The development of an integrated supply chain competency model
Date
2015-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Supply chain management is an important contributor to business performance, both financially and in terms of customer service. This is proven by various research reports, ranging from industry research, such as the Gartner Top 25 Supply Chains, an annual study of the world’s top supply chains, to academic research which modelled the financial impact of superior supply chain capabilities. The focus of supply chain management was traditionally on the infrastructure, processes and technology. The people side of supply chain management was overlooked and under researched. A global shortage of talent resulting in an increased focus on human capital and the development of talent contributed towards the focus. A shift in human capital management towards a competency-based approach further contributed towards competency modelling as a key instrument for developing talent. This resulted in many organisations developing competency models. Previous research over 18 months across multiple organisations resulted in a best practice framework for competency modelling. This framework was also used to develop the competency model for the world’s biggest human capital industry association. The development of competency modelling in the supply chain is in its early stages of development. This is supported by limited research on the subject and various models being developed, but all from different perspectives and with different limitations if compared to the best practice framework for competency modelling. The first objective of the research was to develop an integrated supply chain competency model by integrating various models into a single model using the principles of model development. This model was then tested through two phases of Delphi research using two different teams of experts. Once confirmed, the competency model was further enhanced by developing a competency measurement instrument. The competency model was then applied in a multi-national supply chain company using the case-study research methodology. Testing the application of a competency model across multiple companies through survey research was not practical. A sample of job incumbents was selected, who completed an on-line competency assessment. The quality of questions was analysed through discriminative analysis and all poor quality questions were deleted. The balance of the questions was used to assess the level of competency of the job incumbents. A limited contribution towards existing knowledge on supply chain competency modelling was made. The conceptual model can be further tested empirically and the first version of the on-line assessment can be improved through further testing.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Voorsieningskettingbestuur is 'n belangrike bydraer tot die maatskappy se prestasie, beide finansieel en in terme van kliëntediens. Dit is bewys deur verskeie navorsingsverslae, wat wissel van die industrie navorsing, soos die Gartner Top 25 voorsieningskettings, 'n jaarlikse studie van die wêreld se top voorsienings kettings, akademiese navorsing wat die finansiële impak van gevorderde voorsieningskettingbestuur illustreer. Die fokus van voorsienings-kettingbestuur was tradisioneel op infrastruktuur, prosesse en tegnologie. Die menslike hulpbron aspek is grootliks oor die hoof gesien en gevolglik ook nie baie nagevors nie. 'n Wêreldwye tekort aan talent en die ontwikkeling van talent, het nog 'n groter fokus geplaas op bydrae van menslike kapitaal tot suksesvolle voorsieningskettingbestuur. 'n Verskuiwing in die fokus van menslike kapitaalbestuur na 'n bevoegdheidsgebaseerde benadering het verder bygedra tot bevoegdheidsmodellering as 'n belangrike instrument vir die ontwikkeling van talent. Dit het gelei tot die ontwikkeling van baie organisasie bevoegdheidsmodelle. Vorige navorsing oor ʼn periode van 18 maande met bydraes van verskeie organisasies het die basis geskep vir die ontwikkeling van ‘n raamwerk vir die beste praktykte vir bevoegdheidsmodellering. Hierdie raamwerk is ook gebruik om die bevoegdheidsmodel vir die wêreld se grootste menslike kapitaal industrie assosiasie te ontwikkel. Die ontwikkeling van bevoegdheidsmodellering in voorsieningskettingbestuur is in die vroeë stadiums van ontwikkeling. Dit word ondersteun deur beperkte navorsing oor die onderwerp. Die modelle wat wel ontwikkel is, het verskillende uitgangspunte as basis en het verskillende beperkings indien dit vergelyk word met die beste praktyk raamwerk vir bevoegdheidsmodellering. Die eerste doelwit van die navorsing was om 'n geïntegreerde bevoegdheid model vir voorsieningskettingbestuur te ontwikkel deur die integrasie van verskeie modelle met behulp van die beginsels van modelontwikkeling. Hierdie model is getoets en bevestig deur twee fases van “Delphi” navorsing met behulp van verskillende spanne van kundiges. As ʼn tweede doelwit is die bevoegdheidsmodel verder ontwikkel met die byvoeging van 'n instrument vir die meting van bevoegdheid. As deel van die derde doelwit is die bevoegdheidsmodel in ʼn volgende fase van die navorsing toegepas in ʼn multi-nasionale maatskappy wat spesialiseer in voorsieningskettingbestuur met behulp van die gevallestudie-navorsingsmetodologie. Die toets van die toepassing van 'n bevoegdheidsmeetingsmodel oor verskeie maatskappye deur middel van opname navorsing was nie prakties nie. 'n Steekpoef van toepaslike poste en die bekleërs daarvan is gekies om 'n aanlyn bevoegdheidsassessering te voltooi. Die diskriminerende waarde van items is ontleed en alle swak gehalte vrae is verwyder. Die balans van die vrae is gebruik om die vlak van bevoegdheid van die posbekleërs te evalueer. Hoewel die struktuur van die model nie finaal bevestig kon word deur faktoranalise nie, is die betroubaarheid bevestig deur die analise van die individuele items. Hoewel die model nie ʼn finale model is nie, en verdere navorsing nodig is om dit finaal te bevestig, het dit wel ʼn bydrae gemaak tot bestaande kennis oor bevoegdheidsmodellering in voorsieningskettingbestuur.

Description
Thesis (D.Phil.)--Stellenbosch University, 2015
Keywords
Supply chain management, Human capital, Business logistics, Competency-based modelling