Poësie performances : ‘n ondersoek na die moontlikhede vir poësie performance
Date
2012-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Poetry performance as a universal phenomenon is a performing art form. The aim of
this study is to explore the diverse nature of this art form.
The different types are investigated according to their nature and the reasons
provided as motivation for the way in which these types are presented. This study
focuses on the following types: poetry found in ritual, poetry readings, poetry recitals,
poetry as part of word art (woordkuns), sung poetry, the verse drama and drama’s
based on poetry.
Under each of these categories relevant examples of each type are discussed. A
background study which is primarily focused on a brief overview of the history of
poetry performance in relation to its origin and development serves as an
introduction and foundation for the study.
Hereupon the different types of poetry performances, with relevant and
contemporary variations as examples, are being compared to each other with the
aim to elucidate the main similarities as well as differences between these examples.
As part of the research of poetry performance, a practical project exploring the
specific nature of dramas based on poetry was executed. This drama, called
Ontslape, shares various comparisons as well as differences with other examples of
contemporary drama’s based on poetry. It also shares similarities with word art
(woordkuns).
Although it is possible to distinguish between certain types of poetry performance, it
however also appears that some types overlap in more than one way and therefore
the conclusion can be made that poetry performance as a phenomenon consists of
various possibilities.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Poësie performance as universiële verskynsel is ‘n uitvoerende kunsvorm. In hierdie studie word die diversiteit van die kunsvorm ondersoek. Die onderskeie tipes word ondersoek na aanleiding van die aard en doel van die aanbieding. Die studie fokus op die volgende tipes: poësie in rituele verband, poësie in voorlesing, poësie en voordrag, poësie as deel van woordkuns, poësie in sangvorm, die versdrama en poësie gebasseerde drama’s. Onder elk van hierdie afdelings word relevante voorbeelde van elke tipe breedvoerig bespreek. ‘n Agtergrondstudie wat hoofsaaklik fokus op ‘n historiese oorsig met betrekking tot die oorsprong en ontwikkeling van poësie performance dien as basis vir en inleiding tot die studie. Hierop word onderskeie tipes poësie performance met relevante en kontemporêre voorbeelde en variasies belig met die doel om die ooreenkomste en verskille tussen tipes en voorbeelde uit te lig. As deel van die verkenning van poësie performances is ‘n praktiese projek uitgevoer wat by nader ondersoek ‘n voorbeeld van ‘n poësie gebasseerde drama is. Hierdie drama, getiteld Ontslape, toon verskille en ooreenkomste met ander kontemporêre poësie gebasseerde drama’s. Dit toon ook ooreenkomste met woordkuns. Alhoewel sekere tipes poësie performances duidelik van ander geskei kan word, blyk dit dus dat sekere tipes met mekaar oorvleuel en daar word dus gevolglik tot die konklusie gekom dat poësie performance as verskynsel oor ‘n legio aantal moontlikhede beskik.

Description
Thesis (MDram)--Stellenbosch University, 2012
Keywords
Poetry performance, Theater, Spoken word, Woordfees, Dissertations -- Drama, Theses -- Drama