Tropical forest fragmentation : a global review and African insights
Date
2023-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: As biodiversity loss and ecosystem degradation continue to intensify, addressing the challenges created by humans' impact on nature is the zeitgeist, at the forefront of global political conferences and popular culture. One of the most concerning impacts is the fragmentation, and subsequent degradation and habitat loss, of tropical forests; the breaking up of large continuous forest into a mosaic of patches separated by human-modified land. This has been driven by activities including agriculture, logging, and urbanisation, and is having major impacts on biodiversity and people. Tropical forests host an extraordinary array of biodiversity and are vital to a safe, stable, and functioning planet. These forests are complex social-ecological systems with context-specific patterns of behaviour. This means that to explore sustainable and just ways of addressing tropical forest fragmentation, place-based understandings that incorporate local knowledge must be a priority in research. However, there is a lack of research on African tropical forests led or informed by African expertise. This thesis aims to explore tropical forest fragmentation through a qualitative research lens and ways to address the phenomenon from an African perspective. In doing so it aims to offer narrative insight and human experience to better understand the social-ecological interactions that occur to drive fragmentation in African tropical forests, the impacts, and what experts with local knowledge and experience believe are the most effective ways to address the phenomenon. This thesis is grounded in a literature review that aims to synthesise existing understandings of tropical forest fragmentation to provide an informed foundation from which to ask what possible, effective, inclusive and equitable solutions to this challenge might be. The literature review offers a largely ecological perspective and understanding of tropical forest fragmentation. Building from this, the empirical study was based on a set of semi-structured interviews that aimed to shed light on unique, individual stories and experiences of tropical forest fragmentation in Africa. Eight biodiversity experts from a range of African tropical countries were identified and interviewed online. The experts discussed drivers, impacts, and, most critically, solutions. The solutions discussed were coded into (1) protection, (2) mitigation, and (3) restoration. Protection, specifically of protected areas, was outlined as the most effective way to address fragmentation, the “last hope” in preserving intact tropical forests. However, the experts emphasised that often protected areas are harmful to local communities and to achieve long-term success, both in terms of reducing drivers of fragmentation and promoting human well-being, communities must be involved throughout the decision-making and implementation process. Importantly, the results offered an important perspective, that socio-political context, in this case dysfunctional political systems and population growth intertwined with poverty, is central to this conversation. That context both defines and underpins the dynamics of tropical forest fragmentation and thus the effective implementation of solutions. For these eight biodiversity experts, it seemed that although biodiversity by definition pertains to the variety of biological life, preventing fragmentation and protecting tropical forests is very much a social-ecological challenge that cannot be addressed without examining the current extractive and unequal status quo driving human societies.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Namate biodiversiteitsverlies en ekosisteemdegradasie vererger, is die soeke na oplossings vir die uitdagings verbonde aan menslike impak op die natuur van kernbelang en op die voorgrond by internasionale politieke konferensies en in die populere kultuur. Een van die kommerwekkendste impakte is die fragmentasie, en gevolglike degradasie, van tropiese woude. Groot aaneenlopende stukke woud word opgebreek in ’n klomp klein lappe, met stroke grond tussenin wat deur mense aangepas is. Die dryfveer agter die verskynsel is aktiwiteite soos landbou, houtkappery en verstedeliking, wat biodiversiteit en mense ingrypend beinvloed. Tropiese woude is die tuiste van ’n buitengewoon wye verskeidenheid biodiversiteit en is noodsaaklik vir ’n veilige, stabiele en werkende planeet. Hierdie woude is komplekse sosiaal-ekologiese stelsels met konteksspesifieke gedragspatrone. Gevolglik is plekgebaseerde insigte, wat op plaaslike kennis berus, ’n prioriteit in navorsing oor volhoubare, regverdige maniere om die fragmentasieverskynsel die hoof te bied. Nietemin is daar ’n tekort aan navorsing oor tropiese woude in Afrika. Hierdie tesis ondersoek die fragmentasie van tropiese woude met behulp van kwalitatiewe navorsing, en soek na maniere om dit uit ’n Afrika-oogpunt te hanteer. Die doel is om aan die hand van menslike narratiewe en ervaring ’n beter begrip te vorm van die sosiaal-ekologiese interaksies wat tot die fragmentasie van tropiese woude in Afrika lei, die impak daarvan, en watter metodes kenners met plaaslike insig en ervaring as die doeltreffendste beskou om die verskynsel te hanteer. Die tesis begin met ’n literatuuroorsig wat bestaande begrippe van tropiese woudfragmentasie sintetiseer om ingeligte vrae oor moontlike, doeltreffende en inklusiewe/billike oplossings vir die uitdaging te vra. Die literatuuroorsig bied hoofsaaklik ’n ekologiese siening en begrip van tropiese woudfragmentasie. Die daaropvolgende empiriese studie bestaan uit semigestruktureerde onderhoude wat probeer lig werp op unieke, individuele verhale en ervarings van tropiese woudfragmentasie in Afrika. Hiervoor is aanlyn onderhoude met agt biodiversiteitskenners uit verskillende Afrikalande gevoer. Die kenners het die dryfvere en impak van fragmentasie, maar veral ook oplossings daarvoor bespreek. Die oplossings val in die kategoriee (1) beskerming, (2) tempering, en (3) herstel. Beskerming, in die besonder beskermde gebiede, is as die doeltreffendste oplossing vir fragmentasie, en die spreekwoordelike “laaste hoop” vir die bewaring van ongerepte tropiese woude, geidentifiseer. Nogtans het die kenners beklemtoon dat beskermde gebiede dikwels skadelik is vir plaaslike gemeenskappe en vir langtermynsukses. Om die dryfvere van fragmentasie te verminder sowel as menslike welstand te bevorder, moet gemeenskappe by die besluitneming- en implementeringsproses betrek word. Die navorsingsbevindinge bied ’n belangrike vars perspektief, naamlik dat konteks – in hierdie geval die van wanfunksionerende politieke stelsels en bevolkingsgroei, tesame met armoede – ’n kerndeel uitmaak van die gesprek. Konteks is bepalend vir en grondliggend aan die dinamiek van tropiese woudfragmentasie, en dus ook die doeltreffende implementering van oplossings. Die agt biodiversiteitskenners was dit eens dat hoewel biodiversiteit uiteraard oor die verskeidenheid vorme van biologiese lewe gaan, pogings om tropiese woude te beskerm en die fragmentasie daarvan te keer in wese ’n sosiaal-ekologiese uitdaging is wat nie aangepak kan word sonder om die huidige ekstraktiewe en ongelyke status quo in menslike samelewings te ondersoek nie.

Description
Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2023.