Windows on South African Art Music in the European Tradition
Date
2020-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Although South African art music in the European tradition has a history of almost one hundred years, no comprehensive overview of this tradition has yet been written. Nine articles on widely diverging topics, written over the course of seventeen years, are brought together in this senior doctoral dissertation in an attempt to highlight some particularly relevant aspects of this tradition. They represent the “windows” through which the tradition is viewed. Besides studies on a number of landmark works and their composers, the compilation also includes contributions of a more conceptual nature. The changing musical culture in our country provides the context within which to subject South African art music in the European tradition to a comprehensive critique and to grapple with the question of its future. These considerations provide the frame within which the various topics are considered. They include the difficult matter of music and cultural diversity, the intellectual and aesthetic history of the Music Department of Stellenbosch University as well as the insufficiently understood and explored musical potential of the Afrikaans language, especially in respect of choral music. In addition, particularly pertinent examples of patriotic music from the era of Afrikaner nationalism are examined, compared to similar music elsewhere, and categorised. The focus falls on a number of songs and a work of symphonic proportions, Suid-Afrika – Nag en Daeraad by Hubert du Plessis. This is followed by a comprehensive discussion of textual and contextual aspects of Arnold van Wyk’s symphonic suite Primavera. In the latter part of his life the conductor and composer Gideon Fagan contributed a number of large-scale compositions to the creative tradition in question. Two of these, Karoo Symphony, an important example of landscape music, and the oratorio Een Vaderland are analysed in respect of their artistic intent and stylistic characteristics. The least-known composer in the compilation, whose life and work is brought to attention for the first time, is Jan Coetzee. His biographical details are documented, while the characteristics of his uncompromisingly modernist music are examined and placed into a wider perspective. A discussion of one of the more recent and arguably most significant additions to the repertoire of South African art music, Roelof Temmingh’s Kantorium, represents the last window on this creative tradition. A conclusion, in which the diverging perspectives are drawn together and future prospects are evaluated, ends with the hope that art music will find a meaningful place within the “poly-phonic” concert which is South African music and with the submission that it will have an important contribution to make to the intellectual and artistic future of the country.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hoewel Suid-Afrikaanse kunsmusiek in die Europese tradisie kan terugkyk op ’n geskiedenis van nagenoeg eenhonderd jaar is daar nog geen omvattende oorsig oor dié tradisie geskryf nie. Nege artikels oor uiteenlopende onderwerpe, geskryf oor ’n tydperk van sewentien jaar, word in hierdie senior doktorale proefskrif byeengebring in ’n poging om enkele besonder relevante aspekte van hierdie tradisie te belig. Dit is die “vensters” waardeur na dié tradisie gekyk word. Benewens studies van ’n aantal belangrike werke en hul komponiste sluit die samestelling ook bydraes van ’n meer konseptuele aard in. Die veranderende musiekkultuur in ons land verskaf die konteks waarbinne Suid-Afrikaanse kunsmusiek in die Europese tradisie aan ’n omvattende kritiek onderwerp en met die vraag na sy toekoms geworstel word. Hierdie oorwegings verteenwoordig die raam waarin die verskillende onderwerpe geplaas word. Dit sluit die moeilike kwessie van musiek en kulturele diversiteit in sowel as die intellektuele en estetiese geskiedenis van die Departement Musiek, Universiteit Stellenbosch en ’n verkenning van die musikale potensiaal van die Afrikaanse taal, met spesifieke verwysing na koormusiek. Daarbenewens word besonder toepaslike voorbeelde van patriotiese musiek uit die era van Afrikanernasionalisme ondersoek, met soortgelyke musiek elders vergelyk en gekategoriseer. Die fokus val op ’n aantal liedere en ’n werk van simfoniese omvang, Suid-Afrika – Nag en Daeraad van Hubert du Plessis. Dit word gevolg deur ’n omvattende bespreking van tekstuele en kontekstuele aspekte van Arnold van Wyk se simfoniese suite Primavera. In die later jare van sy lewe het die dirigent en komponis Gideon Fagan ’n aantal grootskaalse werke tot die betrokke tradisie bygedra. Twee daarvan, die Karoo-Simfonie, ’n belangrike voorbeeld van landskapmusiek, en die oratorium Een Vaderland word ondersoek ten opsigte van hul artistieke doelstellings en stilistiese kenmerke. Die mins bekende komponis in hierdie samestelling, wie se lewe en werke vir die eerste keer onder die aandag gebring word, is Jan Coetzee. Sy biografiese besonderhede word gedokumenteer, terwyl die kenmerke van sy ontoegeeflik-modernistiese musiek ondersoek en in ’n wyer perspektief geplaas word. ’n Bespreking van een van die meer onlangse en moontlik belangrikste byvoegings tot die repertorium van Suid-Afrikaanse kunsmusiek, Roelof Temmingh se Kantorium, verteenwoordig die laaste venster op hierdie kreatiewe tradisie. ’n Slotsom, waarin die uiteenlopende perspektiewe bymekaar getrek en vooruitsigte geëvalueer word, sluit die proefskrif af met die hoop dat kunsmusiek ’n betekenisvolle plek in die veelstemmige konsert van Suid-Afrikaanse musiek sal vind en stel die standpunt dat dit ’n belangrike bydrae tot die intellektuele en artistieke toekoms van ons land behoort te lewer.

Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2020
Keywords
Music -- South Africa -- History and critism, UCTD, Music -- European influences, Composers -- South Africa