The effect of a six-week functional movement intervention on dynamic knee stability and physical performance in female netball players
Date
2018-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: Netball is a physically demanding game with high incidence of non-contact ACL injuries, especially among female players. Non-contact ACL injuries in female netball have a multifactorial etiology that requires adequate screening. Fortunately, certain ACL injury risk factors, related to altered biomechanics, can be modified by neuromuscular training.
To reduce the incidence of ACL injuries in female netball players, it is crucial to recognize biomechanical risk factors as early as possible. Knee valgus during landing was found to be one of the most common risk factors for the injury of the ACL among female athletes. FMS® is a testing battery designed to assess quality of movement within fundamental movement patterns and to identify possible injury risk factors related to movement deficiencies. FMS® is also designed to improve dysfunctional movement patterns and potentially reduce the risk of sport related injuries. The current study was conducted with the aim to investigate the effect of a six-week functional movement intervention on dynamic knee stability and physical performance in female netball players. The relationship between FMS® and dynamic knee stability tests, as well as performance tests, was also investigated in a group of university female netballers.
A total of 31 university female netball players volunteered for participation in the study. The study followed a convenience sampling design. A six-week intervention programme based on the FMS® results was implemented .
The primary finding in the current study was improvement in total FMS® score after the six-week standardized intervention programme (p<0.001). Significant differences in active straight leg raise (ASLR) (p=0.01) and trunk stability push up (TSPU) (p=0.02) score were found between pre- and post-intervention, while all other FMS® tests did not significantly improve.
The results demonstrated a moderate significant correlation of FMS® total score with the single leg hop, as well as the 5-0-5 agility test when performed with the dominant leg. The results also showed a positive correlation between the hurdle step total score and single leg hop and hold test performed with the dominant leg before
(p=0.35, p=0.05) and after the intervention (p=0.39, p=0.04). There were no other significant correlations between total and individual FMS® scores and dynamic knee stability and performance tests.
According to the results from in this study, FMS® performance can be improved by a standardized corrective exercise programme. Furthermore, a six week FMS® intervention does have positive effects on certain performance abilities, but does not have a significant effect on dynamic knee stability in female netball players.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Netbal is ’n fisiek uitdagende spel met ’n hoë voorkoms van nie-kontak ACL beserings, veral by vroulike spelers. Nie-kontak ACL beserings in vroulike netbalspelers het ’n multi-faktoriale etiologie wat voldoende sifting en vooraf-evaluering vereis. Gelukkig kan sekere risikofaktore vir ACL beserings wat met biomeganika verband hou, aangepas word deur neuromuskulêre oefening. Om die voorkoms van ACL beserings in netbalspelers te verminder, is dit kritieis belangrik om die biomeganiese risikofaktore so vroeg as moontlik te identifiseer. Knie valgus met landings is aangedui as een van die mees algemene risikofaktore vir ACL beserings by vroulike atlete. FMS® is ’n toetsbattery wat ontwerp is om bewegingskwaliteit deur middel van fundamentele beweginspatrone vas te stel en moontlike risikofaktore te identifiseer wat verband hou met bewegingsbeperkings of – tekortkomings. FMS® is ook ontwerp om wanfunksionele bewegingspatrone te verbeter en moontlik die risiko van sportverwante beserings te verminder. Die doel van die huidige studie was om ‘n ondersoek te doen na die effek van ‘n ses-weke funksionele oefenintervensie op dinamiese kniestabiliteit en prestasietoetse in vroulike netbalspelers. Die verwantskap tussen tussen die FMS®, dinamiese kniestabiliteitstoetse en prestasietoetse is ook in die vroulike universiteitsvlak netbalspelers gedoen. ’n Totaal van 31 universiteitvlak vroulike netbalspelers het vrywillig aan die studie deelgeneem. ‘n Gerieflikheidstreekproef is geneem vir die die doel van die studie. Die verhouding tussen die FMS® en ACL siftingstoetse, asook prestasietoetse, is in die groep vroulike netbalspelers ondersoek. Die primêre bevinding van die studie was ’n verbetering in die totale FMS® telling na die ses-weke gestandaardiseerde intervensieprogram (p<0.001). Betekenisvolle verskille is gevind vir die aktiewe reguitbeen opligtoets (p=0.01) en die rompstabiliteit opstootstoets (p=0.02) na die intervensieprogram, terwyl die ander FMS® toetse nie betekenisvol verbeter het nie. Die resultate het ’n matige betekenisvolle korrelasie getoon tussen die totale FMS® telling en eenbeensprong, asook die 5-0-5 ratsheidstoets wanneer dit met die dominante been uitgevoer was. Resultate het ’n positiewe korrelasie getoon tussen die hekkie-tree en eenbeensprong, asook die hou-toets met die dominante been, voor (p=0.35, p=0.05) en na die intervensie (p=0.39, p=0.04). Daar was geen ander betekenisvolle korrelasies tussen die totale en individuele FMS® tellings en die dinamiese kniestabiliteits- en prestasietoetse nie. Uit die resultate blyk dit dat FMS® prestasie kan verbeter deur die implementering van ‘n gestandaardiseerde korrektiewe oefeningsprogram. Die ses-weke FMS® intervensie het ‘n positiewe effek gehad op sekere prestasie-aspekte van die netbalspelers, maar nie ‘n beduidende effek op die dinamiese kniestabiliteit van die vroulike netbalspelers gehad nie.

Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2018.
Keywords
Functional Movement Systems (FMS®), Anterior cruciate ligament -- Injuries, Netball players -- Injuries -- Risk factors, Knee valgus, Dynamic knee stability, UCTD