Deliberative democratic theory in relation to private general and further education and training
Date
2022-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Quality equal education is not available to everyone in South Africa. Our country has a traumatic history that continues to have significant implications for the development and implementation of educational legislation. In addition, the perceived inadequacies of a contextualised approach to deliberative democratic engagement have resulted in poor policy development for private general and further education and training (GFET). This contributes to regulatory barriers that render it virtually impossible for private providers to contribute much needed resources where the state continues to fail.
This dissertation, which is located within the discipline of education policy studies, provides a historical evaluation of education legislation enacted within the Southern African education sector. An evaluation of deliberative democratic engagement concerning private GFET required a critical educational theory approach. In addition, a qualitative evaluation of relevant literature, policies, regulations, Acts, and reports, was employed. The dissertation reviewed the theory that emerges from this literature in relation to a contextualisation of deliberative democracy for South Africa. This included a measure of critical realism required by deliberative democracy to acknowledge the historical injustices within the education sector. Unless we undertake this task, we may repeat aspects of past injustices. To begin with, the dissertation provides a historical overview of the successive sets of policy implementation that have negatively impacted upon the development of an equitable, quality, basic education system in South Africa. This overview provides an account of an education system that has a history of inequality, discrimination, neglect, and inferiority, that will take years to overcome. Two distinct historical periods that shaped our education sector are discussed. Firstly, the discussion includes a review of the colonial and apartheid eras. During this period education and religion were used to socially engineer a segregated, unequal society, based on race, gender and language. The dissertation argues that education was used as a tool for disenfranchisement. Secondly, the discussion provides a review of post-apartheid educational policies and legislation that continue to propagate the cycle of discrimination and inequality within the education sector. The dissertation then facilitates a critical engagement with the theory of deliberative democracy in relation to the pervasive problems with policy development and implementation in the private GFET sector in contemporary South Africa. Having conducted this critical conversation it is argued that to address the inadequacies in policy formation and implementation in contemporary GFET in South Africa, a contextually appropriate form of deliberative democracy is required that considers the complexity of our history and embraces the rich cultural diversity that makes South Africa unique. The dissertation presents the recommendations for a form of deliberative democracy that embraces the principles of ubuntu and encourages communities of care that are built on mutual trust. The recommendations include the need for a politics of reconciliation and unhindered communicative freedom for the achievement of liberty rights within the South African focus on communal identity. The study offers two unique and novel contributions to the field of educational policy studies. Firstly, it offers proposals for an amended approach to deliberative democracy for the South African context that focuses on the impact of policy studies in private GFET. Secondly, this study offers a thorough critical reflection on the ways in which policy development and implementation in the South African GFET sector were shaped and misshaped by political ideology and social actors (such as religious movements during the colonial era, politicians, political movements, and unions in the democratic era).
This research adds a further necessary contribution towards research that seeks to understand the complexity of policy development and implementation within the private GFET. While it is not possible for a single dissertation to solve such a complex problem, it does offer some novel and unique insights that help us to understand the challenges we face, while offering some constructive proposals for how we can move forward.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Gelyke onderwys van gehalte is nie vir almal in Suid-Afrika beskikbaar nie. Ons land het 'n traumatiese geskiedenis wat steeds beduidende gevolge vir die ontwikkeling en toepassing van opvoedkundige wetgewing het. Daarbenewens het die oenskynlike tekortkominge van 'n konteksgebonde benadering tot doelbewuste demokratiese betrokkenheid gelei tot swak beleidsontwikkeling vir private algemene en verdere onderwys en opleiding (AVOO). Hierdie dra by tot regulerende hindernisse wat dit feitlik onmoontlik maak vir privaat-verskaffers om hoogs nodige hulpbronne beskikbaar te stel daar waar die staat steeds te kort skiet. Hierdie verhandeling, gelee binne die dissipline van opvoedingsbeleidstudies, gee ’n historiese ontleding van opvoedkundige wetgewing wat binne die Suid-Afrikaanse onderwys-sektor toegepas is. ’n Ontleding van doelbewuste demokratiese betrokkenheid in verband met private AVOO het 'n kritiese opvoedingsteorie-benadering vereis. Voorts is ’n kwalitatiewe ontleding van tersaaklike literatuur, beleid, regulasies, wette, en verslae gedoen. Die verhandeling het die teorie ondersoek wat uit hierdie literatuur gespruit het rakende die vorming van ’n konteks vir doelbewuste demokrasie vir Suid-Afrika. Hierdie het ’n mate van kritiese realisme ingesluit wat deur doelbewuste demokrasie vereis word om die historiese ongeregtighede binne die onderwyssektor te erken. Indien ons nie hierdie taak onderneem nie, bestaan die moontlikheid dat ons aspekte van die ongeregtighede van die verlede kan herhaal. Om mee te begin, die verhandeling gee ’n historiese oorsig van die negatiewe uitwerking wat die toepassing van 'n reeks opeenvolgende beleide op die ontwikkeling van ’n gelyke, gehalte, basiese onderwysstelsel in Suid-Afrika gehad het. Hierdie oorsig gee ’n uiteensetting van ’n onderwysstelsel wat ’n geskiedenis van ongelykheid, diskriminasie, verwaarlosing, en minderwaardigheid het wat jare gaan neem om oorkom te word. Twee kenmerkende historiese periodes wat ons onderwyssektor gevorm het, word bespreek. Die bespreking sluit eerstens ’n ontleding van die koloniale era en apartheidsera in. In hierdie tydperk was onderwys en godsdiens gebruik om ’n onderverdeelde, ongelyke samelewing op grond van ras, geslag, en taal te skep. Die verhandeling hou voor dat onderwys as ’n middel tot uitsluiting gebruik is. Die bespreking gee tweedens ’n oorsig van post-apartheid pvoedingsbeleid en -wetgewing wat steeds ’n kringloop van diskriminasie en ongelykheid binne die opvoedkundige sektor voortsit. Vervolgens bevorder die verhandeling ’n kritiese betrokkenheid by die teorie van doelbewuste demokrasie aangaande die omvattende probleme in die private AVOO sektor rakende beleidsontwikkeling en -implementering. Ná die uitvoering van hierdie kritiese gesprek word die argument gevoer dat, om die tekortkominge in beleidsvorming en -implementering in die hedendaagse AVOO in Suid-Afrika aan te spreek, ’n konteksgepaste vorm van doelbewuste demokrasie nodig is om die kompleksiteit van ons geskiedenis in ag te neem en die ryk kulturele verskeidenheid wat Suid-Afrika uniek maak, te verwelkom. Die verhandeling stel onder andere ’n vorm van doelbewuste demokrasie voor wat die beginsels van ubuntu insluit sowel as om omgee-gemeenskappe aan te moedig wat op onderlinge vertroue gebou word. Die aanbevelings sluit die behoefte in vir ’n politiek van versoening en ongehinderde kommunikasie-vryheid vir die verwesenliking van vryheidsregte binne die Suid-Afrikaanse fokus op gemeenskaplike identiteit. Die studie lewer twee unieke en nuwe bydraes tot die gebied van opvoedingsbeleidstudies. Eerstens stel dit ’n aangepaste benadering tot doelbewuste demokrasie voor vir die Suid-Afrikaanse konteks wat fokus op die uitwerking van beleidstudies in private AVOO. Tweedens, bied hierdie studie ’n deeglike oordenking aan oor die wyses waarop beleidsontwikkeling en -implementering in die Suid-Afrikaanse AVOO-sektor gevorm en misvorm is deur politieke ideologie en sosiale rolspelers (soos godsdienstige bewegings tydens die koloniale era, politikusse, politieke bewegings, en unies in die demokratiese era). Hierdie navorsing lewer ’n verdere en noodsaaklike bydrae tot navorsing wat daarna streef om die kompleksiteit van beleidsontwikkeling en -implementering binne die private AVOO te verstaan. Hoewel dit nie moontlik is vir ’n enkele verhandeling om so ’n komplekse probleem op te los nie, bied dit wel ’n paar nuwe en unieke insigte aan wat ons help om die uitdagings te verstaan wat ons in die gesig staar, terwyl dit enkele opbouende voorstelle vir die pad vorentoe maak.

Description
Thesis (DEd)--Stellenbosch University, 2023.