Ideologie en mag in Bybelinterpretasie : op weg na 'n kommunale lees van 2 Samuel 13

dc.contributor.advisorJonker, Louis C.en_ZA
dc.contributor.authorVan der Walt, Charleneen_ZA
dc.contributor.otherUniversity of Stellenbosch. Faculty of Theology. Dept. of Old and New Testament.en_ZA
dc.date.accessioned2010-02-24T07:16:46Zen_ZA
dc.date.accessioned2010-08-13T13:11:21Z
dc.date.available2010-02-24T07:16:46Zen_ZA
dc.date.available2010-08-13T13:11:21Z
dc.date.issued2010-03
dc.descriptionThesis (DTh (Old and New Testament))--Stellenbosch University, 2010.en_ZA
dc.description.abstractAFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie ondersoek die rol wat mag en ideologie speel in die konkrete interkulturele gespreksruimte wat tot stand kom as individue vanuit diverse kontekste mekaar ontmoet rondom Bybeltekste. Die interkulturele gespreksruimte word teoreties gefundeer vanuit die gesamentlike uitgangspunte van die Feminisme en 'n Afrika-hermeneutiek. Die kommunale ruimte bied hiervolgens teoreties die ruimte waarbinne individue vanuit diverse kontekste tot hulle reg kan kom in die kollektief. In Hoofstuk 2 van hierdie studie word die hermeneutiese raamwerk waaruit die studie sy vertrekpunte vind, omskryf wanneer die uitgangspunte van beide die Feminisme en 'n Afrika-hermeneutiek bespreek word. Die Feminisme beklemtoon die belang van die kontekstuele stem van die individu en Afrika-hermeneutiek stel die kommunale ruimte voor waarin die stemme tot hulle reg kan kom. Die interkulturele gesprek wat in hierdie studie ondersoek word, vind plaas met 2 Samuel 13:1-22 as gespreksdokument. In Hoofstuk 3 word 'n multidimensionele eksegetiese raamwerk beskryf wat gebruik word ten einde ‘n deurdagte interpretasie van 2 Samuel 13:1-22 te bied. ‘n In-diepte lesing van die teks word gedoen, sowel as ideologies(retories)-kritiese en leserrespons-kritiese analises. Ten slotte word in dié hoofstuk verwys na die interpretasiegeskiedenis van die teks vanuit ‘n dominant Westerse perspektief asook vanuit die Feminisme en ‘n Afrika-hermeneutiese konteks. Met die tweeledige hermeneutiese raamwerk as uitganspunt, en 2 Samuel 13:1-22 as gespreksdokument, word die empiriese komponent van die studie dan in die volgende hoofstukke beskryf. In die empiriese studie word die teoreties-geformuleerde interkulturele ruimte dan ‘n konkrete realiteit as kultureel-diverse vroue mekaar ontmoet in gesprek rondom die Tamar-verhaal van 2 Samuel 13. Die ontwerp van die empiriese studie wat in Hoofstuk 5 bespreek word, word in die vorige hoofstuk, Hoofstuk 4, gefundeer deur aandag te gee aan, onder andere, die omskrywing van sleutelterme soos kultuur, ideologie en mag. Die kwalitatiewe data wat ingewin is tydens die konkrete interkulturele gesprekke, word daarna geanaliseer en bespreek in Hoofstuk 6. Al die data wat ingewin is tydens die studie word as Bylae tot die proefskrif beskikbaar gestel in ‘n aparte meegaande bundel ten einde die lees-envergelyk- proses te vergemaklik. Die gevolgtrekking van die studie, in Hoofstuk 7, bring al die diverse besprekings soos dit in die argument hanteer is, bymekaar en poog om ‘n sinvolle interpretasie te bied van hoe mag en ideologie funksioneer in die interkulturele Bybelleesproses. Die teoretiese interkulturele ruimte wat deur die Feminisme en 'n Afrikahermeneutiek as oogmerk gestel word, word dus in die studie geproblematiseer deur te vra na die funksionering van mag en ideologie in daardie ruimte. Vanuit 'n kwalitatiewe analise van die data wat ingewin is tydens die empiriese komponent van die studie, word dit duidelik dat die interkulturele ruimte ‘n besondere spasie bied waarin individue tot hulle reg kom en waarin verandering gefasiliteer kan word. Dit wil egter verder blyk dat hierdie ruimte nie sonder uitdaging is nie aangesien die interkulturele ruimte nie die invloed van die magsdinamika vryspring nie. Daar is bevind dat die interkulturele gespreksruimte ‘n besondere instrument is wat ingespan kan word ten einde sosiale transformasie te fasiliteer, maar dit moet met groot omsigtigheid hanteer word.af_ZA
dc.description.abstractENGLISH ABSTRACT: This study examines the role of power and ideology in a concrete intercultural conversation space which is established when individuals from diverse contexts meet one another to discuss Biblical texts. The intercultural conversation space is theoretically based on the joint presuppositions of Feminism and an African hermeneutics. The communal space provides a theoretical space in which individuals from diverse contexts are given an opportunity to express themselves in the collective. The hermenetical framework of the study is discussed in chapter 2 where the fundamental presuppositions of both Feminism and African hermeunetics are explored. Feminism emphasises the importance of the contextual voice of the individual, whereas African hermeneutics highlights the communal space where individual voices are given expression. The intercultural conversation in this study is conducted with 2 Samuel 13:1-22 as conversation document. Chapter 3 discusses a multidimensional exegetical framework that is applied in order to offer a reflective interpretation of 2 Samuel 13:1-22. A close reading of the text, as well as ideological (rhetorical) critical and reader response critical analyses, are conducted. A reference to the interpretation history of the text concludes this chapter. The dominant Western perspective is discussed and is supplemented with Feminist and African hermeneutical readings of the text. The empirical component of this study is discussed in the chapters that follow, based on the two-tiered hermeunetical framework and 2 Samuel 13:1-22 as conversation document. The theoretically formulated intercultural space becomes a concrete reality as culturally diverse women meet one another to discuss the story of Tamar as found in 2 Samuel 13. Chapter 5 explains the research design of the empirical study based on key terms such as culture, ideology and power. These are illuminated in Chapter 4. The data that is collected in the concrete intercultural conversation is then analised qualitatively and in Chapter 6. The collected data is presented as a separate Appendix to the dissertation in order to assist the reader in the read and compare process. In the conclusion to this study, as presented in Chapter 7, all the diverse discussions converge and an attempt is offered towards a reflective interpretation of how power and ideology function in the intercultural Bible reading process.en_ZA
dc.format.extent669 leavesen_ZA
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10019.1/4019
dc.language.isoaf
dc.publisherStellenbosch : University of Stellenboschen_ZA
dc.rights.holderUniversity of Stellenboschen_ZA
dc.subjectKommunale Bybelinterpretasieen_ZA
dc.subjectEmpiriese hermeneutieken_ZA
dc.subjectTamaren_ZA
dc.subjectDissertations -- Old Testamenten_ZA
dc.subjectTheses -- Old Testamenten_ZA
dc.subject.lcshBible. Samuel, 2nd, XIII -- Criticism, interpretation, etc.en_ZA
dc.subject.lcshBible -- Reader-response criticismen_ZA
dc.subject.lcshIeology -- Religious aspects -- Christianityen_ZA
dc.subject.lcshPower (Social Sciences) -- Biblical teachingen_ZA
dc.titleIdeologie en mag in Bybelinterpretasie : op weg na 'n kommunale lees van 2 Samuel 13en_ZA
dc.typeThesisen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
vanderwalt_ideologie_2010.pdf
Size:
7.85 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description: