Development of an architecture and web-based demonstrator for tourist itinerary planning
Date
2022-11
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The international Travel and Tourism sector has shown significant growth in recent years
and is an exceptionally lucrative industry. It is continuously expanding, improving business
processes and incorporating technological advancements that create an abundance
of travel opportunities. An area of the industry that has gained more attraction recently
is trip planning, as it is arguably one of the most important aspects of a tourist’s journey
regardless of their background or income level. With the wide variety of travel websites,
online booking platforms and tourist recommendations available on the internet
and social media, the task of creating an itinerary can be daunting. Every prospective
tourist has different needs and preferences and, therefore, the itinerary planning process
requires careful deliberation and comparison of options in order to make suitable and
realistic choices. The researcher surmised that there is a need for a personalised itinerary
planner which allows the user to specify the budget.
To address this need, a research study was conducted in which engineering technologies,
information systems, computer programming and web development were combined to
develop a new and original tourist itinerary planning (TIP) demonstrator. A literature
study revealed that two essential aspects of trip planning, namely personalisation and
budgeting have, to some extent, been neglected in previous works. Therefore, the TIP
demonstrator presented in this study is focused on providing tourists with an itinerary
that satisfactorily fulfils their travel preferences and helps them stay within their desired
budget. The TIP demonstrator also offers a unique interactive process of trip planning
where the itinerary is constructed with continuous input from the user. This is realised
using a TIP architecture, algorithm, database and browser user interface that collectively
facilitate the itinerary planning process.
After development and implementation, the TIP demonstrator has been tested on different
scenarios imitating real-life travel planning behaviours and preferences. The evaluation
of the TIP demonstrator showed that it is viable to develop a fully deployable system of
this nature and that there exists a business case for it. This study showed, once again,
that industrial engineering principles can be applied and integrated systems developed
in the services sector.
AFRIKAANS OPSOMMING: Die internasionale reis en toerisme sektor het oor die laaste paar jaar beduidende groei ervaar en is ’n uiters winsgewende industrie. Dit brei voortdurend uit, verbeter besigheidsprosesse en inkorporeer tegnologiese ontwikkelings wat oorvloedige reisgeleenthede bied. ’n Area van die industrie wat onlangs meer aandag begin trek het, is reisbeplanning. Dit is een van die belangrikste aspekte van ’n toeris se reis, ongeag hul agtergrond of inkomstevlak. As gevolg van die groot verskeidenheid reiswebtuistes, aanlyn besprekingsplatforms en toeriste aanbevelings wat op die internet en sosiale media beskikbaar is, kan die proses om ’n reis te beplan uitdagend wees. Elke voornemende reisiger het verskillende behoeftes en voorkeure, en daarom vereis die reisbeplanningsproses noukeurige oorweging asook vergelyking van opsies om te verseker dat aanvaarbare en realistiese keuses gemaak word. Die navorser het dus tot die gevolgtrekking gekom dat daar ’n behoefte is vir ’n persoonlike reisbeplanner wat ook die gebruiker se begroting in ag neem. Om hierdie behoefte aan te spreek, is ’n navorsingstudie uitgevoer waarin ingenieurstegnologie ¨e, inligtingstelsels, rekenaarprogrammering en webbladontwikkeling gekombineer is om ’n nuwe, oorspronklike reisbeplanningsdemonstreerder (hierna verwys as TIP) te ontwikkel. ’n Literatuurstudie het uitgewys dat twee noodsaaklike aspekte van reisbeplanning tot ’n sekere mate in vorige werke afgeskeep was, naamlik verpersoonliking en begroting. Daarom is die TIP demonstreerder van hierdie studie daarop gefokus om aan gebruikers ’n reisplan te verskaf wat hul voorkeure bevredig en hul help om binne hul verlangde begroting te bly. Die TIP demonstreerder bied ook ’n unieke interaktiewe proses van reisbeplanning waar die gebruiker die reisplan met deurlopende insette opstel. Dit word gerealiseer met die gebruik van ’n TIP algoritme, databasis en webblaaier wat gesamentlik die reisbeplanningsproses fasiliteer. Na die ontwikkeling- en implementeringfases is die TIP demonstreerder getoets op verskillende scenarios wat regte-wˆereld reisbeplanningsgedrag en -voorkeure gebruik. Die evaluering van die TIP demonstreerder het gewys dat die ontwikkeling van ’n volledige implementeerbare stelsel van hierdie aard lewensvatbaar is en dat dit ’n besigheidsgeleentheid bied. Hierdie studie het weereens getoon dat bedryfsingenieurswese beginsels in die dienstesektor toegepas kan word en dat ge¨ıntegreerde stelsels daarvoor ontwikkel kan word.

Description
Thesis (MEng) -- Stellenbosch University, 2022.
Keywords
Tourism -- Technological innovations, Voyages and travels, Online data processing, Computer architecture, Tours -- Planning, UCTD