Using technology and multimedia in Junior Secondary First Language creative writing skills development : new methodology to fit new literacies

Date
2022-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This study investigates the use of technology and multimedia in the development of Junior Secondary learners’ writing skills, asking specific questions about the changes in literacy that new technologies have heralded. Furthermore, the study will investigate literature on the introduction of multimodal technology in ways that relate to new approaches to teaching creative writing in the ‘digital age’. Drawing on experience as an Afrikaans First Language teacher in schools with learners from formerly disadvantaged communities whose exposure to technology has come relatively late, the study reflects on the literature with specifically such learners and their teachers in mind. By relating the incorporation of technology, specifically in Grade 8 Afrikaans First Language classrooms, to literature on new technology in creative writing and other forms of creative language use, this study aims to examine how this integration will benefit both teachers and learners more broadly in the advancement of teaching and learning practices in creative writing. As this is a wide topic, and the thesis is one of limited scope, it pays attention to a selected set of topics. It refers first to the term “multi-literacy” and the pedagogies of multiliteracy, In reflecting on creative writing in a digitalizing age, the study also attends to the concept of “maker education” as it was introduced by ‘Justice (2016). It relates these concepts and the ideas they carry to the concepts of “new literacy” and “new technology” as they feature in language education classrooms of learners between the ages 12 and 14. Based on the researcher’s own experience of teaching in both an urban and a rural school setting, this thesis aims to offer insight into how schools can utilize technology even when they struggle to gain access to these platforms. To uncover the advantages of incorporating technology within the school system, this study relies mostly on secondary sources obtained from various experts within the education field. As this thesis aims to offer an overview of the integration of technology within creative writing teaching, it also offers various suggestions on improving the ways in which teachers and learners should use technology in their classes. By doing so, learners should be able to garner critical skills that will help them in creative language work and their knowledge development process.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie ondersoek die gebruik van tegnologie en multimedia in die ontwikkeling van Junior Sekondêre leerders se skryfvaardighede. Dit vra spesifieke vrae oor die veranderinge in geletterdheid wat deur nuwe tegnologie ingelui is. In hierdie verband bestudeer die tesis literatuur oor die bekendstelling van multimodale tegnologie op maniere wat lig werp op nuwe benaderings tot die onderrig van kreatiewe skryfwerk in die 'digitale era'. Die navorsing steun op ervaring as ‘n Afrikaans Eerste Taal onderwyser in skole met leerders uit voormalige benadeelde gemeenskappe wie se blootstelling aan tegnologie relatief laat gebeur het, en dit ondersoek literatuur wat spesifiek sulke leerders en hulle onderwysers in gedagte hou. Deur die insluiting van tegnologie in taalonderrig, spesifiek in Graad 8 Afrikaans Eerste Taal klaskamers, het hierdie studie ten doel om na te dink oor hoe hierdie integrasie sowel onderwysers as leerders, ook op ‘n wyer front, sal bevoordeel in die bevordering van onderrig- en leerpraktyke in kreatiewe skryfwerk. Aangesien hierdie ‘n wye tema is, en die tesis slegs beperkte reikwydte kon hê, gee dit slegs aandag aan ‘n geselekteerde stel onderwerpe. Dit verwys om mee te begin na die konsep “multi-geletterdheid” en die pedagogieë van multigeletterdheid, In nadenke oor kreatiewe skryfkuns in ‘n era van digitalisering, gee die studie ook aandag aan die konsep van die sg. “maker education” soos wat ‘Justice (2016) dit aanbied. Dit bring dan bg. konsepte en die idees daarin vervat in verband met die konsepte van “nuwe geletterdheid” and “nuwe tegnologie” soos wat hulle aan die orde kom in taalonderrig klaskamers van leerders tussen die ouderdomme van 12 en 14 jaar. Gebaseer op die navorser se eie ervaring van onderrig in 'n stedelike en landelike skoolomgewing, is hierdie tesis se doelstelling om insig te bied in hoe skole tegnologie kan gebruik, selfs as hulle sukkel om toegang tot hierdie platforms te kry. Om die voordele van tegnologie-integrasie in die skoolstelsel te belig, steun hierdie studie grootliks op sekondêre bronne wat verskillende onderwyskundiges bekendstel. Aangesien hierdie studie daarop gemik is om die integrasie van tegnologie in taalklaskamers te ondersoek, bied dit ook verskeie voorstelle aan onderwysers en leerders vir die verbeterde gebruik van tegnologie in hul klaskamers. Hierdeur behoort leerders kritiese vaardighede te kan ontwikkel wat hulle sal help met kreatiewe taalgebruik en hul kennis ontwikkelingsproses.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2022.
Keywords
Creative writing (Secondary education) -- Study and teaching, Educational technology -- South Africa, Computer-assisted instruction -- South Africa, Interactive multimedia -- Study and teaching (Secondary), Afrikaans language -- Self instruction -- Interactive multimedia, UCTD
Citation