Evaluering van 'n opleidingsprogram vir vrywillige werkers betrokke by 'n gemeenskapsprojek

Date
2002-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The Department of Occupational Therapy of the University of Stellenbosch has been involved in the development of the Volcano Community Project in the Ravensmead area since 1994. A needs assessment conducted in the area has led to the indentification of the following problems: • there are no after school care services in the area; • limited opportunities for individual attention to learners because of a high learner educator ratio; • high incidence of substance abuse amongst the youth; • children loitering in the streets in the afternoon; and • a quarter of all grade one learners in the area repeat their basis year of school. In order to address the abovementioned problems it was decided to recruit unemployed youth within the community as voluntary workers. This group of volunteers received training in the execution of pre-planned developmental stimulation lessons that they then present to grade one and two learners who have problems. The volunteers undergo a training programme in order to equip them to handle the learners. This project is still in progress and it needs to be evaluated in order to gain information which would help to improve the programme as well as the management thereof. The aim of the research was to establish the impact of programme participation on the voluntary workers and that was done by looking at the following: • what the strengths of the project are; • what the weaknesses of the project are; and • which suggestions there are to improve the project. Qualitative formative evaluation research was the paradigm within which the research was executed. Interviews were conducted with the voluntary workers and the following themes/patterns emerged from the data: Strengths of the project: Turnabout in the lives of the voluntary workers; improvement of self-knowledge; development of skills; work satisfaction; and guidance by the students. Weaknesses of the project: Schools where this project is in progress and facilities available at these schools; management of the project; and the group of voluntary workers. Suggestions regarding the project: Encouragement; management; and other logistics. The researcher took each of these main themes and with the help of process/impact rubrics data was interpreted. From these rubrics factors were identified and recommendations made which may contribute to the improvement of the project for example feedback after completion of the task is very important and should be very specific for an individual. Possibilities for the broader application of findings are also suggested.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Departement Arbeidsterapie van die Universiteit van Stellenbosch, is sedert 1994 betrokke by die ontwikkeling van die Volcano gemeenskapsprojek in die Ravensmeadarea. In Behoeftebepaling in die area het gelei tot die identifisering van die volgende probleme: • geen naskoolse dienste is in die area beskikbaar nie; • beperkte geleenthede vir individuele aandag aan leerders as gevolg van 'n te hoë leerdertoedeling per onderwyser; • hoë voorkoms van substansmisbruik onder die jeug; • kinders wat in die middag in die straat rondslenter; en • In kwart van alle graad een leerders in die area herhaal hul basisjaar van skool. Daar is besluit om bogenoemde probleme aan te spreek deur werklose jeugdiges in die gemeenskap te werf as vrywillige werkers. Die groep vrywillige werkers is dan opgelei om vooraf opgestelde ontwikkelingstimulasielesse aan te bied aan graad een en twee leerders wat probleme ervaar. Die vrywillige werkers deurloop In opleidingsprogram om hulle beter toe te rus om die leerders optimaal te kan hanteer. Die program is nog lopend en evaluering is nodig ten einde inligting te verkry wat kan lei tot die verbetering van die program en die bestuur van die projek oor die algemeen. Die doel van hierdie navorsing was om die impak wat programdeelname op die vrywillige werkers het te ondersoek deur te kyk na: • wat die sterkpunte van die projek is; • wat die swakpunte van die projek is; en • watter voorstelle daar is om die program te verbeter. Kwalitatiewe formatiewe evaluasienavorsing is die paradigma wat in hierdie navorsing gebruik is om die data in te samel en te analiseer. Onderhoude is met vrywillige werkers gevoer en die volgende hooftemas het uit die data na vore gekom: Sterkpunte van die projek: Ommeswaai in vrywillige werkers se lewens; bevordering van selfkennis; ontwikkeling van vaardighede; werksbevrediging; en leiding deur die studente. Swakpunte van die projek: Skole waar die program aangebied word en die fasiliteite beskikbaar by die skole; bestuur van die projek; en die groep vrywillige werkers. Voorstelle ten opsigte van die projek: Aansporing; bestuur en ander logistieke. Die navorser het elk van hierdie hooftemas geneem en met behulp van proses/impakmatrikse is die data geïnterpreteer vir hierdie projek. Uit hierdie matrikse is faktore geïdentifiseer en aanbevelings gemaak wat mag bydra tot die verbetering van die projek, byvoorbeeld terugvoer na afloop van die uitvoering van take is belangrik en moet spesifiek en individueel gerig wees. Wyer toepassingsmoontlikhede van die bevindinge word ook voorgestel.
Description
Thesis (MPhil)--University of Stellenbosch, 2002.
Keywords
Volunteer workers in education -- Training of, Volunteer workers in community development -- Training of, Volunteer workers in social service -- Training of, Evaluation research (Social action programs) -- South Africa, Dissertations -- Education, Theses -- Education
Citation