'n GIS ondersoek na die kultuurtoerisme-potenisaal van Mechelen, België en die rol van kulturele toerisme in stedelike hernuwing
Date
2000-03
Authors
McKechnie, Jennifer Joan
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Tourism is a global growth industry. Large cities are prominent tourist
destinations and are therefore the focus of tourism studies. Because cultural
tourism can act as a lever for the urban economy, cities are increasingly
investigating historical heritage as a resource in developing cultural tourism.
Furthermore, many opportunities for development exist as these tourism
products are characterised by adaptability, flexibility and a wide-ranging
nature.
Development of the historical heritage of tourist attractions is especially noted
in Europe. The rich historical heritage and unique cultural activities of these
cities can be used to attract visitors.
This study utilises the geographical information system (GIS) programmes
TransCAD, ArcView and ARC/INFO to investigate the cultural tourism
potential of Mechelen in Belgium. GIS is particulary well suited for spatial
analyses in tourism studies.
It was assumed that two factors - location and function - will influence the
tourism potential of historical buildings. In investigating the morphological
location of buildings, the grouping of buildings around pre-selected marker
buildings in Mechelen was considered. Functional analyses considered the
current function of historical buildings and the attractiveness of the respective
functions to tourists.
Concurrent analyses of these two factors resulted in deductions regarding the
tourism potential of the individual historical buildings. Furthermore, areas with
high development potential were identified. The identification of such areas
contributes to effective development planning and sustainable development.
By targeting development visitors are attracted which supports optimal
utilisation of tourist resources by residents. Well planned, targeted
development thus increases the contribution that cultural tourism can make
towards the urban economy.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Toerisme is 'n wêreldwye groei-industrie. Omdat groot stede die belangrikste toerisme-bestemmings is, geniet hulle baie aandag in toerisme-studies. Die historiese erfenis van stede word toenemend as hulpbron vir die ontwikkeling van kulturele toerisme ondersoek omdat dit as 'n hefboom vir die bevordering van die stedelike ekonomie kan dien. Daarbenewens is daar talle moontlikhede vir ontginning, omdat die kulturele toerisme-produk gekenmerk word deur aanpasbaarheid, buigsaamheid en 'n wyd omvattende aard. Die ontwikkeling van die historiese erfenis van toeriste-aantreklikhede word veral in Europa waargeneem. Die meeste Europese stede is ryk aan historiese erfenis en unieke kulturele aktiwiteite wat gebruik kan word om besoekers te trek. In dié studie word die geografiese inligtingstelsel (GIS) programme TransCAD, ArcView en ARC/INFO ingespan om die kulturele toerismepotensiaal van Mechelen, België, te ondersoek. GIS is besonder geskik vir die doen van ruimtelike analises in toerismestudies. Daar is van die uitgangspunt uitgegaan dat twee faktore die toerismepotensiaal van historiese geboue beïnvloed, naamlik ligging en funksie. Wat die morfologiese ligging betref, word gekyk na die groepering van historiese geboue rondom sekere vooraf geselekteerde beeldbepalergeboue. In die funksionaliteitsanalises word daar gelet op die huidige funksies van die individuele historiese geboue en die aantreklikheid van die onderskeie funksies vir toeriste. Deur gelyktydig na dié twee faktore te kyk, is afleidings gemaak oor die toerisme-potensiaal van die individuele historiese geboue. Gebiede met 'n hoë potensiaal vir ontwikkeling is geïdentifiseer. Die identifisering van gebiede wat meer gunstig vir toerisme-ontwikkeling is, dra by tot beter ,ontwikkelingsbeplanning en volhoubare ontwikkeling. Geteikende ontwikkeling maak die stad meer aantreklik vir besoekers en dra daartoe by dat die inwoners van die stad optimaal voordeel kan trek uit die besoekende toeriste. Goed beplande, geteikende ontwikkeling vergroot ook die bydrae wat kulturele toerisme in die stimulering van die stad se ekonomie kan speel.

Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2000.
Keywords
Heritage tourism -- Belgium -- Mechelen, Urban renewal -- Belgium -- Mechelen, Historic buildings -- Belgium -- Mechelen, Geographic information systems