Reconfiguring motherhood: maternal temporality in the work of four South African visual artists
Date
2024-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: In this study, I examine the visual reframing of mothering by four South African women artists whose projects conceptualise maternal subjectivity through the bodily and psychological experiences of pregnancy, birth and mothering. The principle thesis of my research is that the selected artists’ engagement with maternal subjectivity can be addressed through an exploration of the maternal body’s ability to disrupt conventional experiences of time. Presenting an alternative discourse of maternal embodiment, the artworks offer ways to consider how rethinking maternity might reformulate our experience and thinking about lived time as that which is dynamic, relational and, at times, conflicting, revealing the intrinsic intra-activity of being.
AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie studie ondersoek ek die visuele versinnebeelding van moederskap deur vier Suid-Afrikaanse vrouekunstenaars wie se projekte moedersubjektiwiteit konseptualiseer deur die liggaamlike en psigologiese ervarings van swangerskap, geboorte en moederskap. Die kernargument van my navorsing is dat die geselekteerde kunstenaars se betrokkenheid by moedersubjektiwiteit verstaan kan word deur 'n verkenning van die moederliggaam se vermoë om konvensionele ervarings van tyd te ontwrig. Die kunswerke bied 'n alternatiewe diskoers van moederlike beliggaming aan wat tot ‘n herbesinning van moederskap spreek in terme van ons ervaring van en denke rondom geleefde tyd as iets wat dinamies, relasioneel en soms teenstrydig kan wees. Sodoende spreek hierdie studie tot moederskap as ‘n bewuswording van die intrinsieke intra-aktiwiteit van wees.

Description
Thesis (DPhil)--Stellenbosch University, 2024.