Die wereld van Con de Villiers : 'n kultuurhistoriese oorsig
Date
1994
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This culture-historical study focuses on Cornelius Gerhardus Stephanus de Villiers
(1894-1978), or, as he was generally known, Dr. Con. Moreover, with the help of his
narratives and rural sketches on the Overberg, where he grew up, Afrikaans culture
there dunng the first half of the twentieth century is portrayed.
In Chapter One Dr. Con's biographical details are given. It was already clear during
his years at school that 1,e was an intelligent child. After completing his studies at the
University of Stellenbosch and obtaining a doctor's degree in Zoology at the
University of Zurich in Switzerland, he occupied the Chair of Zoology at the University
of Stellenbosch for thirty seven years with great distinction. He became a legendary
figure in Stellenbosch.
In Chapter Two his contribution in various walks of life is emphasised in genealogy,
music (as music educator and recorder, arranger or translator of folk songs), theatre
(as director and translator of plays), literature (as writer and translator) and science
(as internationally acknowledged zoologist).
In Chapter Three it is pointed out how gifted he was. He was exceptionally versatile -
a renaissance man who could speak six languages and had a natural talent for
science and the arts.
Chapter Four features Dr. Con as a person: his personal relationships, interests,
peculiarities, characteristics, Afrikaner character and his attitude toward life.
Chapter Five sheds light upon the material culture of the Overberg: house-building,
the internal appointment of the house, furniture, bed-linen, crockery and cutlery, as
well as the daily activities of the woman and the man on the farm, and the food which
was usually eaten.
In Chapters Six to Ten the spiritual culture of the region is portrayed; the local
vernacular, folk beliefs and folk medicine in the Over!)erg. The customs regarding
engagement and marriage, death and burial are briefly pointed out. Typical Overberg
entertainment and pastimes are explained. Chapter Eleven looks at the people of the Overberg. The attempt was to find out
whether the people of the Overberg differ in essence from the Afrikaner in other parts
of South Africa. The aristocracy, religious sense, moral norms and habits, close family
ties and hospitality of the people of the Overberg are highlighted. The good
relationship between the Jewish hawkers and the farmers, and between the farmers
and their farm workers is emphasised.
Con the Villiers was a very 1mportar,t man who had his roots in the Overberg; he had
exceptional talents and made a valuable contribution in committing the culture of the
Overberg to paper.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie kultuur-historiese studie sentreer om Cornelius Gerhardus Stephanus de Villiers (1894 - 1978), of dr. Con soos hy algemeen bekend gestaan het. Verder word daar met behulp van sy vertellings en landelike sketse oor die Overberg, die landstreek waar hy grootgeword het, 'n beeld van die Afrikaanse kultuur aldaar gedurende die eerste helfte van die 20ste eeu geskets. In hoofstuk een word biografiese besonderhede oor dr. Con verstrek. Dit was reeds tydens sy skooljare duidelik dat hy 'n intelligente kind was. Na voltooiing van sy studies aan die Universiteit van Stellenbosch en verwerwing van die doktorsgraad in Soologie aan die Universiteit van Zurich in Switserland, het hy sewe en dertig jaar lank die leerstoel vir Soölogie aan die Universiteit van Stellenbosch met groot onderskeiding beklee. Op Stellenbosch het hy 'n legendariese figuur geword. In hoofstuk twee word klem gele op sy bydrae op verskillende lewensterreine: die genealogie, die musiek as musiekopvoeder en optekenaar, verwerker of vertaler van volskliedere), die toneel (as regisseur en vertaler van dramas), die letterkunde (as skrywer en vertaler) en die wetenskap (as internasionaal erkende soöloog). Vervolgens word in hoofstuk drie op sy begaafdheid gewys. Hy was besonder veelsydig - 'n Renaissance-mens wat ses tale kon praat en 'n aanleg vir die wetenskap en die kunste gehad het. In hoofstuk vier word na dr. Con as mens gekyk: sy menseverhoudinge, belangstellings, eienaardighede, karaktereienskappe, Afrikanerskap en lewensinstelling. Hoofstuk vyf laat die lig val op die stoflike kultuur van die Overberg: woningbou, huisinrigting, meubels, bedlinne, breekgoed en messegoed, asook die daaglikse bedrywighede van die vrou en die man op die plaas en die kos wat meestal geëet is. In hootstukke ses tot tien word die geestelike kultuur van die streek weergegee: die Overbergse volkstaal, volksgeloof en volksgeneeskunde. Daar word kortliks gewys op gebruike random verlowing en die huwelik, dood en begrafnis. Tipiese Overbergse vermake en tydverdrywe word toegelig. Hoofstuk elf gee 'n blik op die Overberger as mens. Daar is gepoog om vas te stel of die Overberger in wese verskil van die Afrikaner in ander dele van Suid-Afrika. Die Overberger se artistokrasie, sy godsdienssin, sedelike norme en gewoontes, hegte familiebande en gasvryheid word uitgesonder. Die goeie verhouding wat tussen die Joodse smouse en die boere op die plase, en die boere en hul plaaswerkers bestaan het, word beklemtoon. Con de Villiers was 'n belangrike boorling van die Overberg, hy het oor buitengewone talente beskik en 'n waardevolle bydrae tot die boekstawing van die Overbergse kultuur gelewer.

Description
Dissertation (D Phil) -- University of Stellenbosch, 1994.
Keywords
De Villiers, C. G. S. -- (Cornelius Gerhardus Stephanus), -- 1894-1978, Afrikaners -- South Africa -- Overberg -- Social life and customs, Overberg (South Africa) -- Social life and customs, Dissertations -- Afrikaans culture, UCTD