Investigating the role of participation in the upgrading of informal settlements : identifying challenges and opportunities
Date
2022-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The advent of the Constitution of the Republic of South Africa, 1996 was a major milestone for South Africa in terms of its potential to redress the atrocities of colonialism and apartheid. While this has resulted in major legal developments, the consequences of colonialism and apartheid are still present and can be seen in the continuation of vast socio-economic inequalities. One of the major remnants of apartheid is the large number of informal settlements that were established as a result of a combination of factors, which included various race-based planning legislation. Government has shifted its attention from conventional housing programmes, which focused on the incremental provision of subsidised housing, to upgrading existing settlements, specifically focusing on the in situ upgrading of informal settlements. Community participation and deliberation on the process of upgrading, as well as alternatives thereto, are vital. Participatory planning has the potential to provide solutions to social exclusion and to empower citizens. As such, it holds value in addressing issues related to informal settlements and achieving spatial justice. However, concerns relating to the implementation of participatory processes in the upgrading of informal settlements have been raised. Given the importance of participation in relation to upgrading informal settlements, it becomes necessary to place the involvement of the communities affected under the spotlight. It is this notion of participation in the context of upgrading informal settlements that is the focus of this dissertation. In particular, the study investigates the role that participation plays in upgrading informal settlements. This investigation is undertaken by examining the justifications posited for using participation in upgrading informal settlements as well as the criticisms thereof. Furthermore, this dissertation explores the theoretical role that participation plays by looking at various policies and programmes that govern the upgrading of informal settlements in South Africa to determine the extent to which participation features therein. The role that participation plays in practice is also evaluated through an investigation of case law pertaining to upgrading informal settlements. The theoretical and practical roles of participation in upgrading informal settlements are examined to determine whether the participatory processes used in the context of upgrading informal settlements are in line with the theory set out in this dissertation. For purposes of the study, a comparative perspective is useful. Brazil is of particular interest in this respect given that it shares a similar socio-economic climate and political history with South Africa as well as the parallels present in terms of informal settlement growth patterns and the use of participation to remedy this issue. This comparison aims to address challenges experienced in the South African context and to identify opportunities to strengthen the current approach to upgrading informal settlements in South Africa by providing recommendations that can assist with future upgrading projects and with public policy.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die aanvang van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 was 'n belangrike mylpaal vir die land in terme van die potensiaal wat dit gebring het te midde van die regstellingproses na die gruwels van apartheid. Alhoewel dit tot belangrike regsontwikkeling gelei het, is daar steeds die nalatenskap van apartheid wat sigbaar is in die voortbestaan van groot sosio-ekonomiese ongelykhede. ’n Kenmerkende gevolg van apartheid is die groot aantal informele nedersettings wat as gevolg van 'n kombinasie van faktore ontstaan het, wat uiteenlopende rasgebaseerde beplanningswette insluit. Die regering het sy aandag verskuif van konvensionele behuisingsprogramme wat op die inkrementele voorsiening van gesubsidieerde behuising fokus, na die opgradering van bestaande nedersettings, spesifiek die in situ opgradering van informele nedersettings. Gemeenskapsdeelname en beraadslaging oor die opgraderingsproses, sowel as alternatiewe daarvoor, is noodsaaklik. Deelnemende beplanning het die potensiaal om oplossings vir maatskaplike uitsluiting te bied en om burgers te bemagtig. As sodanig is dit waardevol om kwessies wat verband hou met informele nedersettings aan te pak en ruimtelike geregtigheid aan te spreek. Daar is egter kommer oor die implementering van deelnemende prosesse by die opgradering van informele nedersettings. Gegewe die belangrikheid van deelnemendheid in die opgradering van informele nedersettings, is dit nodig om die betrokkenheid van daardie gemeenskappe wat geraak word te ondersoek. Die idee van deelnemendheid in die konteks van die opgradering van informele nedersettings is die fokus van hierdie proefskrif. Hierdie proefskrif ondersoek veral die rol wat deelname speel in die opgradering van informele nedersettings. Regverdigings vir deelnemende opgradering van informele nedersettings sowel as die kritiek daarop word ondersoek. Verder ondersoek hierdie proefskrif die teoretiese rol wat deelnemendheid speel, deur middel van ‘n ontleding van verskillende beleide en programme wat die opgradering van informele nedersettings in Suid-Afrika beheers om te bepaal die mate waarvolgens deelnemendheid daarin voorkom. Die rol wat deelnemendheid in die praktyk speel, word ook geëvalueer deur 'n ondersoek na regspraak oor die opgradering van informele nedersettings. Die teoretiese en praktiese gewaarwordinge van deelnemende opgradering van informele nedersettings word ondersoek met die doel om te bepaal of hierdie deelnemende proses in die konteks van informele nedersettings in lyn is met die teoretiese grondslag neergelê in die proefskrif. Vir doeleindes van die studie is 'n vergelykende perspektief nuttig. Brasilië is van besondere belang in hierdie opsig, aangesien daardie land en Suid-Afrika ‘n soortgelyke sosio-ekonomiese klimaat en politieke geskiedenis deel, sowel as ooreenkomste rondom informele nedersettingsgroeipatrone en die aanwending van gemeenskapsdeelname om opgradering aan te spreek. Die doel van die vergelykende studie beoog om die uitdagings in die Suid-Afrikaanse konteks aan te spreek en geleenthede te identifiseer om die huidige benadering tot die opgradering van informele nedersettings in Suid-Afrika te versterk, deurdat aanbevelings gemaak word wat kan help met toekomstige opgraderingsprojekte en openbare beleid.

Description
Thesis (LLD)--Stellenbosch University, 2022.