The attainment of personal catharsis through the realisation of the dislocation between the internal and external expressive forms of the self

Date
2010-03
Authors
Muller, Teresa
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This study is aimed at establishing what personal catharsis is, specifically defining what it is and under what conditions it may occur. During the creation and execution of an autobiographical solo, I had gone through a process of attaining what has since been labelled personal catharsis and recognition of the other, which gave arise to me finding confidence and discovering my creative voice of identity. However, it was not known when or how these processes took place. In addition I was not certain exactly what personal catharsis was in the context of me and my identity. An investigate was also needed into the possibility of generalising personal catharsis as a process that could guide people towards gaining confidence and finding their creative voice of identity. In this thesis, the process of the creation of the autobiographical solo is deconstructed. In doing so the journey of the discovery of the other is highlighted and the role of recognition between the inner expressive form and the external expressive form. Through the means of a source study the concepts of behaviour and the other in reference to identity construction and performance of everyday self are discussed. Then personal catharsis is explored in comparison to the traditional use of the term. Using performance-based research methodologies in conjunction with a questionnaire, a 12-week series of workshops was held to explore the generalisation of personal catharsis and the issues that arose during the study. The workshops were aimed at investigating the possibility of creating a process to attain personal catharsis. It was found that personal catharsis is a subjective process that takes place through the recognition of the external expressive form. It is through this recognition that the dislocation of self can be reconnected and the other can become more transparent to the internal expressive form. This process is readily attained through the exploration of the character of self. However, although new behaviour can result from personal catharsis, the individual needs to choose the internal expressive form as the dominant part in expressive behaviour.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie studie is om te bepaal en te beskryf wat presies persoonlike katarsis is en hoe dit as proses verloop. Tydens die skepping en uitvoering van ʼn outobiografiese solo het ek die bereiking van persoonlike katarsis – soos ek dit sedertdien gedoop het – en herkenning van die ander beleef. Dit het daartoe gelei dat ek selfvertroue en die skeppende stem van my identiteit gevind het. Tog het ek nie besef wanneer of hoe hierdie prosesse plaasgevind het nie. Daarby was ek nie seker wat presies persoonlike katarsis in die konteks van my wese en identiteit was nie. Ek wou ook die moontlikheid ondersoek om persoonlike katarsis as proses te veralgemeen sodat dit mense daartoe kon lei om selfvertroue en die skeppende stem van hul identiteit te vind. In hierdie tesis dekonstrueer ek die skepping van die outobiografiese solo as proses. Daardeur werp ek lig op die ontdekkingsreis na die ander en die rol wat herkenning tussen die interne ekspressiewe vorm en die eksterne ekspressiewe vorm speel. Die begrippe gedrag en die ander in verhouding tot die konstruksie van identiteit en die uitvoering van die alledaagse self word deur middel van ʼn literatuurstudie bespreek. Daarná word persoonlike katarsis in vergelyking met die tradisionele gebruik van die term ondersoek. Tydens ʼn 12 weke lange werkswinkel is performance-gebaseerde navorsingsmetodologieë tesame met ʼn vraelys gebruik om die veralgemening van persoonlike katarsis en die kwessies wat tydens die studie na vore gekom het, te verken. Die werkswinkels was daarop gemik om die moontlikheid van die skepping van ʼn proses om persoonlike katarsis te bereik, te ondersoek. Daar is gevind dat persoonlike katarsis ʼn subjektiewe proses is wat deur middel van die herkenning van die eksterne ekspressiewe vorm plaasvind. Deur middel van hierdie herkenning kan die ontwrigting van die self herstel word en kan die ander deursigtiger vir die interne ekspressiewe vorm word. Hierdie proses word maklik deur verkenning van die karakter van die self behaal. Alhoewel persoonlike katarsis nuwe gedrag tot gevolg kan hê, moet die individu egter die interne ekspressiewe vorm as die dominante deel in ekspressiewe gedrag kies.
Description
Thesis (MDram (Drama))--University of Stellenbosch, 2010.
Keywords
Personal catharsis, Expressive forms, Dissertations -- Drama, Theses -- Drama
Citation