Social work services provided to children with physical disabilities in Lesotho: An ecological perspective

dc.contributor.advisorSlabbert, Ilzeen_ZA
dc.contributor.authorMonne, Retselisitsoeen_ZA
dc.contributor.otherStellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Social Work.en_ZA
dc.date.accessioned2021-11-03T07:50:36Z
dc.date.accessioned2021-12-22T14:18:40Z
dc.date.available2021-11-03T07:50:36Z
dc.date.available2021-12-22T14:18:40Z
dc.date.issued2021-12
dc.descriptionThesis (PhD)--Stellenbosch University, 2021.en_ZA
dc.description.abstractENGLISH ABSTRACT: Children with physical disabilities fall under one of the most vulnerable population groups in the world. They face numerous challenges that prevent them from living normal lives and attaining opportunities to improve their quality of life. Social work services have been known to help them improve their wellbeing and to attain improved livelihoods. These are backed up by relevant policies which, if implemented, can improve the lives of children with disabilities. Social work services can be provided to children with physical disabilities at different ecological levels, namely the micro, meso and macro levels. The study was aimed at gaining an understanding of social work services provided to children with physical disabilities in Lesotho. To this end, the ecological perspective and some disability models were used as theoretical frameworks. The study used a qualitative research approach with some quantitative elements, as well as a combination of descriptive and explorative research designs to achieve the set research questions. Purposive sampling was used to select participants for data collection. Data were collected using telephonic and WhatsApp interviews due to the Covid-19 guidelines, which prevented face to face meetings. Semi-structured interviews were used to collect data from 22 participants. Two focus group discussions were also conducted. The goal of the focus groups was to clarify any aspects of the data that were collected during the interviews, as well as to determine possible solutions. Each focus group consisted of five participants who had also formed part of the semi-structured interviews. The first focus group discussion was with social workers from NGOs and the second with social workers from the public sector. The focus group discussions were conducted via WhatsApp. Data were collected from social workers who have experience in providing social work services to children with physical disabilities in Lesotho. It was collected from 9 districts of Lesotho, which are Qacha’s Nek, Quthing, Mohale’s Hoek, Mafeteng, Maseru, Leribe, Botha-Bothe, Thaba Tseka and Mokhotlong. Empirical data were analysed through content analysis.en_ZA
dc.description.abstractAFRIKAANSE OPSOMMING: Kinders met fisiese gestremdhede word gereken as een van die mees kwesbare populasies wêreldwyd. Hulle ervaar verskeie uitdagings wat hulle verhoed om normale lewens te lei en geleenthede te benut om hul lewens te verbeter. Maatskaplikewerk-dienslewering is bekend daarvoor dat dit kinders met gestremdhede se welstand en lewenskwaliteit verbeter. Maatskaplikewerk- dienslewering word gesteun deur relevante beleide wat, as dit geïmplementeer word, kinders met gestremdhede se lewens kan verbeter. Dienste deur maatskaplike werkers word gelewer op mikro-, meso- en makrovlak. Die doel van die studie was om insig in te win oor maatskaplike dienste wat voorsien word aan kinders met fisiese gestremdhede in Lesotho. Die ekologiese perspektief, asook ander modelle wat handel oor gestremdheid, is benut as die teoretiese raamwerk om insig te verkry oor maatskaplikewerk-dienslewering. Die studie het gebruik gemaak van ʼn kwalitatiewe navorsingsbenadering met sekere kwantitatiewe elemente. Daar is ʼn kombinasie van ʼn beskrywende en ʼn eksploratiewe navorsingsontwerp gevolg ten einde die navorsingvrae te beantwoord. Data is ingesamel deur telefoniese en WhatsApp onderhoude as gevolg van Covid-19 regulasies wat persoonlike onderhoude verhoed het. Semi-gestruktureerde onderhoude is gebruik om data in te samel van 22 deelnemers. Twee fokusgroepe is ook gehou met die doel om enige onduidelikhede oor data wat met die onderhoude ingesamel is uit te klaar, asook om moontlike oplossings te bepaal. Daar was 5 deelnemers in elke fokusgroep wat ook deel gevorm het van die semi-gestruktureerde onderhoude. Die eerste fokusgroep was met maatskaplike werkers van nieregeringsorganisasies en die tweede met maatskaplike werkers van die openbare sektor. Die fokusgroepe is via WhatsApp gedoen. Data is ingesamel van maatskaplike werkers wat ervaring het in maatskaplikewerk- dienslewering aan kinders met fisiese gestremdhede in Lesotho. Dit is ingesamel van 9 distrikte van die land, naamlik Qacha’s Nek, Quthing, Mohale’s Hoek, Mafeteng, Maseru, Leribe, Botha-Bothe, Thaba Tseka and Mokhotlong. Die empiriese data is geanaliseer deur inhoudsanalise. Die hooftemas wat afgelei is deur die empiriese bevindinge was kinders met fisiese gestremdhede in Lesotho; uitdagings ervaar deur kinders met fisiese gestremdhede in Lesotho; maatskaplikewerk-dienslewering aan kinders met fisiese gestremdhede; uitdagings ervaar deur maatskaplike werkers in dienslewering aan kinders met fisiese gestremdhede in Lesotho; en moontlike oplossings. Bevindinge van die studie het onthul dat daar maatskaplike dienste in Lesotho gelewer word op mikro- meso- en makrovlak, maar dat dienste belemmer word deur verskeie faktore om die behoeftes van kinders met fisiese gestremdhede in Lesotho te vervul. Daar is verskeie uitdagings wat kinders met fisiese gestremdhede verhoed om toegang tot maatskaplike dienste te verkry. Die bevindinge dui verder aan dat dienste nie holisties van aard is nie en nie ʼn betekenisvolle impak op die lewens van kinders met fisiese gestremdhede het nie. Dit is omdat baie kinders met fisiese gestremdhede steeds in armoede leef en hul regte steeds geskend word as gevolg van verskeie faktore, soos ʼn gebrek aan bronne en onvoldoende beleide wat nog nie geïmplementeer is nie. Hierdie omstandighede belemmer maatskaplikewerk-dienslewering. Van die hoofgevolgtrekkings van die studie is dat daar voldoende beleide behoort te wees wat maatkaplikewerk-dienslewering sal ondersteun. Maatskaplike werkers behoort ook verskaf te word met genoegsame bronne om hul te ondersteun met hul dienslewering aan kinders met gestremdhede.af_ZA
dc.format.extentxvii, 306 pages : illustrationsen_ZA
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10019.1/123738
dc.language.isoen_ZAen_ZA
dc.publisherStellenbosch : Stellenbosch Universityen_ZA
dc.subjectChildren with disabilities -- Services for -- Lesothoen_ZA
dc.subjectSocial work with children with disabilities -- Lesotho -- Social conditionsen_ZA
dc.subjectSocial service -- Practice -- Lesothoen_ZA
dc.subjectSocial workers -- Social networks -- Lesothoen_ZA
dc.subjectUCTD
dc.titleSocial work services provided to children with physical disabilities in Lesotho: An ecological perspectiveen_ZA
dc.typeThesisen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
monne_social_2021.pdf
Size:
3.43 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Plain Text
Description: