Near-field dispersion modelling of discharged effluents under various hydrodynamic conditions.
Date
2022-11
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The discharging of effluent into the ocean cannot be done without prior consideration of the effects of the effluent on the surrounding marine environment. Particularly, the effects of salinity and temperature changes are considered. Near-field and far-field models are designed to capture the spreading and recirculation of discharge plumes at various mixing stages. Near-field models vary in complexity from empirical models to highly advanced Computational Fluid Dynamics (CFD) models. The capabilities of a CFD model is explored in this study, by making use of a selected CFD model. Specifically, the ability of the selected (near-field) CFD model to include far-field hydrodynamics is considered. It is found that whilst the CFD model is able to simulate a range of scenarios, in great detail, and capture the far-field hydrodynamics pertaining to the velocity of ambient seawater, the CFD model requires a trained user to design and carry out simulations. It is also found that situations to be simulated should be accompanied by a comprehensive sensitivity analysis. Furthermore, simulations are accompanied by high computational time. It is established that far-field hydrodynamics can be included in the CFD model to some degree. Depending on the required outcomes expected of a simulation (hydrodynamic detail and/or mean discharge dispersion values), CFD models may be considered.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die storting van afvalwater in die see kan nie gedoen word sonder vooraf oorweging van die effek van die afvalwater op die omliggende mariene omgewing nie. Veral die uitwerking van sout en temperatuurveranderinge word oorweeg. Naby-veld- en ver-veldmodelle is ontwerp om die verspreiding en hersirkulasie van afvoerpluime by verskeie vermengingstadia vas te vang. Naby-veld modelle wissel in kompleksiteit van empiriese modelle tot hoogs gevorderde CFD (Berekeningsvloeidinamika) modelle. Die vermoëns van ’n CFD-model word in hierdie studie ondersoek deur van ’n geselekteerde CFD-model gebruik te maak. Spesifiek, die vermoë van die geselekteerde (naby-veld) CFD-model om ver-veld hidrodinamika te inkorporeer word oorweeg. Daar is gevind dat hoewel die CFD-model in staat is om ’n reeks scenarios, in groot detail, te simuleer en die ver-veld hidrodinamika wat verband hou met die snelheid van omringende seewater te inkorporeer, die CFD-model ’n opgeleide gebruiker benodig om simulasies te ontwerp en uit te voer. Daar is ook gevind dat situasies wat nageboots moet word, vergesel moet word van ’n omvattende sensitiwiteitsanalise. Verder gaan simulasies gepaard met hoë berekeningstyd. Daar word vasgestel dat ver-veld hidrodinamika tot ’n mate by die CFDmodel ingesluit kan word. Afhangende van die vereiste uitkomste wat van ’n simulasie verwag word (hidrodinamiese detail en/of gemiddelde ontladingsverspreidingswaardes), kan CFD-modelle oorweeg word.

Description
Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2022.