Vermengde leer in die Afrikaans huistaalklaskamer : onderrigbenaderings en leertegnologie in harmonie

dc.contributor.authorTaylor, Riaen_ZA
dc.contributor.authorVan der Merwe, Michele F.en_ZA
dc.date.accessioned2022-07-05T10:05:52Z
dc.date.available2022-07-05T10:05:52Z
dc.date.issued2021
dc.descriptionCITATION: Taylor, R. & Van der Merwe, M. 2021. Vermengde leer in die Afrikaans huistaalklaskamer : onderrigbenaderings en leertegnologie in harmonie. LitNet Akademies, 18(3):402-464.af_ZA
dc.descriptionThe original publication is available at https://www.litnet.co.za
dc.description.abstractDie wereldwye en plaaslike evolusie van tegnologie en die internet het ’n nuwe dimensie tot onderrig en leer in die skoolklaskamer gevoeg. Dit is ’n belangrike saak, want deesdae is 21ste-eeuse skoolleerders digitale boorlinge wat mobiele tegnologie in die Afrikaans Huistaalklas inbring. Hierdie artikel handel oor die gebruik van die vermengdeleerbenadering (VL-benadering) in die Afrikaans Huistaal-klaskamer en het ten doel om die taalonderwyser bewus te maak van die nuwe onderrigmoontlikhede wat ten opsigte van aanlyn onderrig bestaan. Navorsing oor hierdie vraagstuk is relevant; daarom is hierdie ondersoek daarop gemik om die gebrek aan kennis binne die Afrikaans Huistaal-konteks aan te vul en uit te vind watter Afrikaans Huistaalonderrigbenaderings saam met die VL-benadering deur die onderwysers in die klaskamer verkies word. Die bevindings dui aan dat die implementering van ’n VL-benadering in die toegeruste Suid-Afrikaanse taalklaskamer werkbaar is. Hierdie ondersoek word daarom omvat deur die volgende navorsingsvraag: Hoe gebruik onderwysers vermengde leer as onderrigbenadering in Afrikaans Huistaal? Die studie word teoreties begrond deur verskillende vertakkinge van konstruktivisme en ’n aantal modelle of raamwerke is deurgaans as lense gebruik om die resultate te interpreteer. Die gevallestudie word as navorsingsmetodologie gebruik. Die data is verkry vanaf onderwysers van ’n groep skole in die Wes-Kaap wat Afrikaans Huistaal in die Verdere Onderwys en Opleidingsfase (VOO) onderrig en tegnologie in hul klaskamers gebruik. Die data is deur ’n kwantitatiewe metodologie, naamlik vraelyste, verkry. Die resultate van die gevallestudie word in hierdie artikel bespreek. Daar is bevind dat daar wel tegnologie-integrasie in die taalklaskamers plaasvind en dat die VL-benadering geïmplementeer is om kontaktyd en kommunikasiegeleenthede te vermeerder. Die resultate van die gevallestudie dui daarop dat tegnologie die “voertuig” kan wees waarmee daar aan die vaardigheidsbehoeftes van die 21ste-eeuse leerder deur die kurrikulum van Afrikaans Huistaal voldoen kan word. Die insig wat deur die gevallestudie verkry is, is verwerk tot ’n eenvoudige model waarmee die proses van integrasie van leertegnologie binne die skoolklaskamer begin kan word.af_ZA
dc.description.versionPublisher's version
dc.format.extent63 pages
dc.identifier.citationTaylor, R. & Van der Merwe, M. 2021. Vermengde leer in die Afrikaans huistaalklaskamer : onderrigbenaderings en leertegnologie in harmonie. LitNet Akademies, 18(3):402-464.af_ZA
dc.identifier.issn1995-5928 (online)
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10019.1/125466
dc.language.isoafaf_ZA
dc.publisherLitNet
dc.rights.holderAuthors retain copyright
dc.subjectBlended learningen_ZA
dc.subjectLanguage and languages -- Study and teachingen_ZA
dc.subjectEducation -- South Africa -- 21st centuryen_ZA
dc.subjectAfrikaans language -- Study and teachingen_ZA
dc.subjectAfrikaans language -- Usageen_ZA
dc.subjectEffective teachingen_ZA
dc.subjectInterdisciplinary approach in teachingen_ZA
dc.subjectProject method in teachingen_ZA
dc.subjectLanguage teachersen_ZA
dc.subjectSAMR modelen_ZA
dc.subjectHigh schools -- Curricula -- South Africaen_ZA
dc.titleVermengde leer in die Afrikaans huistaalklaskamer : onderrigbenaderings en leertegnologie in harmonieaf_ZA
dc.typeArticleen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
taylor_vermengde_2021.pdf
Size:
4.2 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Download article
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: