"Wie praat hier?" Die rol van die verwerker in die aanpassing van ’n roman na ’n jeugteaterproduksie met kulturele en geografiese verskuiwings

Date
2020-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Abstract
Hierdie artikel ondersoek die verwerkingsproses van die roman Dis ek, Anna deur Anchien Troskie (onder die skuilnaam Elbie Lötter) na 'n jeugteaterdrama getiteld Dis ek, Annatjie. Hierdie jeugteaterdrama is opgevoer deur hoërskoolleerders onder leiding van 'n professionele teatermaker vir 'n toneelkompetisie wat 'n tydsbeperking van 45 minute gestel het. Keuses moes dus gemaak word ten opsigte van die storiegegewens in die bronteks. Om die relevansie van die verhaalgegewens vir die leerders te verhoog, is kulturele aanpassings gemaak met taal as 'n belangrike merker, en die milieu is verplaas na die geografiese en sosiale omgewing van die leerders. Die posisie van die teksverwerker en regisseur word in hierdie artikel geproble-matiseer, aangesien hulle profiel verskil van die leerders se kultuur- en milieuprofiel. Kwessies rondom kulturele toe-eiening word derhalwe in die artikel vooropgestel. Die bevindinge uit hierdie praktykgerigte navorsing sluit in dat die samewerkende prosesse tussen die teatermaker en die deelnemende leerders van kardinale belang is. Die kulturele en geografiese verskuiwings bied verder vir die deelnemende leerders 'n geleentheid om identiteitskwessies aan te spreek, terwyl die tematiek van die verhoogproduksie relevante sosiale kwessies vir die deelnemers en teikengehoor bevat. Hierdie gevolgtrekkings kon slegs gemaak word omdat die aanpassings-proses nie 'n individu- of outeursgerigte proses was nie, maar die behoeftes en kennis van die leerders in die proses vooropgestel het. Die deelnemende aard van die proses verseker nie net dat die teikengehoor aanklank by die verwerking vind nie, maar dit bewerkstellig ook 'n outentisiteit wat bydra tot die geloofwaardigheid van die verwerking.
This article examines the adaptation process of the novel, Dis ek, Anna by Anchien Troskie (the nom de plume of Elbe Lötter), into a youth drama, titled Dis ek, Annatjie. This youth drama was performed by high school learners under the direction of a professional theatre maker. The production was performed at a youth theatre competition that restricted the length of the play to 45 minutes. In the adaptation process, choices had to be made regarding the inclusion of narrative elements in the stage adaptation, since a high fidelity adaptation of the novel would be impractical and unnecessary for the stage version. Apart from the time restrictions of the competition, other restrictions also play a part in the way in which a work is adapted and created. Insufficient funding, or the lack thereof, is another restricting factor and forced the theatre makers to adapt the work in a more symbolic mode or representational style.
Description
CITATION: Nel, A. & Du Preez, P. 2020. "Wie praat hier?" Die rol van die verwerker in die aanpassing van ’n roman na ’n jeugteaterproduksie met kulturele en geografiese verskuiwings. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 60(1):91-107, doi:10.17159/2224-7912/2020/v60n1a7.
The original publication is available at http://tgwsak.co.za
Keywords
Collaborative theatre-making processes, Adaptation theory, Youth theatre, Troskie, Anchien, 1968- -- Dis ek, Anna -- Criticism and interpretation, Cultural appropriation -- Drama
Citation
Nel, A. & Du Preez, P. 2020. "Wie praat hier?" Die rol van die verwerker in die aanpassing van ’n roman na ’n jeugteaterproduksie met kulturele en geografiese verskuiwings. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 60(1):91-107, doi:10.17159/2224-7912/2020/v60n1a7.