"Darling, ek is onrondneukbaar" : intertalige en intersemiotiese vertaling in TRUK se 1983-produksie van Nerina Ferreira se Afrikaanse vertaling van William Shakespeare se The taming of the shrew as Die vasvat van ’n feeks
Date
2021
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
William Shakespeare se omstrede toneelstuk The taming of the shrew word sedert die draai van
die 16de en 17de eeu deur talle kritici as inherent patriargaal-seksisties beskou. ’n Afrikaanse
vertaling daarvan deur Nerina Ferreira, onder die titel Die vasvat van ’n feeks, is in 1983 deur
die Transvaalse Raad vir die Uitvoerende Kunste (TRUK) op die planke gebring met regie
deur William Egan. Deur die lense van feministiese vertaal-, gender-, teater- en performancestudies, trag hierdie artikel om iets omtrent Egan en Ferreira se ideologiese instellings
aangaande gender te peil. Dit poog ook om afleidings te maak aangaande die sosio-kulturele
kommentaar wat hulle moontlik wou lewer met hierdie vertaling van Shakespeare se komedie
oor die rol van vroue in ’n mansgesentreerde samelewing. Hierdie ondersoek word uitgebrei
deur die opvattings en praktyke in die ontstaansperiode van die bronteks in ag te neem en op
te weeg teen die afleidings gemaak uit ’n bestudering van die vertaling. Binne die interseksie
van teater- en vertaalstudies word die vertaalde toneelteks as ’n groepspoging beskou en
verwys die woord vertaling na ’n wyer omvang van omskakelings as dié van een taal na ’n
ander. Op sodanige wyse word daar na Egan en Ferreira beide as vertalers verwys: Egan
word benader as ’n intersemiotiese vertaler en Ferreira as ’n intertalige vertaler. Hierdie
vertaler-gesentreerde ondersoek berus hoofsaaklik op ’n bestudering van die ongepubliseerde
opvoerteks (wat onder meer verstellings, kommentaar, verhoogaanwysings en ’n uiteensetting
van die rolverdeling bevat), en van enkele paratekstuele bronne (insluitende biografiese
inligting oor Egan en Ferreira). Die vasvat van ’n feeks word gelees as ’n subtiele feministiese
hersiening van The taming of the shrew. Met hierdie artikel word daar ook gepoog om aandag
te skenk aan die dikwels ondererkende werk wat teaterregisseurs en veral (vroulike) teatervertalers doen om teennarratiewe te skep binne bepaalde hegemonieë. Die publikasie van teatertekste en (meer nog) teatervertalings is immers minder winsgewend as dié van die meeste
ander literêre genres. Daarby dien teater – teenoor film, om maar een voorbeeld te noem – ook
as ’n voorbeeld van ’n tyd-ruimtelik-gebonde uitvoerende kunsvorm.
Description
CITATION: Stander, D. 2021. "Darling, ek is onrondneukbaar" : intertalige en intersemiotiese vertaling in TRUK se 1983-produksie van Nerina Ferreira se Afrikaanse vertaling van William Shakespeare se The taming of the shrew as Die vasvat van ’n feeks. LitNet Akademies, 18(3):24-58.
The original publication is available at https://www.litnet.co.za
The original publication is available at https://www.litnet.co.za
Keywords
Ferreira, Nerina -- Vasvat van ’n feeks -- Criticism and interpretation, Taming of the shrew -- Translations into Afrikaans, Shakespeare drama translations, Intersemiotic translation, Interlingual translation
Citation
Stander, D. 2021. "Darling, ek is onrondneukbaar" : intertalige en intersemiotiese vertaling in TRUK se 1983-produksie van Nerina Ferreira se Afrikaanse vertaling van William Shakespeare se The taming of the shrew as Die vasvat van ’n feeks. LitNet Akademies, 18(3):24-58.