Kernstappe vir kwaliteitbestuur in die vertaalbedryf en in akademiese vertaalkantore

dc.contributor.authorVan Rensburg, Altaen_ZA
dc.date.accessioned2017-12-19T12:41:26Z
dc.date.available2017-12-19T12:41:26Z
dc.date.issued2017
dc.descriptionCITATION: Van Rensburg, A. 2017. Kernstappe vir kwaliteitbestuur in die vertaalbedryf en in akademiese vertaalkantore. Stellenbosch Papers in Linguistics Plus, 53:195-214, doi:10.5842/53-0-745.af_ZA
dc.descriptionThe original publication is available at http://spilplus.journals.ac.za/en_ZA
dc.description.abstractTaaldienste soos vertaling, redigering en tolking is van kardinale belang in ’n meertalige samelewing en aan ’n hoëronderriginstelling waar die taaldiversiteit van sy personeel en studente erken word. Die vertaling van eksamenvraestelle is ’n voorbeeld van hoërisikovertaling, aangesien ’n onakkurate vertaling studentesukses negatief kan beïnvloed. Foute wat in die vertaling van toetse begaan is (Drugan 2013; Van Dyk, Van Rensburg en Marais 2011) beklemtoon die noodsaaklikheid van kwaliteitbestuur in vertaling. Kwaliteit is egter ’n relatiewe begrip en word op verskillende maniere in die vertaalteorie en in die vertaalbedryf geïnterpreteer. In die vertaalteorie word kwaliteit hoofsaaklik gelykgestel met die assessering van die vertaalproduk, terwyl die fokus in die vertaalbedryf eerder op die produksieproses van die vertaling val om voldoende kwaliteit te verseker (Chesterman en Wagner 2002). Ek het vyf kwaliteitstandaarde vir die vertaalbedryf ontleed en die kernstappe in die kwaliteitbestuurproses in hierdie artikel beskryf. Daardie kwaliteitstandaarde is die Europese EN 15038 Translation services – Service requirements (2006), die Kanadese CAN/CGSB 131.10 Translation services (2008), die internasionale ISO/TS 11669 Translation projects – General guidance (2012), die Amerikaanse ASTM F2575 Standard guide for quality assurance in translation (2014), en die internasionale ISO 17100 Translation services – Requirements for translation services (2015). Verskille en ooreenkomste tussen die siening van kwaliteit in die vertaalbedryf en in die vertaalteorie word uitgewys. In hierdie artikel word die gevolgtrekking gemaak dat akademiese vertaalkantore as gevolg van groot finansiële druk nie al die kernstappe vir kwaliteitbestuur kan toepas nie: Hulle word genoop om die risiko’s en beskikbare hulpbronne teen mekaar op te weeg om die verlangde kwaliteit met slegs die nodige hulpbronne te lewer.af_ZA
dc.description.urihttp://spilplus.journals.ac.za/pub/article/view/745
dc.description.versionPublisher's versionen_ZA
dc.format.extent20 pagesen_ZA
dc.identifier.citationVan Rensburg, A. 2017. Kernstappe vir kwaliteitbestuur in die vertaalbedryf en in akademiese vertaalkantore. Stellenbosch Papers in Linguistics Plus, 53:195-214, doi:10.5842/53-0-745af_ZA
dc.identifier.issn2224-3380 (online)
dc.identifier.issn1726-541X (print)
dc.identifier.otherdoi:10.5842/53-0-745
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10019.1/103017
dc.language.isoaf_ZAaf_ZA
dc.publisherUniversity of Stellenbosch, Department of General Linguisticsen_ZA
dc.rights.holderAuthor retains copyrighten_ZA
dc.subjectFunctionalist translation approachesen_ZA
dc.subjectTranslating and interpretingen_ZA
dc.subjectTranslating and interpreting -- Quality managementen_ZA
dc.titleKernstappe vir kwaliteitbestuur in die vertaalbedryf en in akademiese vertaalkantoreaf_ZA
dc.typeArticleen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
vanrensburg_kernstappe_2017.pdf
Size:
409.83 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Download article
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.95 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: