Die skending van die menswaardigheid van ouer bruin staatspensioenarisse

Date
2017
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
LitNet
Abstract
In hierdie bydrae word die sosio-ekonomiese situasie van bruin ouer persone teologies-pastoraal vertolk om te probeer vasstel of hierdie situasie hul menswaardigheid skend. Vir hierdie doel is ’n teologiese teorie van menswaardigheid benut. Die konsep van menseregte wat in diens staan van die beskerming van menswaardigheid word aangewend om die skending van menswaardigheid te bepaal. Die navorsing vir hierdie bydrae is deur middel van die fokusgroepmetodologie gedoen. In ’n bespreking van kern sosio-ekonomiese temas is bevind dat die menswaardigheid van hierdie groep ouer persone oor hulle hele lewensduur geskend is en steeds word. ’n Teologies-pastorale sorgstrategie word voorgestel om hierdie ouer persone in die bevestiging van hul menswaardigheid te bedien. Die teoretiese raamwerk waarbinne hierdie navorsing geskied, is die unieke teologiese konsep van eskatologie, wat nie net dui op die eindtyd nie, maar ook ’n aanduiding is van die essensie van die nuwe wese van mense in Christus.
This article endeavours to use empirical investigation in interpreting the socio-economic situation of coloured state pensioners to determine whether their human dignity is violated by their socio-economic situation. These older people are members of the Redeemed African Methodist Church. The relevance and importance of this article lies in demonstrating that the quality of life and the well-being of people are existentially determined by the extent to which their human dignity is acknowledged. The main purpose of the article is to present a theological-pastoral care strategy to assist them in the affirmation of their dignity when it is violated by their socio-economic situation.
Description
CITATION: Carnow, J. J. & Thesnaar, C. H. 2017. Die skending van die menswaardigheid van ouer bruin staatspensioenarisse. LitNet Akademies, 14(3):489-513.
The original publication is available at https://www.litnet.co.za
Keywords
Older people -- South Africa, Dignity -- Religious aspects, Human rights, Civil service pensioners -- South Africa, Colored people (South Africa)
Citation
Carnow, J. J. & Thesnaar, C. H. 2017. Die skending van die menswaardigheid van ouer bruin staatspensioenarisse. LitNet Akademies, 14(3):489-513.