Complementary feeding practices and behaviours of positive deviants among caregivers of young children at risk of stunting in Harrismith, Free State Province, South Africa

Date
2020-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: Aim: To identify strategies present among positive deviant (PD) caregivers of non-stunted children that influence complementary feeding (CF)1 practices and allow them to function within individual, household and community-level factors to succeed in raising well-nourished children. Design: A mixed-method design using a PD model. Setting: Intabazwe Informal Settlement, Harrismith, Free State, South Africa. Subjects: Caregivers of stunted (non-positive deviant) and non-stunted (positive deviant) children aged 6-18 months. Of the caregivers selected for the quantitative population (n=28), 16 were non-positive deviants (NPD) and 12 were PDs. Six from each category additionally formed the qualitative population. Methodology: Caregivers were purposively selected according to selection criteria. Height-for-age (HAZ) and weight-for-height (WHZ) Z-scores were used to classify children as PDs or NPDs. Quantitative questionnaires were administered to obtain data regarding demographic information, socioeconomic scores and World Health Organisation (WHO) Infant and Young Child Feeding (IYCF) indicators. Caregivers with similar socioeconomic scores, from both NPD and PD categories, were selected for qualitative interviews. The semi-structured interview aimed to gain further insight into feeding behaviours that were not captured by the WHO IYCF tool, various other components related to behaviour (attitude, subjective norms and self-efficacy) and barriers and enablers to intended behaviour. Analysis of both data sets were performed with the aim of identifying possible adaptive and emphasis growth-promoting behaviours of PD caregivers. Results: IYCF Practices: In general, IYCF practices were similar among the two categories with poor exclusive and continued breastfeeding (BF) practices and the early introduction of solids reported. Only 40% (n=10) of the children obtained a minimum acceptable diet. Sixty percent (n=16) of children obtained minimum dietary diversity. The inclusion of gravy or “soup of meat” (instead of ‘flesh’ of meat) was more common among NPDs. Consumption of non-recommended foods and liquids was high and more common amongst NPD children. Responsive feeding (RF) practices were more commonly reported among PD caregivers. Child level: PDs tended to be younger, more likely female and had fewer hospital admissions. NPDs were more likely to have a low birth weight (LBW) and be premature. A strong theme identified amongst NPD caregivers was a child’s preference, often resulting in the exclusion of certain foods. Caregiver Level: Caregivers of PDs were older, more educated and more likely to be living with a partner. NPD caregivers ascribed higher value to foods that provided satiety and to infant foods. PDs more often explicitly expressed value for health care workers (HCWs). The most common advice received by both groups of caregivers pertained to the introduction of solids at six months and discontinuation of BF due to barriers or the mothers’ HIV status. PD caregivers were more likely to report taking action in response to a lack of food or finance or poor appetite. Action was typically in the form of health seeking behaviours or financial strategy. Household/ Community Level: PDs had better living conditions and higher socioeconomic scores. Support was more often expressed by PD caregivers with a warmth and appreciation for the support provided helping to create the perception of truly supportive households. The practice of eating and sharing meals as a family was a common occurrence in PD households. NPDs expressed experiencing isolation and instability in support structures. Discussion: The multifactorial and complex nature of stunting is highlighted by the lack of superior IYCF practices among PDs. Consideration needs to be given to the ability of indicators used to capture IYCF in the context of stunting and the effect of other risk factors, such as the prevalence of prematurity in the population, on nutritional status. Despite these results, adaptive and emphasis growth-promoting behaviours of PD caregivers were identified. Emphasis PD behaviours identified included: more frequent inclusion of proteins, less frequent inclusion of non-recommended liquids and foods, RF practices and health seeking behaviours by caregivers. Adaptive PD strategies encompassed the inclusion of the ‘flesh’ of meats, financial strategies as a coping mechanism of caregivers, and family eating. The presence of social capital among PD caregivers was deemed a ‘true but useless’ behaviour due to the lack of replicability. Conclusion: The poor feeding practices revealed by this study highlight the need for continued advocacy and promotion of BF and CF in South Africa. The presence of risk factors and non-nutritional PD behaviours within the study highlights the need for a multi-sectoral response, beyond the domain of HCWs and the health sector, in order to address stunting risk factors and improve IYCF practices. The identification of these risk factors will aid in identifying and supporting at-risk caregivers. Key health promotional messages based on identified PD IYCF behaviours, such as RF practices and limiting intake of non-recommended foods, should be developed to be used within the community where the research was conducted. These messages are inherent to the South Africa Paediatric Food Based Dietary Guidelines (PFBDG) which should be disseminated to the broader population. Further research is needed to investigate the role of child’s preference and caregivers’ interpretation of feeding cues, and how these impact feeding practices; the influence of improving a caregiver’s financial literacy on stunting; and gain a better understanding of the role of social capital and how it is developed.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Doelwit: Om strategiee te identifiseer wat teenwoordig is onder positief afwykende versorgers van kinders met ‘n normale groeikurwe wat hul komplimentere voedingspraktyke beinvloed en, met inagneming van individuele-, huishoudelike- en gemeenskapsfaktore, hul toelaat om wel-gevoede kinders groot te maak. Ontwerp: ‘n Gemengde metode ontwerp wat gebruik maak van ‘n positiewe afwykingsmodel. Ligging: Intabazwe informele nedersetting, Harrismith, Vrystaat. Onderwerp: Versorgers van kinders met vertraagde groei (negatiewe afwyking) en kinders met ‘n normale groeikurwe (positiewe afwyking) tussen die ouderdomme van 6-18 maande.Die kwantitatiewe populasie het bestaan uit 28 versorgers (n=28): 16 negatief afwykend (NA) en 12 positief afwykend (PA). 12 versorgers uit hierdie groep het die kwalitatiewe populasie gevorm: ses versorgers uit elke kategorie. Metodologie: Versorgers was geselekteer op grond van keuringskriteria. Hoogte-teenoor-ouderdom en gewig-teenoor-hoogte Z waardes was gebruik om kinders as positief afwykend (PA) of negatief afwykend (NA) te klassifiseer. Kwantitatiewe vraelyste was gebruik om data rakende demografiese inligting, sosio-ekonomiese telling en WHO baba en jong kind voedings (IYCF) riglyne te bekom. Versorgers met soortgelyke sosio-ekonomiese tellings, uit die PA en NA groepe, was gekies vir kwalitatiewe onderhoude. Die semi-gestruktureerde onderhoude was daarop gemik om verdere insig te verkry oor: voedingsgedrag wat nie deur die WHO IYCF hulpmiddel vasgevang word nie; ander komponente wat verband hou met gedrag (houding, subjektiewe norme en selfdoeltreffendheid); en die hindernisse tot en aanmoediging vir die gewenste gedrag. Beide datastelle was geanaliseer om moontlike aanpassende- en beklemtoonde groei-bevorderende gedrag van PA versorgers te identifiseer. Resultate: IYCF Praktyke: IYCF voedingspraktyke, in terme van swak eksklusiewe en voortgesette borsvoedingspraktyke en die vroeë bekendstelling van vaste kosse, was oor die algemeen soortgelyk in beide PA en NA groepe. Slegs 40% (n=16) van kinders het ‘n minimum aanvaarbare dieet ontvang. Sestig persent (n=16) van kinders het ‘n minimum verskeidenheid in dieet ontvang. Die insluiting van vleissous of vleissop (i.p.v. die vleis self) was meer algemeen vir NA kinders. Responsiewe voeding (RF) praktyke was geraporteer as meer algemeen deur PA versorgers. Kind vlak: PAs was geneig om jonger te wees, meer waarskynlik vroulik en was minder gereeld gehospitaliseer. NAs was meer waarskynlik van ‘n lae geboortegewig en prematuur. Kindervoorkeur was ‘n duidelike tema van NA versorgers; dit het dikwels die uitsluiting van sekere kossoorte tot gevolg gehad. Versorger vlak: Versorgers van PAs was ouer, meer geleerd en meer geneig om saam met ‘n maat te woon. NA versorgers het ‘n hoer waarde aan versadigende kosse en babakos toegeskryf. PA versorgers het meer gereeld spesifiek uitdrukking gegee oor die waarde van gesondheidsorgwerkers. Die mees algemene advies wat beide stelle versorgers ontvang het was rakende die bekendstelling van vaste kos op ses maande en die staking van borsvoeding weens hindernisse of die HIV status van die moeder. PA versorgers was meer geneig om op te tree in die geval van ‘n gebrek aan voedsel of finansies of ‘n swak eetlus. Hierdie optrede was normaalweg in die vorm van gesondheidsoekende gedrag of ʼn finansiele strategie. Huishoudelike/ Gemeenskapsvlak: PAs het beter lewensomstandighede en hoer sosio-ekonomiese tellings gehad. PA versorgers het meer gereeld ondersteuning genoem. Aangesien dit gedoen was met warmte en waardering, was die persepsie van werklik ondersteunende huishoudings geskep. NAs het uitdrukking gegee aan die isolasie en onstabiliteit in ondersteuningstruktuur wat hulle ervaar. Die gewoonte om maaltye as ‘n gesin te eet en te deel was algemeen in PA huishoudings. Bespreking: Die multifaktoriale en komplekse aard van vertraagde groei word beklemtoon deur die gebrek aan beter IYCF-praktyke onder PAs. Daar moet gekyk word na die vermoe van aanwysers wat gebruik word om IYCF vas te vang in die konteks van vertraagde groei en die effek van ander risikofaktore, soos die voorkoms van prematuriteit in die bevolking, op voedingstatus. Aanpassende en beklemtoonde PA praktyke was, ten spyte van die resultate, geidentifiseer. Die beklemtoonde gedrag wat by PAs geïdentifiseer was sluit in: meer gereelde insluiting van proteiene, minder gereelde insluiting van onaanbevole vloeistowwe en voedsel en die gesondheidsoekende gedrag van versorgers. Aanpassende strategiee van PAs sluit in: die insluiting van die vleis self, responsiewe voedingspraktyke, gesinsetes en finansiele strategiee van versorgers as ‘n hanterings meganisme. Weens die gebrek aan herhaalbaarheid was die teenwoordigheid van sosiale kapitaal onder PA versorgers geag ‘waar maar nutteloos.’ Gesondheidsorgwerkers se voorsiening van verouderde PMTCT (voorkoming van moeder tot kind oordrag) van MIV riglyne, swak ondersteuning vir borsvoeding en gebrekkige komplementere voeding (CF) 2 riglyne, selfs in die geval van gesondheidsoekende gedrag, maak die noodsaaklikheid vir verdere opleiding van gesondheidsorgwerkers op die gebied van IYCF duidelik. Gevolgtrekking: Die swak voedingspraktyke wat hierdie studie geopenbaar het, beklemtoon die behoefte aan voortgesette voorspraak en bevordering van borsvoeding en komplementere voeding in Suid-Afrika. Die teenwoordigheid van risikofaktore in die studie en die PA gedrag wat nie met voedingswaarde verband hou nie, beklemtoon die behoefte aan ‘n reaksie vanuit verskeie sektore – om daardie risikofaktore wat buite die domein van gesondheidsorgwerkers en die gesondheidsektor val aan te spreek om sodoende vertraagde groei aan te spreek en IYCF praktyke te verbeter. Deur identifisering van hierdie risikofaktore kon versorgers (in die studie populasie) wat ‘n risiko is geïdentifiseer en ondersteun word. Dit is dus nodig om sleutel gesondheidsbevorderings boodskappe gebaseer op die geidentifiseerde PA IYCF gedrag (soos RF praktyke en die beperking van onaanbevole voedsel), te ontwikkel. Hierdie boodskappe moet dan toegepas word in die gemeenskap waarin die navorsing gedoen is. Hierdie boodskappe is inherent aan die Suid-Afrikaanse pediatriese voedselgebaseerde dieetriglyne (PFBDG) wat aan die breer bevolking versprei kan word. 2Komplementere voeding word gedefinieer as die oorgang van eksklusiewe borsvoeding na gesinskos oor ‘n tydperk van 6-24 maande. Dit kom voor as gevolg van borsmelk wat alleenlik nie meer voldoende is om aan die voedingsbehoeftes van die groeiende kind te voldoen nie.
Description
Thesis (MNutr)--Stellenbosch University, 2020.
Keywords
Complementary feeding practices -- Free State (South Africa), Toddlers -- Nutrition -- Free State (South Africa), Infants -- Nutrition -- Free State (South Africa), UCTD
Citation