HIV and AIDS within the primary health care delivery system in Zimbabwe : a quest for a spiritual and pastoral approach to healing
Date
2013-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This qualitatively oriented Practical Theological research journey, informed by the philosophical ideas of postmodern, contextual, participatory and feminist theologies, postmodern and social construction epistemologies was based on a participatory action research through the therapeutic lens of narrative inquiry. The thesis is about the spiritual problems and spiritual needs of people living with HIV and AIDS and how they can be addressed as part of a holistic approach to their care within the primary healthcare delivery system in Zimbabwe. The research curiosity was prompted by the HIV and AIDS policy in Zimbabwe that advocates for a holistic approach to the care of HIV and AIDS patients within the primary health care delivery system. The recognition that healthcare has to be holistic for the best outcome for patients creates an expectation that spiritual care will also be incorporated into clinical practice. However there is a puzzling blind spot and a strange silence about the spiritual problems and spiritual needs of people living with HIV and AIDS within the HIV and AIDS policy. This has had the effects of reducing intervention programmes to purely medical, psychological and sociological. This research sought to correct such an approach by highlighting the role of spiritual care in the healing process of people living with HIV and AIDS as part of the holistic approach to their care.
The core information, on which this research is based, comes from the experiences of people living with HIV and AIDS who are receiving care within the primary health care delivery system in Zimbabwe. It sweeps away statistics and places those questing for spiritual healing at the core of the study. All the participants in the study affirmed that the why me questions as a summation of their indescribable and unimaginable spiritual pain felt in the spirit were directed to God. They confirmed that their spiritual problem was spiritual pain and their spiritual need therefore was spiritual healing from the spiritual pain of which God is believed to be the healer. The belief that God is the ultimate healer of the spiritual pain stood out from the midst of problem saturated narratives of spiritual pain and suffering as the unique outcome to reconstruct the alternative problem free stories of healing. The research opted for an approach that is informed by the experiences of people living with HIV and AIDS. In the light of the stories shared by the participants in this study, it became evident that there is an existing need within the Primary Health Care delivery system in Zimbabwe to provide spiritual care to people living with HIV and AIDS. The research aimed at co-creating a spiritual care approach in which those living with HIV and AIDS as well as those working with them can be empowered to re-author the stories of patients‟ lives around their self preferred images.
The narrative approach was explored in this research as a possible therapeutic approach that could be used to journey pastorally with people living with HIV and AIDS in a non-controlling, non-blaming, non-directive and not knowing guiding manner that would permit the people living with HIV and AIDS to use their own spiritual resources in a way that can bring spiritual healing to their troubled spirits. The research also emphasizes the position of the people living with HIV and AIDS which they can inhabit and lay claim to the many possibilities of their own lives that lie beyond the expertise of the pastoral caregiver. The strong suggestion emerging from this study is that a spiritual care approach to healing must of necessity be integrated into the holistic approach to the care of people living with HIV and AIDS in Zimbabwe. The wish of participants that their spiritual well-being be considered in their health care adds momentum to this suggestion. Hence the research argues for the inclusion of a spiritual and pastoral approach to spiritual healing which links the patient‟s spirituality and pastoral care. The research does not claim to have the solutions or quick fix miracle to the complicated spiritual pain of people living with HIV and AIDS and neither claims to have the power to bring any neat conclusions to the spiritual healing of people living with HIV and AIDS. However, the research has the potential to stimulate a new story of spirituality as a vital resource in the healing process of people living with HIV and AIDS and ignoring it may defeat the purpose of a holistic approach to the care of people living with HIV. The re-authoring of alternative stories is an ongoing process but like in all journeys, there are landmarks that indicate achievements, places of transfer or starting new directions or turning around. Hence this research process may be regarded as a landmark that indicated a new direction in the participants‟ journey towards spiritual healing.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie kwalitatief-georiënteerde Praktiese Teologie navorsingsreis, geïnformeer deur die filosofiese idees van postmoderne, kontekstuele, deelnemende en feministiese teologie, postmoderne en sosiale konstruksie epistemologie, is gebaseer op deelnemende aksie-navorsing deur die terapeutiese lens van narratiewe ondersoek. Die tesis handel oor die spirituele probleme en navorsingsbehoeftes van mense wat met MIV en vigs leef en hoe dit aangespreek kan word as deel van ʼn holistiese benadering tot hul sorg binne die primêre gesondheidsorg-diensleweringstelsel in Zimbabwe. Die navorsing-belangstelling het ontwikkel na aanleiding van die MIV en vigs beleid in Zimbabwe wat ʼn holistiese benadering tot die sorg van MIV en vigs pasiënte in die primêre gesondheidsorg-diensleweringstelsel bepleit. Die erkenning dat gesondheidsorg holisties moet wees om die beste uitkoms vir pasiënte te bied, skep ʼn verwagting dat spirituele sorg ook by kliniese praktyk ingesluit sal word. Daar is egter in die HIV en vigs beleid ʼn raaiselagtige blinde kol, ʼn vreemde stilte oor die spirituele probleme en spirituele behoeftes van mense wat met MIV en vigs leef. Die gevolg is dat intervensie-programme gereduseer word tot slegs mediese, sielkundige en sosiologiese programme. Hierdie navorsing streef om dié benadering reg te stel deur die beklemtoning van die rol van spirituele sorg in die heling-proses van mense wat met MIV en vigs leef as deel van die holistiese benadering tot hul sorg. Die kerninligting waarop hierdie navorsing gegrond is, vloei voort uit die ervarings van mense wat leef met MIV en vigs en sorg ontvang binne die primêre gesondheidsorg-diensleweringstelsel in Zimbabwe. Dit vee statistiek van die tafel af en plaas diegene wat soek na spirituele heling, in die hart van die ondersoek. Al die deelnemers aan die ondersoek het bevestig dat hul “Waarom ek?” vrae, as opsomming van hul onbeskryflike, ondenkbare geestelike pyn, aan God gerig is. Hulle het bevestig dat hul spirituele probleem spirituele pyn is, en dat hul spirituele behoefte dus spirituele genesing is van die spirituele pyn, die pyn waarvan geglo word dat God die geneser is. Die geloof dat God die opperste geneser is, het uitgestaan te midde van die probleem-deurdrenkte narratiewe van spirituele pyn en lyding as die unieke uitkoms om alternatiewe probleem-vrye verhale van heling te herkonstrueer. Die navorsing het ʼn benadering gekies wat geïnformeer is deur die ervarings van mense wat leef met MIV en vigs. In die lig van die verhale wat die deelnemers aan die studie gedeel het, het dit duidelik geword dat daar ʼn behoefte is dat spirituele sorg ook aan mense wat leef met MIV en vigs verskaf word in die primêre gesondheidsorg-diensleweringstelsel in Zimbabwe. Die doel van die navorsing was om saam ʼn spirituele sorg benadering te skep waarin diegene wat met MIV en vigs leef, sowel as diegene wat met hulle werk, bemagtig kan word om die stories van pasiënte se lewens te herskryf in terme van pasiënte se verkose beelde. Die narratiewe benadering is in hierdie studie ondersoek as ʼn moontlike terapeutiese benadering wat gebruik kan word om pastoraal te reis met mense wat leef met MIV en vigs op ʼn manier wat nie kontroleer, beskuldig, voorskryf of weet nie, maar wat mense wat met MIV en vigs leef eerder begelei en toelaat om hul eie spirituele bronne te gebruik op ʼn manier wat spirituele genesing vir hul gekwelde siele kan bring. Die navorsing beklemtoon ook die posisie van mense wat leef met MIV en vigs waarin hulle spirituele moontlikhede, areas van hul lewens kan eien en bewoon, moontlikhede wat buite die bereik van pastorale versorgers lê. Uit hierdie studie vloei ʼn sterk suggestie dat ʼn spirituele benadering tot genesing noodwendig geïntegreer moet wees in die holistiese benadering tot die sorg van mense wat leef met MIV en vigs in Zimbabwe. Deelnemers se wens dat hul spirituele behoeftes ook in hul gesondheidsorg oorweeg word, gee aan dié suggestie verdere momentum. Derhalwe argumenteer hierdie navorsing ten gunste van die insluiting van ʼn spirituele en pastorale benadering tot spirituele genesing wat die pasiënt se spiritualiteit en pastorale sorg verbind. Die studie maak nie daarop aanspraak dat dit antwoorde of ʼn wonderbare kits-oplossing bied vir die gekompliseerde spirituele pyn van mens wat leef met MIV en vigs nie, of spirituele genesing netjies afsluit nie. Die navorsing het egter wel die potensiaal om ʼn nuwe verhaal te stimuleer van spiritualiteit as ʼn deurslaggewende bron in die genesingsproses van mense wat leef met MIV en vigs. Om spiritualiteit te ignoreer, mag dalk die doel verydel van ʼn holistiese benadering tot die sorg van mense wat met MIV en vigs leef. Die herskryf van alternatiewe verhale is ʼn voortdurende proses, maar soos alle reise, is daar landmerke wat prestasies aandui, en ook punte van verplasing, rigtingverandering of selfs ommekeer. Hierdie navorsing kan beskou word as ʼn landmerk van ʼn verandering van rigting in deelnemers se reis na spirituele genesing.

Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2013.
Keywords
AIDS (Disease) -- Zimbabwe, AIDS (Disease) -- Religious aspects -- Christianity, AIDS (Disease) -- Patients -- Pastoral counseling of -- Zimbabwe, Dissertations -- Practical Theology and Missiology, Theses -- Practical Theology and Missiology, Dissertations -- Theology, Theses -- Theology