'n Intervensieprogram vir bevordering van inkomstegenerering in 'n landelike gemeenskapsentrum

Date
2004-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Rural areas in South Africa experience extreme levels of unemployment, and therefore are in dire need for skills training. In some rural areas this training takes place in community centres. Participants are empowered to generate an income. The activities mostly take place in a group context. In such a community centre a lack of the presentation of structured skills training programmes was identified. The aim of the study is to develop a skills training programme to help rural people in starting an income-generating project in a group context by means of intervention. In the literature study the concept of community centres was discussed. The basic human needs and the needs for training were related to the concept of group work. Programme development for adult education, income-generation and interventions were described in detail. The development of creativity, empowerment, capacity building and sustainable development were briefly discussed as potential outcomes of skills training programmes for the generation of income. For the purpose of this study a case study was undertaken of existing needlework groups in the Darling Focus Community Centre. A study group of 15 members was identified. The duration of the study group's involvement in needlework training was determined. The need for skills training workshops and the study group's interest in group work were established. Although the activities of the study group take place in group context, very little evidence exist of co-operation towards the objective of income generation. A major shortcoming is the failure to pinpoint objectives in the group. Darling is a rural tourist attraction with a target market for the sale of handcrafted products. For this purpose the crafted products need to adhere to certain criteria. Despite the opportunity to market products to tourists, only the local market is being targeted. The requirements of these clients are not considered a priority in the manufacturing of products. Therefore the study group was considered a suitable case study in this research. An intervention programme was compiled and implemented in group context for the training of skills in the manufacturing, marketing and selling of products. Surveys were done by self-administered questionnaires and unstructured interviews were conducted with important role players. Workshops were presented where skills application was monitored through control lists. The application of business skills was established through a semi-structured interview. Throughout the process the researcher made observations and documented information. Surveys indicated that the duration of the group members' involvement with needlework activities were between three and eleven years. A clear need for skills training as well as interest in group work was established and addressed. Self diagnoses of needs for skills training was done during visits to trade areas. A brainstorming session was conducted to generate ideas for the manufacturing of products to be sold. The skills in making these products were demonstrated during the workshops and practised during follow-up work sessions. A basic business skill workshop was conducted. After implementation of the intervention the results of the group work were evaluated at the hand of success criteria identified from literature. This list of criteria provides a guideline for similar training programmes.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Landelike gebiede in Suid-Afrika gaan gebuk onder werkloosheid wat vaardigheidsopleiding noodsaak. Sommige plattelandse dorpe het gemeenskapsentrums wat onder meer vaardigheidsopleiding bied. Deelnemers aan die opleiding word bemagtig om 'n inkomste te kan genereer. Die aktiwiteite vind meestal in groepverband plaas. 'n Leemte, geïdentifiseer in so 'n gemeenskapsentrum, is die aanbieding van gestruktureerde vaardigheidsopleidingsprogramme in groepverband wat mense in staat stel om 'n volhoubare inkomste te genereer. Die studie het ten doel om deur intervensie 'n vaardigheidsopleidings-program te ontwikkel wat landelike mense help om 'n inkomstegenereringsprojek in groepverband te vestig. In die literatuuroorsig is die konsep van gemeenskapsentrums bespreek. Die basiese menslike behoeftes en behoeftes aan opleiding is in verband gebring met die konsep van groepwerk. Programontwikkeling vir volwassene-onderwys is uiteengesit en inkomstegenerering en –intervensies is volledig bespreek. Die ontwikkeling van kreatiwiteit, bemagtiging, kapasiteitsbou en volhoubare ontwikkeling is kortliks aangeraak as moontlike uitkomste van vaardigheidsopleidingsprogramme vir die generering van inkomste. Vir die doel van hierdie studie is 'n gevallestudie gedoen van bestaande naaldwerkgroepe gesetel in die Darling Fokus Gemeenskapsentrum. ‘n Studiegroep van 15 lede is geïdentifiseer. Die tydperk wat die studiegroep by naaldwerkopleiding betrokke is, is bepaal asook die behoefte aan vaardigheidsopleidingswerkswinkels. Verder is die studiegroep se belangstelling in groepwerk bepaal. Hoewel die aktiwiteite van die studiegroep in groepverband plaasvind, is daar min bewyse van samewerking ten einde die doel van inkomstegenerering te bereik. 'n Groot leemte is dat doelstellings nooit deur die groep gestel was nie. Darling is 'n landelike toeriste-aantreklikheid met 'n teikenmark vir die verkoop van handwerkprodukte. Hiervoor moet produkte aan sekere vereistes voldoen. Ondanks hierdie geleentheid om produkte onder toeriste te bemark, word daar slegs op die plaaslike mark gemik. Die vereistes van hierdie kliënte is nie 'n prioriteit in die vervaardiging van produkte nie. Die studiegroep is daarom as 'n geskikte geval beskou vir hierdie studie. 'n Intervensieprogram is in groepverband vir die opleiding van vaardighede in die vervaardiging, bemarking en verkope van produkte saamgestel en geïmplementeer. Opnames is gedoen deur selfgeadministreerde vraelyste en ongestruktureerde onderhoude is met belangrike rolspelers gevoer. Werkswinkels is aangebied waartydens vaardigheidstoepassing deur middel van kontrolelyste gemoniteer is. Die toepassing van besigheidsvaardighede is deur 'n semi-gestruktureerde onderhoud bepaal. Die navorser het deurentyd die waarneming gedoen en inligting gedokumenteer. Opnames het aangedui dat die groeplede tussen drie en elf jaar by die naaldwerkaktiwiteite betrokke is. 'n Duidelike behoefte aan vaardigheidsopleiding asook belangstelling in groepwerk is gevind en aangespreek. Selfdiagnose van behoeftes aan vaardigheidsopleiding is tydens besoeke aan afsetgebiede gedoen. 'n Dinkskrum is gehou om idees te genereer vir die maak van produkte om te verkoop. Die vaardighede vir die maak van hierdie produkte is deur middel van werkswinkels gedemonstreer en in opvolgende werksessies deur die studiegroep ingeoefen. 'n Besigheidsvaardigheidswerkswinkel waar basiese beginsels behandel is, is aangebied. Die resultate van groepwerk na die implementering van die intervensie is aan die hand van sukseskriteria wat uit literatuur geïdentifiseer is, geëvalueer. Hierdie stel kriteria bied 'n riglyn vir soortgelyke opleidingsprogramme.
Description
Thesis (MVerbruikerswet)--University of Stellenbosch, 2004.
Keywords
Rural development -- South Africa -- Darling, Rural women -- South Africa -- Darling, Rural development projects -- South Africa -- Darling, Theses -- Consumer science, Dissertations -- Consumer science
Citation