Fotografie in Fees van die ongenooides van P.G. du Plessis

dc.contributor.authorAnker, Johanen_ZA
dc.date.accessioned2019-10-08T12:16:20Z
dc.date.available2019-10-08T12:16:20Z
dc.date.issued2018
dc.descriptionCITATION: Anker, Johan. 2018. Fotografie in Fees van die ongenooides van P.G. du Plessis. LitNet Akademies, 15(3):138-160.
dc.descriptionThe original publication is available at https://www.litnet.co.za
dc.description.abstractHierdie artikel ondersoek die rol van foto’s, fotografie en die fotograaf in die historiese roman Fees van die ongenooides (Tafelberg, 2008) deur P.G. du Plessis. Dit beskou die belangrikheid van die fotograaf as karakter, die gebruik van en verwysing na foto’s en fotografie, en die funksie wat dit vervul as een van die aspekte in die struktuur van hierdie omvattende roman oor die ervarings van een familie en die betrokkenes by hulle tydens die Anglo-Boereoorlog (1899–1902). Die artikel gee eerstens ’n uiteensetting van die uitgebreide voorkoms van foto’s in die roman en die rol van die beskrywing van daardie foto’s deur die verteller, die fotograaf en ander fokalisators. Teoretiese aspekte van die aard en betekenis van foto’s deur onder andere Roland Barthes, Susan Sontag en Allen Trachtenberg word bespreek, asook die invloed wat die ontwikkeling van fotografie gespeel het in die 19de-eeuse roman. Dit word duidelik dat die betekenis van foto’s veel meer inhou as ’n uitbeelding van ’n werklikheid van die ruimte en ander voorwerpe en persone. Die verskeidenheid van moontlike interpretasies van foto’s word gekoppel aan die konteks waarin dit geneem is en beskryf word, waarin en deur wie dit bekyk word, asook die rol wat dit speel in die uitbeelding van die werklikheid van historiese gebeure – die rol van die sogenaamde argief. Die verband tussen foto’s, die waarheid en die geskiedskrywing of fiksionalisering van die geskiedenis word bespreek en daar word verwys na aspekte soos die belangrikheid van tyd en geheue, afstand en teenwoordigheid, leuen en waarheid, verlede en hede, dood en verlies wat ook as deurlopende motiewe in die roman voorkom. Die metonimiese aard van foto’s word ook bespreek. Ek kom tot die slotsom dat die uitgebreide gebruik van foto’s in hierdie veelkantige historiese roman een van verskeie belangrike aspekte is in die ondermyning van die beskrywing van die waarheid en outentisiteit van die geheue oor en die opskrywing van die geskiedenis. Terselfdertyd verskaf dit ’n oortuigende en intense belewing van die persoonlike lyding en verlies wat individue tydens die Anglo-Boereoorlog ervaar het.en_ZA
dc.description.abstractThis article investigates the role of photographs, photography and the photographer in the historical novel Fees van die ongenooides (Tafelberg, 2008) based on the TV series Feast of the uninvited, by P.G. du Plessis. It discusses the importance of the photographer (Joey Drew) as a character and the extensive use of and references to photographs in this novel. The discussion of the functions of these photographic references is one of the important structural aspects of the analysis of this historical novel, which also shows elements of a photographical novel (Petit 2010:227). Joey Drew was a British photographer during the Anglo-Boer war, and the structure of this novel is built around the opening of a collection of his photographs by Major Brooks, who was his superior, 40 years after the war, in the War Museum in Bloemfontein. What follows is the reconstruction and recontextualisation of events during the war by the different interpretations and experiences (even of the photographer) of these photos by the narrator, Major Brooks and other characters in the novel. The plot focuses on the experiences of two Boer families, the Van Wyks and the Minters, the photographer, Joey Drew and Major Brooks during the war.
dc.description.urihttps://www.litnet.co.za/fotografie-in-fees-van-die-ongenooides-van-p-g-du-plessis/
dc.description.versionPublisher's version
dc.format.extent23 pages
dc.identifier.citationAnker, Johan. 2018. Fotografie in Fees van die ongenooides van P.G. du Plessis. LitNet Akademies, 15(3):138-160.
dc.identifier.issn1995-5928 (online)
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10019.1/106602
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherLitNet
dc.rights.holderAuthor retains copyright
dc.subjectPhotographyen_ZA
dc.subjectP. G. Du Plessis 1934-2017en_ZA
dc.subjectSouth African War, 1899-1902 -- Fictionen_ZA
dc.subjectHistorical fiction, Afrikaansen_ZA
dc.titleFotografie in Fees van die ongenooides van P.G. du Plessisaf_ZA
dc.typeArticleen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
anker_fotografie_2018.pdf
Size:
834.33 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Download article
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: