Die Kavango-gebied : hulpbronne, bevolking en ontwikkeling

Date
1991
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
Against the background of an arid and almost uncultivated Namibia with the only perennial rivers on the borders and a national economy which is mainly dependent on extensive stock-farming, the Kavango region is well endowed with an annual rainfall of 500 - 600 mm and access to the mighty Kavango River with its yearly average run-off of 10,5 Mm3 - more or less eight times more than the internal run-off of Namibia. The region also offers the best cropping potential and definite possibilities for forestry, aquaculture and tourism. The aim of the study is two fold: Firstly the natural resources of the Kavango region are conceptualised in a regional study and, secondly, the proposals formulated over the past 130 years for its development, are critically evaluated. Few of the past development proposals have been realised. The utilisation of the Kavango region's natural resources is restricted by certain inherent physical limitations which are reflected in a overpopulated zone along the south bank of the river and a quarantine barrier known as the Red Line further towards the south. The limitations are accompanied by socio-economic problems following from communal land ownership, a poor infrastructure and a shortage of capital for development purposes. The local inhabitants were never involved in the formulation of planning proposals and development was aimed at replacing their subsistence economy with a commercial system, instead of first changing the traditional perceptions of the community and then identifying development possibilities in the subsistence economy. The irrigation potential of the Kavango River, moreover, was always overestimated and overemphasized. The conclusion of the study is that a new approach towards planning for the Kavango region is essential. The study emphasizes not so much what is to be done but how it could be done. As an informed scientific spokesman of a region and its inhabitants, the regional geographer can play a significant role in formulating these new procedures.
AFRIKAANSE OPSOMMING: In die droë en byna akkerboulose Namibië waar die enigste standhoudende riviere langs die grense voorkom en die nasionale ekonomie swaar op inkomste uit ekstensiewe veeboerdery rus, beskik die Kavango-gebied van die noordooste oor 'n semi-ariede neerslag van 500 - 600 mm per jaar en die magtige stroom van die Kavango-rivier met 'n jaargemiddelde afloop van 10,5 Mm3 - ongeveer agt keer groter as die totale binnelandse afloop van Namibië. Die gebied is ook bedeeld met die land se beste, sy dit dan ekstensiewe, akkerboupotensiaal en besliste moontlikhede vir bosbou, visboerdery en toerisme. Die doel van die studie is tweërlei: Eerstens word die natuurlike hulpbronne van die Kavangogebied konseptueel in 'n gebiedstudie vertolk en tweedens word die ontwikkelingsvoorstelle wat oor die afgelope 130 jaar vir die gebied geformuleer is, krities nagegaan. Min van die ontwikkelingsvoorstelle van die verlede bet gerealiseer omdat die benutting van die Kavango-gebied se natuurlike hulpbronne deur sekere inherente fisiese tekortkominge aan bande gelê word, beperkinge wat hulself in 'n oormatige konsentrasie van bevolking langs die rivieroewer en 'n kwarantyngrens bekend as die Rooilyn, weerspieël. Daarby kom ook die sosio-ekonomiese probleme wat saamhang met 'n kommunale grondbesitstelsel, 'n gebrekkige infrastruktuur en 'n tekort aan ontwikkelingspotensiaal. Die plaaslike bevolking is nooit selfstandiglik in die formulering van voorstelle betrek nie en die doel was deurgaans om hul bestaansekonomie in die geheel met 'n kommersiële stelsel te vervang in plaas van om eers die tradisionele persepsies te verander en daarna groeipunte in die bestaansekonomie uit te soek. Daar was dus ook oormatige geloof in die besproeiingspotensiaal van die Kavango-rivier. Die studie vind dat 'n nuwe benadering vir beplanning in die Kavango-gebied nodig is en beskryf nie soseer wat nie maar hoe dit aangepak behoort te word. As 'n goed-ingeligte wetenskaplike segsman van 'n gebied en sy inwoners, kan die gebiedsgeograaf 'n waardevolle rol in die formulering van hierdie nuwe prosedures speel.
Description
Tesis (M.A.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1991.
Keywords
Natural resources -- Namibia -- Kavango River Region, Regional planning -- Namibia -- Kavango River Region, Kavango River Region (Namibia), Dissertations -- Geography
Citation
Collections