Kurrikulumontwikkeling vir volhoubare sportbestuuropleiding in Suid-Afrika
Date
2003-03
Authors
De Villiers, D. B.
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The sporting environment in South Africa started changing drastically when professional sport increasingly became a reality after years of sporting isolation. As a result of these changes new career opportunities opened up because
professionals were required to manage professional sport. These new professional
sporting organisations are modelled on economically active businesses that require
managers at all levels. Training institutions soon started offering programmes to
train these so-called sports managers. Although there are specialists working in the
sporting environment, the generic term "sports manager" is used to identify these
individuals. The appropriate and sustainable training of sports managers forms the
nucleus of the research in this study.
Training programmes for sports managers are mostly offered at departments of
human movement studies or sports science. This tended to create the impression
that these training programmes are merely adapted human movement studies
programmes that do not necessarily make provision for the professional sports
management industry.
The main purpose of this study was to design a curriculum framework for sport
management training that is not only practice-oriented, but that also ensures
sustainable programmes. To realise this, both an international and a national
historical perspective on sport management training were researched. A description
of a theoretical curriculum model with specific reference to current trends in
education in South Africa was given. Furthermore it endeavoured to establish, from
within the sporting industry, the knowledge and skills that are required for a career in
sports management. From this information an attempt was made to suggest a
curriculum framework so that appropriate and sustainable sports management
training programmes can be offered.
From a historical survey it became evident that sports management training
programmes are in a relatively early development phase. An analysis of
international programmes revealed that these programmes focus mainly on the
economic and management activities in sports management organisations. Few
instances were found where human movement studies constituted a prominent part
of the contents of the programmes. However, the opposite was found to be true
when South African programmes were reviewed. The majority of these programmes
include components of human movement studies/sport science in their contents.
Some of the programmes focus specifically on human movement studies/sport
science and merely offer introductory modules on aspects of sports management.
This study indicates the necessity for sports management training programmes in
higher education to fit into specific structures in the South African education
framework. New developments centred around the South African Qualifications
Authority, the Higher Education Board and more specifically the National
Qualifications Framework have been researched and applied to sports management
training programmes.
To place this study within the perspective of curriculum development, various
models and methods of curriculum evaluation were explored. As a result of this a
synoptic list was compiled to which sports management programmes may be
required to comply.
As part of the study a questionnaire review was conducted to indicate sports
managers' knowledge and skills requirements in three levels of management.
Guidelines were derived from this for generic contents of sports management
programmes. It was also indicated that specialist functions exist within the sports
management industry and that this phenomenon cannot merely be ignored by
academic institutions when curricula are designed. These findings were used to
suggest a possible framework for sports management curricula. In the light of a
changing environment in South Africa and the development of the professional
sports management industry, it is necessary that this framework should continuously
be supplemented in a dynamic sporting environment.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die sportbedryf het in Suid-Afrika drasties begin verander toe beroepsport na jare van sportisolasie toenemend 'n werklikheid geword het. Uit hierdie veranderinge het daar nuwe beroepsmoontlikhede ontstaan deurdat professionele persone nodig was om professionele sport te bestuur. Hierdie nuwe professionele sportorganisasies is op die lees van ekonomies-aktiewe besighede geskoei wat beteken dat bestuurders op aile vlakke benodig is. Opleidingsinstellings het spoedig begin om programme aan te bied vir die opleiding van hierdie sogenaamde sportbestuurders. Alhoewel daar 'n verskeidenheid spesialiste in die sportomgewing werk, word die generiese term "sportbestuurder" gebruik om hierdie persone te identifiseer. Die toepaslike en volhoubare opleiding van sportbestuurders vorm die kern van ondersoek in hierdie studie. Opleidingsprogramme vir sportbestuuropleiding word meestal in departemente van menslike bewegingskunde of sportwetenskap aangebied, wat die vermoede laat ontstaan het dat hierdie programme slegs aangepaste menslike bewegingskundeprogramme is en nie noodwendig vir die volle spektrum van behoeftes van die professionele sportbestuurbedryf voorsiening maak nie. Die hoofdoel van hierdie studie was die daarstelling van 'n kurrikulumraamwerk vir sportbestuuropleiding wat nie net praktykgerig is nie, maar ook die volhoubaarheid van hierdie programme verseker. Om dit te verwesenlik, is daar gepoog om 'n internasionale en nasionale historiese perspektief oor sportbestuuropleiding daar te stel. 'n Teoretiese kurrikulummodel is beskryf met spesifieke verwysing na huidige onderwystendense in Suid-Afrika. Vervolgens is gepoog om vanuit die sportbedryf te bepaal wat die kennis- en vaardigheidsvereistes is wat die sportbestuurberoep aan individue stel. Uit hierdie gegewens is gepoog om 'n kurrikulumraamwerk te ontwerp ten einde 'n bydrae te maak tot die volhoubare en toepaslike voorsiening van sportbestuuropleiding. Uit 'n historiese oorsig het dit geblyk dat sportbestuuropleidingsprogramme in 'n relatief vroeë ontwikkelingsfase verkeer. Wat uit die ontleding van internasionale programme duidelik geblyk het, is dat hierdie programme veral op die ekonomiese en bestuursaktiwiteite van sportbestuurorganisasies gefokus is. Min gevalle is aangetref waar menslike bewegingskunde 'n prominente deel van die programinhoud uitmaak. Daar is egter bevind dat die teendeel grootliks waar is van programme in Suid-Afrika. Die meerderheid van die programme het wel komponente van menslike bewegingskunde/sportwetenskap as deel van die inhoud. Sommige programme fokus spesifiek op menslike bewegingskunde/sportwetenskap en bied sportbestuuraspekte slegs as inleidende modules aan. Die studie toon aan dat dit noodsaaklik is om sportbestuuropleidingsprogramme in hoër onderwys binne spesifieke strukture in die Suid-Afrikaanse opvoedingsraamwerk in te pas. Ontwikkelinge rondom die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid, die Hoër Onderwysraad en meer spesifiek die Nasionale Kwalifikasieraamwerk is ondersoek in die lig van moontlike toepassings op sportbestuurprogramme. Om die studie binne die perspektief van kurrikulumontwikkeling te plaas, is ondersoek ingestel na verskillende modelle en metodes van kurrikulumevaluering. Hieruit is 'n oorsiglys waaraan sportbestuurprogramme moontlik beoordeel kan word, saamgestel. 'n Vraelysondersoek is benut ten einde kennis- en vaardigheidsvereistes van sportbestuurders op drie bestuursvlakke aan te toon. Riglyne ten opsigte van generiese inhoude vir sportbestuurprogramme is hieruit verkry. Daar is ook aangetoon dat spesialisfunksies binne die sportbestuurbedryf bestaan en dat hierdie verskynsel tydens kurrikulumontwerp nie sonder meer deur akademiese instellings geignoreer kan word nie. Hierdie bevindinge is gebruik om 'n moontlike raamwerk vir sportbestuurkurrikula voor te stel. In die lig van 'n veranderende samelewing in Suid-Afrika en die ontwikkeling van die professionele sportbestuurbedryf is dit noodsaaklik dat hierdie raamwerk in 'n dinamiese sportomgewing voortdurend aangevul word.

Description
Thesis (PhD (Education )--University of Stellenbosch, 2003.
355 leaves printed on single pages, preliminary pages i- xxiii and numbered pages 1-330. Includes bibliography and list of tables. Digitized at 600 dpi grayscale to pdf format (OCR), using a Bizhub 250 Konica Minolta Scanner.

Keywords
Professional sport in South Africa, Sports management, Curriculum framework for sports management training, Human movement studies