Contemporary issues in an economics curriculum: interpretive case studies with economics teachers in the Cape Winelands District.
Date
2022-04
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The essence of economics, as defined in the Curriculum and Assessment Policy Statement (CAPS), is the understanding of how the unlimited needs and wants of humanity are satisfied within the context of limited resources in a manner that is efficient, equitable and sustainable. How teachers address the predicament of limited resources and unlimited needs and wants is closely tied to their understanding and implementation of the topic of “contemporary economic issues” as included in the Economics CAPS. It is believed that achieving the definitional objectives of the Economics curriculum will capacitate learners to apply these concepts to real-life contexts. The aim of this research was to explore teachers’ conceptual understanding of contemporary economic issues as listed in the CAPS, and to establish how these understandings relate to and translate into their teaching practices. Teachers' understanding and teaching approaches of the topic of contemporary economic issues form the two key themes of this research project. The literature on the challenges that economics teachers face are twofold. Firstly, there is an economics content knowledge gap and secondly, there is the challenge of “how to” implement the “new economics knowledge” as part their teaching practices (pedagogy gap). These sentiments highlight the real deficiencies in teachers’ disciplinary knowledge and teaching ability. Furthermore, literature also
critique the dominance of neoclassical economic theory in economics curricula. It suggests the need to contest this dominance, in the quest to open up economics to more heterodox approaches that might better accommodate more relevant contemporary issues in current curricula, as in CAPS in the case of this research. A qualitative research approach was adopted underpinned by a constructivistinterpretivist paradigm. A case study design was selected to enable an in depth investigation of the particular contexts in the study so as to best answer the research question. The data were collected by means of semi-structured interviews with selected teachers and analysis of lesson plans developed by these teachers. Data analysis was done by way of systematic categorisation and coding of the data and coupled to an adapted inquiry-based framework. The main finding of the study revealed a common understanding amongst the teachers regarding the significance of present-day socio-political, economic, environmental and digital realities, as it relates to the learners real-life experiences, such as poverty and inequality. These lived experiences prompt teachers to embrace and implement transformation-augmented pedagogical practices to assist learners with a clearer understanding of the new global developments when addressing “contemporary economic issues”. From the responses, teachers experienced teaching challenges related to environmental and digital realities, inadequate infrastructure, limited resources, learner apathy and the lack of continuous professional development. In spite of these challenges, the teachers reflected a high level of resilience, creativity and interactive strategies in the teaching of “contemporary economic issues”. This confirmed the critical role that teachers, as epistemic agents, play to realise the definitional objectives of efficiency, equity and sustainability, as stated in the CAPS economics definition.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die wese van die KABV definisie van ekonomie behels die bevrediging van die mensdom se onbeperkte behoeftes en begeertes op ‘n doeltreffende, billike en volhoubare wyse in die konteks van beperkte bronne. Hoe opvoeders hierdie uitdaging van beperkte bronne en onbeperkte behoeftes aanspreek, gaan ten nouste saam met hul begrip en implementering van die onderwerp “kontemporêre ekonomiese kwessies” in KABV. Die verwesenliking van hierdie definiërende oogmerke sal leerders in staat stel om hierdie konsepte binne werklike lewenssituasies toe te pas. Hierdie navorsing het dus beoog om opvoeders se konsepsuele begrip van die kontemporêre ekonomiese vraagstukke te ondersoek, en te verstaan hoe hul konsepsuele begrip met hul onderwyspraktyke verband hou en uitspeel. Opvoeders se konsepsuele begrip en onderwyspraktyke van die kontemporêre kwessies bepaal dus die twee temas vir die navorsing. Die literatuur dui daarop dat ekonomie opvoeders uitdagings op twee vlakke ondervind. Eerstens, bestaan daar ‘n leemte wat die inhoud van ekonomie betref; tweedens is daar ‘n uitdaging rondom “hoe” die nuwe ekonomiese kennis in die klaskamer toegepas moet word. Hierdie sentimente beklemtoon die werklike terkortkominge binne die ovoeders se dissiplinêre kennis en onderwys kwaliteite. Dit behels ook die kritiek van die oorheersing van die neoklassieke benadering in ekonomie kurrikula, en dat hierdie oorheersing uitgedaag behoort te word. Sodoende kan ekonomie verryk word deur onderrig binne die konteks van heterodokse ekonomiese benaderings wat gunstiger mag wees om meer relevante kontemporêre kwessies in huidige KABV kurrikula te akkommodeer, soos ondersoek in hierdie navorsingstudie. n Kwalitatiewe navorsings benadering was onderneem, wat onderskryf word deur ‘n konstruktiewe-interpretatiewe paradigma. ‘n Gevallestudie-ontwerpstrategie is toegepas om ‘n in-diepte studie van die spesifieke kontekste te ondersoek in die strewe om die navorsingsvraag ten beste te beantwoord. Die data-insameling was uitgevoer deur middel van semi-gestruktureerde onderhoude met spesifieke onderwysers, en dokumentanalise van hulle lesplanne. Hierna was die data analisering gedoen deur ‘n sistematiese kategorisering en kodering van die data, binne ‘n aangepaste ondersoek-gebaseerde raamwerk. Die hoof bevinding van hierdie navorsingstudie dui op ‘n gemeenskaplike begrip tussen die onderwysers betreffende die belangrikheid van die hedendaagse sosiopolitieke, ekonomiese, omgewings en digitale realiteite wat verband hou met die leerders se werklike lewenservaringe, bv. armoede en ongelykheid. Hierdie lewensrealiteite noop opvoeders om die transformasie wat in pedagogiese praktyke beklemtoon word, te onderskryf en om leerders te bemagtig met ‘n duideliker begrip van die kontemporêre globale ekonomiese vraagstukke. Die opvoeders se kommentaar reflekteer ook hul uitdagings met betrekking tot gebrekkige infrastruktuur en hulpbronne, apatiese houding van leerders en die afwesigheid van deurlopende professionele ontwikkeling. Ten spyte van hierdie uitdagings openbaar die opvoeders steeds ‘n hoë vlak van deursettingsvermoë, kreatiwiteit en interaktiewe strategieë in die aanbieding van die “kontemporêre ekonomiese vraagstukke”. Dit bevestig die kritiese rol van opvoeders as epistemiese agente, om die definiërende doelstellings van volhoubaarheid, billikheid en doeltreffendheid in die KABV definisie te realiseer.

Description
Curriculum Studies
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2022.