hê en uiteindelik hul toekomstige loopbane nadelig kan beïnvloed.
Description
Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2015.
Keywords
Rugby football injuries -- South Africa -- Stellenbosch, Stellenbosch University -- Sports, UCTD
Citation