Views of social workers on implementation of child maltreatment prevention services in Namibia
Date
2017-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Every country plans how it will ensure the protection of children from child maltreatment and other forms of abuse. Standards such as legislation, culture and religion usually shape how society should plan and choose to protect children. These choices may have an effect on the childhood of children and may shape their future. As there is an increase of child maltreatment cases in Namibia, the researcher undertook a study of the views of social workers on the implementation of child maltreatment prevention services in Namibia
The study aimed at investigating the views of social workers in the implementation of child maltreatment prevention services. A literature review was compiled describing the policies and legislation utilised in the implementation of child maltreatment prevention services and exploring the ecological perspective and the systems theory as well as the welfare services rendered in the implementation of child maltreatment prevention services. Following this an empirical investigation was conducted which made use of qualitative research methodology and employed explorative and descriptive research designs. Purposive non-probability sampling was utilised which involved social workers at the Ministry of Gender Equality and Child Welfare. In this study twenty social workers took part as participants.
One of the most important conclusions made was that social workers experience challenges in the implementation of child maltreatment prevention services especially at primary prevention level. The main challenges were high caseloads and a shortage of social workers. The researcher made certain conclusions and recommendations with regards to the views of social workers on the implementation of child maltreatment prevention services, such as that early intervention programmes should be encouraged to foster prevention services at primary prevention level so that children do not need to go through maltreatment before it is addressed. In-service training for social workers on early intervention and prevention services should be prioritised and motivate social workers should be motivated through incentives.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Elke land beplan hoe om te verseker dat kinders teen mishandeling en ander vorme van misbruik beskerm word. Norme en standaarde soos wetgewing, kultuur en geloof dien gewoonlik as riglyne vir die samelewing wat die beplanning en keuses wat gemaak moet word ter beskerming van kinders betref. Hierdie keuses kan die kinderjare van kinders asook hul toekoms beïnvloed. Met die toename in gevalle van kindermishandeling in Namibië het die navorser ’n studie onderneem oor die siening van maatskaplike werkers ten opsigte van die implementering en uitvoering van voorkomingsmaatreëls in kindermishandeling in Namibië. Die studie het gepoog om maatskaplike werkers se siening oor die implementering van voorkomingsmaatreëls in kindermishandeling te ondersoek. ’n Literatuurstudie oor die beleid en wetgewing wat geïmplementeer word in die voorkomingsdienste van kindermishandeling, is saamgestel. Voorts is die ekologiese perspektief en sisteemteorie asook die maatskaplike dienste wat met die implementering van voorkomingsmaatreëls met kindermishandeling toegepas word, bekyk. Hierna is ’n empiriese ondersoek gedoen wat gebruik gemaak het van die kwalitatiewe navorsingsmetodologie en waarvoor die verkennende en beskrywende navoringsontwerp aangewend is. ’n Nie-waarskynlike doelbewuste proefneming is gebruik en maatskaplike werkers van die Ministerie van Geslagsgelykheid en Kinderwelsyn (Gender Equality and Child Welfare) is betrek. Twintig maatskaplike werkers het aan die navorsing deelgeneem. Daar is bevind dat maatskaplike werkers verskeie uitdagings met die implementering van die voorkomingsmaatreëls met betrekking tot kindermishandeling, veral op primêre voorkomingsvlak, ervaar. Die navorser het tot sekere gevolgtrekkings gekom en het verskeie aanbevelings gemaak ten opsigte van die siening van maatskaplike werkers oor die implementering van voorkomingsmaatreëls met kindermishandeling. Aanbevelings behels onder andere dat vroeë intervensieprogramme aangemoedig moet word om voorkomingsmaatreëls op die primêre vlak aan te bied en om te voorkom dat kinders eers mishandel word voor die mishandeling aangespreek word. Indiensopleiding vir maatskaplike werkers oor vroeë intervensie en voorkomende dienslewering moet voorkeur kry en maatskaplike werkers moet gemotiveer word deur aansporingsbonusse.

Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2017.
Keywords
Child maltreatment -- Prevention -- Namibia, Child abuse -- Prevention -- Namibia, Social workers -- In-service training, Social workers -- Professional ethics, Abused children -- Preventive health services for children -- Nambia, UCTD