A cognitive linguistics model for new testament discourse analysis and its application to selected Lukan Parables

Date
2024-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: In NT Studies, it is obvious that Discourse Analysis has been presented in a variety of different ways. This dissertation first addresses the challenges that are associated with understanding this vast, diverse, and even disparate enterprise. Next, it proposes a possible way forward based on Cognitive Linguistics principles, while also incorporating the gains from the Functional approaches. Finally, the proposed Cognitive Model is applied to the parables of Luke 15–16 as a “test case." Eight different approaches of Discourse Analysis that have been used in NT Studies are first conceptualized and critically reviewed. The components, models, and notions of the approaches are described and analyzed, and then, by introducing a common framework for the study, their strengths and weaknesses are presented, and they are compared and contrasted with the other approaches. In this way, a comprehensive understanding of the Discourse Analysis enterprise is obtained. On the one hand, this study shows that each of the approaches have contributed something unique and valuable to our overall understanding of discourse, while on the other, it also shows that none of the approaches are able to capture a comprehensive understanding of discourse that is desired. Specifically, each of the approaches originates from one of the linguistic “movements,” which in turn, serves to limit its application to a certain area or portion of the linguistic landscape. Although the more recent Functional Linguistics approaches achieve a much needed, highly nuanced perspective of discourse, they also lack the comprehensive understanding that is desired. A possible way forward is given through the lens of Cognitive Linguistics. That is, a Cognitive Model for Discourse Analysis is presented, where the principles of Cognitive Grammar and human language processing are used to create a robust framework that allows for a broad conceptualization of discourse. The Cognitive Model is then applied to Luke 15–16, where the framework and cognitive principles are put to use. This study shows that a consistent application of the model allows for the analysis of discourse on many different levels. The results of this study demonstrate the value of having a full or comprehensive perspective of the Discourse Analysis enterprise itself, as well as having a comprehensive conceptualization of the parables, which occur within an environment of many contextual layers.
AFRIKAANSE OPSOMMING: In Nuwe-Testamentiese Studie word diskoersanalise op ‘n verskeidenheid van wyses aangebied. Hierdie dissertasie bespreek eerstens hierdie wyd uiteenlopende en soms weersprekende aanbod, en die uitdagings daaraan verbonde. Vervolgens word ‘n moontlike pad vorentoe voorgestel wat gegrond is op kognitief-linguistieke beginsels maar ook die winste van funksionele benaderings inkorporeer. Laastens word die voorgestelde kognitiewe model op die gelykenisse van Lukas 15-16 uitgetoets. Agt verskillende benaderings tot diskoersanalise in Nuwe-Testamentiese Studie word gekonseptualiseer en krities beoordeel. Die boustene, modelle, en leidende begrippe van hierdie benaderings word telkens beskryf en ontleed, waarna die sterk- en swakpunte van elk aan die hand van ‘n gedeelde raamwerk beskryf en met die ander benaderings vergelyk word. Aan die een kant betoog die studie dat elk van die bestaande benaderings iets nuut en waardevol tot die verstaan van diskoers kon bydra; aan die ander kant toon dit ook aan dat nie een van hierdie benaderings in staat is om die gewenste omvattende blik op diskoers te verskaf nie. Meer spesifiek gestel: elk van die benaderings word begrond vanuit ‘n bepaalde linguïstiese denkskool, wat telkens die benadering se fokus tot ‘n bepaalde aspek of onderafdeling van die totale linguïstiese landskap beperk. Hoewel meer onlangse benaderings vanuit die funksionele taalkunde ‘n noodsaaklike en meer genuanseerde perspektief op diskoers teweeg kon bring, kan ook hulle nie die omvattende perspektief bied wat vereis word nie. ‘n Moontlike pad vorentoe word aan die hand van kognitiewe taalkunde voorgestel. Die studie bied ‘n kogniewe model vir diskoersanaliese aan, waar die beginsels van kognitiewe grammatika en taalprosessering gebruik word om ‘n robuuste raamwerk vir ‘n meer omvattende konseptualisering van diskoers daar te stel. Die kognitiewe model word dan toegepas op die gelykenisse van Luk. 15-16, waarmee beide die raamwerk en die tersake kognitiewe beginsels geïllustreer word. Die studie toon dat ‘n konsekwente toepassing van die kognitiewe model die ontleding van diskoers op verskeie vlakke moontlik maak. Die studie se resultate toon die waarde van ‘n vollediger of meer insluitende perspektief op diskoersanalise as wetenskaplike onderneming, sowel as van ‘n omvattende diskoersbeskrywing van die Nuwe-Testamentiese gelykenisse waarby verskeie kontekstuele vlakke betrek word.
Description
Thesis (DPhil)--Stellenbosch University, 2024.
Keywords
Citation