Measuring enrolment and support for children with disabilities at the school level
Date
2023-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: The overall purpose of this dissertation was to critically assess how disability inclusion in schools is and should be measured in South Africa and to develop and report on new measures of disability inclusion. Measurement of school-reported enrolment of learners with disabilities and inputs, processes and enablers of disability-inclusion in mainstream (ordinary) schools is considered. Despite the development of inclusive education policy in post-apartheid South Africa, implementation of disability inclusion in mainstream schools has been poorly documented and disability-related educational inequalities have persisted. Very few quantitative studies have addressed teacher training for inclusion, physical accessibility of schools, accessibility of learning materials or availability of disability support structures in mainstream schools in low- and middle-income countries (LMICs). This study develops new indicators of these aspects of disability inclusion and employs them in a nationally-representative school survey. A comprehensive analysis of school-reported enrolment of learners with disabilities was conducted to determine the reliability of disability-disaggregated enrolment data. The analysis demonstrates that school-level data on enrolment of learners with disabilities collected in annual surveys was inconsistent over time and incomplete and produce estimates that are much lower than rates of disability prevalence among learners estimated from household surveys. School reporting has, however, become more complete following the introduction of a learner-level Education Management Information System (EMIS). This study demonstrates that ordinary schools in South Africa have no financial incentive to enrol or report the presence of learners with disabilities. The importance of question wording when eliciting data on disability status has been demonstrated by previous research. This study demonstrates that the disability questions used in the EMIS in South Africa are not aligned with current education policy nor with the biopsychosocial model of disability. It recommends that the questions on disability status in EMIS are aligned with those used in the screening and identification processes used in schools since 2014. Multivariate analysis was used to show that schools in wealthier areas of South Africa are more likely to report enrolment of learners with disabilities than schools in more deprived areas. This suggests that schools in less wealthy areas experience greater difficulty identifying or reporting learner’ disability status. This has resulted in skewed reporting of disability-disaggregated enrolment by school wealth quintile. New (or improved) indicators of disability inclusion were developed and added to the School Monitoring Survey (SMS) 2017 (a nationally-representative sample of approximately 2,000 schools). The analysis was supplemented by a qualitative follow-up study examining ease of use of the teacher questionnaire. The improved indicators provide more comprehensive evidence on the proportion of schools that are physically accessible, have disability support structures in place, and where teachers have received training in inclusive education. These factors are critical in enabling ordinary schools to provide reasonable accommodation of learners’ individual needs. This study uses multivariate analysis to show that prior training is associated with improved teacher confidence in addressing learning barriers. This is the first study to use multivariate analysis of the SMS in relation to disability-inclusion. This study provides the first set of comparable nationally-representative data on disability inclusion at two time points. It shows that some progress has been made over time but that substantial provincial inequality across several indicators of disability inclusion remains. The performance of full-service schools is compared to that of ordinary schools in SMS 2017. A large, fairly-representative sample of full-service schools is shown to perform better than ordinary schools in various aspects of disability inclusion, but still fall short of the expectations in current guidelines. This study results in a much more comprehensive depiction of disability inclusion in ordinary schools than has been achieved by previous studies. It adds substantially to the body of evidence on operationalising the biopsychosocial model of disability in school indicators in middle-income countries.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die oorkoepelende doel van hierdie proefskrif was om vas te stel hoe inklusiwiteit rakende gestremdheid in skole in Suid-Afrika gemeet word en gemeet behoort te word en om nuwe maatstawwe van inklusiwiteit daar te stel en daaroor verslag te doen. Aandag word gegee aan die meting van inskrywings van leerders met gestremdhede soos deur skole gerapporteer en insette, prosesse en faktore wat inklusiwiteit vir gestremdes in hoofstroom (gewone) skole versterk. Ten spyte van die ontwikkeling van ʼn inklusiewe onderwysbeleid in Suid-Afrika sedert 2001, is die vordering met gestremdheidsinklusiwiteit swak gedokumenteer en duur ongelykheid rakende onderwys vir gestremdes voort. Min kwantitatiewe studies in lae- en middel-inkomste-lande het tot dusver aandag gegee aan die opleiding van onderwysers vir inklusiwiteit, fisiese toeganklikheid van skole, toegang tot leermateriaal of die bestaan van strukture ter steun van gestremde leerders. Hierdie studie ontwikkel nuwe indikatore van hierdie aspekte van gestremdheidsinklusiwiteit en pas dit dan toe op ʼn nasionaal-verteenwoordigende skool-opname. ʼn Omvattende analise van inskrywing van leerders met gestremdhede soos deur skole gerapporteer is uitgevoer om vas te stel hoe betroubaar sulke inskrywingsdata volgens gestremdheid is. Die analise toon dat skoolvlak data oor inskrywings van leerders met gestremdhede in jaarlikse skoolopnames onvolledig is en inkonsekwent is oor jare heen. Dit lewer ramings wat baie laer is as die voorkoms van gestremdheid aangedui in huishoudingsopnames. Skole se verslagdoening het egter meer volledig geraak sedert die Onderwys-Bestuur- en Inligtingstelsel (EMIS) leerdervlak-data begin gebruik het. Die studie demonstreer dat gewone skole in Suid-Afrika min finansiele aansporings het om leerders met gestremdhede in te skryf of oor hulle verslag te doen. Vorige navorsing het reeds aangetoon hoe belangrik die bewoording van vrae is wanneer data oor gestremdheidstatus ingesamel word. Hierdie studie wys dat die vrae oor gestremdheid wat in die Onderwys-Bestuur- en Inligtingstelsel (EMIS) gebruik word nie in lyn is met huidige onderwysbeleid of met die bio-psigo-sosiale-model van gestremdheid nie. Die studie beveel aan dat vrae oor gestremdheidstatus in EMIS in lyn gebring word met die siftings- en identifikasieprosesse wat sedert 2014 in skole gebruik word. Meervoudige analise word gebruik om te toon dat meer welvarende skole in Suid-Afrika meer geneig is om inskrywings van leerders met gestremdhede te rapporteer. Dit mag daarop dui dat skole in minder welvarende gebiede groter probleme het met die identifisering van of die rapportering van leerders met gestremdhede. Dit lei tot skewe rapportering oor die verskillende skoolkwintiele van inskrywingsdata volgens gestremdheidskategorie. Nuwe (of verbeterde) indikatore van gestremdheidsinklusiwiteit is ontwikkel en ingesluit by die Skoolmoniteringsopname (“School Monitoring Survey (SMS)”), ʼn landwyd-verteenwoordigende steekproef van 2 000 skole. Dit is aangevul met ʼn kwalitatiewe opvolgstudie om te toets hoe geredelik onderwysers die skoolvraelys gebruik. Ontleding van hierdie indikatore verskaf nuwe getuienis oor die persentasie van skole wat fisies toeganklik is, wat ondersteuningsmaatreels vir gestremdheid in plek het en wie se onderwysers opleiding in inklusiewe onderwys ondergaan het. Hierdie faktore is uiters belangrik om gewone skole in staat te stel om redelike akkommodering van leerders se individuele behoeftes te verskaf. Die studie gebruik verder meervoudige regressie om te toon dat vroeere opleiding van onderwysers hulle vertroue verhoog om leer-hindernisse van gestremdes aan te spreek. Hierdie studie is die eerste meervoudige veranderlike-analise van die SMS-data rakende inklusiwiteit van gestremdes en ook die eerste wat nasionaalverteenwoordigende data oor gestremdheidsinklusiwiteit vir twee verskillende jare vergelyk. Die vergelyking toon beperkte vordering, maar dat beduidende provinsiale ongelykheid steeds bestaan rakende verskeie indikatore van gestremdheidsinklusiwiteit. Die vertoning van voldiens-skole word vergelyk met die van gewone skole in die 2017 SMS-opname. Daar word getoon dat ʼn nie-ewekansige maar tog beduidend groot en redelik verteenwoordigende steekproef van voldiens-skole beter as gewone skole vaar rakende verskeie aspekte van gestremdheidsinklusiwiteit, maar tog heelwat benede die verwagtinge vervat in die huidige riglyne. Die studie bied ʼn meer volledige beeld van inklusiwiteit van gestremdes in gewone skole as wat tot dusver beskikbaar was. Daardeur dra dit by tot getuienis om skool-indikatore te operasionaliseer vir die bio-psigo-sosiale-model van gestremdheid in middel-inkomste lande.

Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2023.