Die impak van revisie op vertaalde eksamenvraestelle in 'n hoeronderwysomgewing

dc.contributor.authorVan Rensburg, Altaen_ZA
dc.date.accessioned2013-07-03T08:19:43Z
dc.date.available2013-07-03T08:19:43Z
dc.date.issued2012-08
dc.descriptionCITATION: Van Rensburg, A. 2012. Die impak van revisie op vertaalde eksamenvraestelle in 'n hoeronderwysomgewing. LitNet Akademies, 9(2):392-412.
dc.descriptionThe original publication is available at http://www.litnet.co.za
dc.description.abstractDie onakkurate vertaling van eksamenvraestelle in ’n hoëronderwysomgewing kan studentesukses benadeel, byvoorbeeld as die vertaling dubbelsinnig is of as onbekende terminologie gebruik word. Een van die metodes om vertalings van hoë gehalte te verseker, is om die konsepvertaling wat deur ’n eerste vertaler geskep is deur ’n tweede vertaler te laat nagaan. Hierdie prosedure word revisie genoem en die doel daarvan is om moontlike foute uit te skakel en die gehalte van die konsepvertaling te verbeter. Empiriese studies (Arthern 1983; Künzli 2006 en 2007) toon egter dat die tweede vertaler (reviseur) nie net soms van die eerste vertaler se foute oorsien nie, maar nuwe foute maak en selfs die gehalte van die vertaling kan verlaag. Die tweeledige doel van die loodsstudie wat in hierdie artikel beskryf word, is om te bepaal watter impak revisie op die gehalte van vertaalde eksamenvraestelle in ’n hoëronderwysomgewing het en om die kostedoeltreffendheid van revisie te bepaal. Twee konsepvertalings is deur vier reviseurs nagegaan met die opdrag om enige foute uit te skakel en die gehalte van die konsepvertalings te verbeter. Hierdie “verbeterde” weergawes en die konsepvertalings (sonder revisie) is aan drie evalueerders gestuur. Die evalueerders het die vertalings geëvalueer met behulp van ’n assesseringsinstrument (Colina 2009) wat op grond van die funksionalistiese vertaalbenadering (Nord 1997, 2002 en 2005) ontwikkel is. Die resultate toon dat revisie ’n groter impak op ’n swak konsepvertaling as op ’n goeie konsepvertaling het, maar dat ’n ervare reviseur nie noodwendig ’n beter vertaalproduk lewer as ’n onervare reviseur nie. Dit is ook duidelik dat revisie nie altyd kostedoeltreffend is nie, aangesien reviseurs tyd aan revisie afstaan, selfs al verbeter dit geensins die gehalte van die vertalings nie. Die artikel bevestig die behoefte aan duideliker riglyne vir revisie, asook verdere navorsing oor verskillende revisiemetodes.
dc.description.abstractThe inaccurate translation of examination papers in a higher education environment can have a detrimental effect on student success, for example if the translation is ambiguous or if incorrect terminology is used. One method of ensuring high-quality translations is to have the draft translation created by a first translator checked by a second translator. This process is known as revision and its aim is to eliminate possible errors and to improve the quality of the draft translation.
dc.description.versionPublisher's version
dc.format.extent21 pages
dc.identifier.citationVan Rensburg, A. 2012. Die impak van revisie op vertaalde eksamenvraestelle in 'n hoeronderwysomgewing. LitNet Akademies, 9(2):392-412.
dc.identifier.issn1995-5928 (online)
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10019.1/82586
dc.language.isoaf
dc.publisherLitNet Akademies
dc.rights.holderAuthor retains copyright
dc.subjectTranslating and interpretingen_ZA
dc.subjectExaminations -- Questionsen_ZA
dc.subjectRevisionen_ZA
dc.titleDie impak van revisie op vertaalde eksamenvraestelle in 'n hoeronderwysomgewingaf_ZA
dc.title.alternativeThe impact of revision on translated examination papers in a higher education environmenten_ZA
dc.typeArticle
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
vanrensburg_impak_2012.pdf
Size:
214.07 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Download article