Die relevansie van taalwetenskap vir spraak-taalterapeute

dc.contributor.authorVan Dulm, O.en_ZA
dc.date.accessioned2013-01-23T13:47:07Z
dc.date.available2013-01-23T13:47:07Z
dc.date.issued2003
dc.descriptionCITATION: Van Dulm, O. 2003. Die relevansie van taalwetenskap vir spraak-taalterapeute. Stellenbosch Papers in Linguistics Plus, 32(0):1-20, doi:10.5842/32-0-21.af_ZA
dc.descriptionThe original publication is available at http://spilplus.journals.ac.za
dc.description.abstractAFRIKAANSE OPSOMMING: Taalwetenskaplike studies van kliniese verskynsels kan sowel praktiese as teoretiese probleme aanspreek. Taalwetenskaplike analises en beskrywings van die simptome van taalafwykings kan lig werp op verskeie praktiese probleme wat spraak-taalterapeute (STTe) ondervind tydens die kliniese prosesse van evaluasie, klassifikasie en remediëring. Só sal STTe byvoorbeeld kan baat by 'n teoreties-gefundeerde klassifikasiestelsel vir afasie-lyers, waar die aard van die onderliggende oorsaak van die waargenome taaluitvalle in ag geneem word, en waar die mees doeltreffende terapeutiese aktiwiteite geïmpliseer word. Wat teoretiese vraagstukke betref, kan insigte verkry deur die kliniese toepassing van taalwetenskaplike teorieë tot groot vordering in die verfyning van sulke teorieë lei, om sulke teorieë meer akkuraat te maak in hul verklaring van verskynsels van taalontwikkeling en -gebruik. As daar byvoorbeeld gekies moet word tussen kompeterende taalwetenskaplike teorieë oor die aard van spesifieke taalgestremdheid (STG), moet die verklaringsvermoë van die teorieë in die kliniese situasie in ag geneem word. Hierdie artikel is daarop gemik om Suid-Afrikaanse STTe bewus te maak van die nut van taalwetenskaplike kennis in die kliniese proses. Vier van die subdissiplines van taalwetenskaplike studie, naamlik sosiolinguistiek, sintaksis, psigolinguistiek, en neurolinguistiek, asook die manier waarop kennis uit hierdie gebiede in die kliniese praktyk toegepas kan word, word bespreek. Die doel van hierdie artikel is om dit vir STTe en taalwetenskaplikes moontlik te maak en hul aan te moedig om, soos De Villiers (2003:425) dit stel, "dieselfde teoretiese taal te begin praat".af_ZA
dc.description.urihttps://spilplus.journals.ac.za/pub/article/view/21
dc.description.versionPublisher's version
dc.format.extent20 pages
dc.identifier.citationVan Dulm, O. 2003. Die relevansie van taalwetenskap vir spraak-taalterapeute. Stellenbosch Papers in Linguistics Plus, 32(0):1-20, doi:10.5842/32-0-21af_ZA
dc.identifier.issn2224-3380 (online)
dc.identifier.issn1726-541X (print)
dc.identifier.otherdoi:10.5842/32-0-21
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10019.1/77411
dc.publisherDepartment of General Linguistics, Stellenbosch University
dc.rights.holderAuthor retains copyright
dc.subjectLinguistics -- Therapeutic useen_ZA
dc.subjectLinguistics -- Study and teachingen_ZA
dc.subjectSpeech therapyen_ZA
dc.subjectSpeech therapistsen_ZA
dc.subjectSpeech disorders -- Treatmenten_ZA
dc.subjectLanguage disorders -- Treatmenten_ZA
dc.subjectAphasia -- Treatmenten_ZA
dc.titleDie relevansie van taalwetenskap vir spraak-taalterapeuteaf_ZA
dc.typeArticleen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
vandulm_relevansie_2003.pdf
Size:
159.64 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description: