Assessment of nutrition knowledge, attitudes and practices of rural health motivators and the perceptions on the nutrition training programme in the Kingdom of Eswatini
Date
2021-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: ABSTRACT
Introduction: Community Health Workers are the first point of contact of a community with the primary health care system, so it is important that they possess adequate nutrition knowledge, and a positive attitude to effectively provide nutrition services to their respective communities.
Objectives: 1) To determine the nutritional knowledge, attitudes and practices of trained rural health motivators (RHMs); 2) to assess their perceptions and how they apply their nutritional knowledge in their work as RHMs and 3) to assess RHMs trainers’ perceptions of the nutrition training programme as an empowering tool.
Study design: A cross-sectional descriptive study design was utilised and a mixed methods approach was employed where quantitative and qualitative data were collected.
Methods: For the quantitative part of the study 141 rural health motivators (RHMs) were recruited from six constituencies in the Shiselweni region, Eswatini. Data on demographics, knowledge, attitudes and practices was collected using the self-administered questionnaire. Qualitative data was collected using focus group discussions (FGDs) and in-depth interviews (IDIs). There were 28 FGDs participants and the purpose of the FGDs was to explore the perceptions, opinions and experiences of RHMs, while IDIs were done with all the six Shiselweni region RHM trainers who were key informants.
Results: The participants’ nutrition knowledge varied from 48% (n=68) of RHMs having an adequate nutrition knowledge, to 37% (n=52) scoring average, while 15% (n=21) got poor results. The overall attitude
of participants regarding the importance of good nutrition was found to be positive, whilst some had a negative attitude towards certain issues that were discussed. In general nutrition practices of participants were very poor, regardless the nutritional knowledge they possessed. Eight seven percent knew the different food groups and their sources, and 57% (n=80) did not have their own backyard gardens as a source of micronutrients. Consumption of fruit and vegetables was low, since 61% (n=86) only ate fruit once a day and 73%(n=103) ate vegetables once a day, which was inadequate, and only 19.9% (n=28) drank 2 litres or more of water, which is the daily recommended intake. The knowledge of participants was fairly good, however their practices did not correlate with the level of nutrition knowledge. The RHMs’ trainers used seminars, demonstrations and nutrition campaigns to train the RHMs and they highlighted that the programme was important since RHMs were a vital link between the community and the health care facility therefore, it was important to capacitate them to prevent and manage nutrition related diseases.
Conclusion: RHMs highlighted that the nutrition programme was beneficial to them despite the challenges experienced, because they acquired skills and knowledge that has benefitted them as individuals, their families and communities. RHM trainers recommended that the Government of Eswatini should fully support the programme through provision of the essential budget, personnel, timely training sessions, supportive supervision and incentives.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Inleiding: Gemeenskapsgesondheidswerkers is die eerste kontakpunt van 'n gemeenskap met die primere gesondheidsorgstelsel, daarom is dit belangrik dat hulle oor voldoende voedingskennis beskik asook 'n positiewe ingesteldheid het om voedingsdienste effektief aan hul onderskeie gemeenskappe te lewer. Doelstellings: 1) Om die voedingskennis, houdings en praktyke van opgeleide landelike gesondheidsmotiveerders (LGMs) te bepaal, 2) om hul persepsies te beoordeel en hoe hulle hul voedingskennis toepas in hul werk as LGMs, en 3) om die persepsies van LGMs-fasiliteerders oor die voedingsopleidingsprogram, as 'n bemagtigende instrument, te bepaal. Studie ontwerp: 'n Beskrywende deursnit studie-ontwerp is gevolg en 'n gemengde metode-benadering is gebruik om beide kwantitatiewe en kwalitatiewe data in te samel. Metodes: Vir die kwantitatiewe deel van die studie is 141 landelike LGMs uit ses kiesafdelings in die Shiselweni-streek gewerf. Gegewens oor demografie, kennis, houdings en praktyke is met behulp van die self-invul vraelys versamel. Kwalitatiewe data is ingesamel met behulp van fokusgroepbesprekings (FGBs) en indiepte-onderhoude (IDO). Daar was 28 deelnemers aan die FGBs en die doel van die FGBs was om die persepsies, opinies en ervarings van LGMs te bepaal, terwyl IDO gedoen is met die ses LGM-fasiliteerders in die Shiselweni-streek, wat as belangrike informante beskou is. Resultate: Die deelnemers se voedingskennis het varieer, van 48% (n=68) LGMs wat oor voldoende voedingskennis beskik, tot 37% (n=52) met gemiddelde kennis, terwyl 15% (n=21) swak resultate behaal het. Die algemene houding van deelnemers ten opsigte van die belangrikheid van goeie voeding is positief bevind, maar sommige het 'n negatiewe houding teenoor sekere kwessies gehad wat bespreek is. Oor die algemeen was die voedingspraktyke van deelnemers baie swak, nieteenstaande die voedingskennis waaroor hulle beskik. Sewe-en-tagtig persent LGMs het die verskillende voedselgroepe en hul bronne geken, maar 57% het self nie groentetuine in hul erwe nie, wat ‘n belangrike bron van mikrovoedingstowwe is. Die verbruik van vrugte en groente was laer as die aanbevole daaglikse inname, aangesien 61% slegs een keer per dag vrugte geeet het en 73% een keer per dag groente geeet het wat nie voldoende is nie. Slegs 28% het 2 liter water of meer gedrink, wat die daaglikse aanbevole inname is. Die voedingkennis van die deelnemers was redelik goed, maar voedingpraktyke van deelnemers het nie ooreengestem met hul vlak van voedingskennis nie. Die LGM-fasiliteerders het seminare, demonstrasies en voedingsveldtogte gebruik om die LGMs op te lei, en hulle het ook benadruk dat die program belangrik was, aangesien LGMs 'n belangrike skakel tussen die gemeenskap en die gesondheidsinstelling is, daarom was dit belangrik om hulle in staat te stel om voedingsverwante siektes te voorkom en te bestuur. Gevolgtrekking: LGMs het beklemtoon dat die voedingsprogram voordelig vir hulle was ondanks die uitdagings wat hulle ervaar, omdat hulle vaardighede en kennis aangeleer het wat hulle as individue, hul gesinne en gemeenskappe bevoordeel. LGM-opleiers het aanbeveel dat die regering van Eswatini die program ten volle moet ondersteun deur die voorsiening van die noodsaaklike begroting, personeel, tydige opleidingsessies, ondersteunende toesig en aansporings.

Description
Thesis (MNutr)--Stellenbosch University, 2021.