Inconvenient identities : the recognition of a non-binary gender in view of the constitutional values of human dignity, equality and freedom
Date
2024-03
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Central to this study is the need to recognise the right to be different. The Constitution of the Republic of South Africa, 1996 (“Constitution”) affirms the democratic values of human dignity, equality and freedom. It further strives towards a transformative and egalitarian society wherein diversity and plurality are valued, and entitles everyone to respect for and protection of their rights to human dignity, equality and freedom. However, in certain circumstances, the actualisation, interpretation and application of these rights and values demonstrate a troubling trend, especially concerning claims that represent a challenge to the conventional structures, (hetero)normative standards and presumptions that are deeply embedded in society. The South African legal framework incorporates a binary system that presumes that all persons are born as either female or male. The formal assignment of gender and sex on an individual’s identification documents can affect their whole life. It functions as a mandatory element of an individual’s legal status and identity since legal frameworks – in terms of both private and public law, as well as domestic and international law – require gendered subjects. Against this backdrop, the primary objective of this study is to establish whether and to what extent the constitutional rights and values of human dignity, equality and freedom require the legal recognition of a non-binary gender. To this end, a substantial part of the study entails a critical analysis of the constitutional rights and values of human dignity, equality, and freedom. The study engages with the relevant constitutional provisions, legislation, case law and academic literature and uses queer theory to analyse and critique legislative and judicial responses to the Constitution’s call for inclusion, mutual respect and recognition of diversity. The study further uses queer theory to contextualise and frame the need for a more generous and transformative interpretation of these rights and values and to imagine a society where individuals are not required to fit within strict binaries, and where the humanity and dignity of individuals are not conditioned on their ability to conform and assimilate to rigid categories. It argues that such a reading can provide the basis for a
responsive framework that: (i) recognises the diversity of individuals worthy of respect and protection (dignity), (ii) is suspicious of approaches which celebrate and uphold conventional forms of being while disciplining or containing attempts to move beyond such conceptions (freedom), and (iii) resists attempts to make the norms of heteronormativity into the standards by which queer or diverse identities should be measured (equality).
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie handel oor die behoefte om die reg om anders te wees te erken. Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (“Grondwet”) bevestig die demokratiese waardes van menswaardigheid, gelykheid en vryheid. Dit streef verder na 'n transformerende en gelyke samelewing waarin diversiteit en pluraliteit gewaardeer word, en almal se regte op menswaardigheid, gelykheid en vryheid erken word. In sekere omstandighede toon die aktualisering, interpretasie en toepassing van hierdie regte en waardes egter 'n kommerwekkende tendens, veral met betrekking tot aansprake wat die konvensionele strukture, (hetero)normatiewe standaarde en veroordelende vermoedens wat diep in die samelewing ingebed is, uitdaag. Hierdeur inkorporeer die Suid-Afrikaanse regsraamwerk 'n binêre stelsel wat veronderstel dat alle persone as óf vroulik óf manlik gebore word. Die formele toewysing van geslag en geslagtelikheid op 'n individu se identifikasiedokumente kan hul hele lewe beïnvloed. Dit funksioneer as 'n verpligte element van 'n individu se regstatus en identiteit, aangesien regs-raamwerke – in terme van beide privaat- en publiekreg, sowel as binnelandse en internasionale reg – geslag vereis vir regsubjektiwiteit. Teen hierdie agtergrond is die primêre doel van hierdie studie om vas te stel of en tot watter mate die grondwetlike regte en waardes van menswaardigheid, gelykheid en vryheid die wetlike erkenning van 'n reg op 'n nie-binêre geslagsidentiteit vereis. Vir hierdie doel, behels 'n wesenlike deel van die studie 'n kritiese ontleding van die grondwetlike regte en waardes van menswaardigheid, gelykheid en vryheid. Dit worstel met die relevante grondwetlike bepalings, wetgewing, regspraak en akademiese literatuur en gebruik queer-teorie om wetgewende en regsprekende reaksies op die Grondwet se oproep vir insluiting, wedersydse respek en erkenning van diversiteit te ontleed en te kritiseer. Die studie gebruik ook queer-teorie om die behoefte aan 'n meer vrygewige en transformerende interpretasie van hierdie regte en waardes te kontekstualiseer en te raam en om 'n samelewing voor te stel waar daar nie van individue vereis word om binne ʼn streng binêre sisteem te pas nie, en waar die menslikheid en waardigheid van individue nie gekondisioneer word op hul vermoë om te konformeer en te assimileer met rigiede kategorieë nie. Daar word geargumenteer dat sodanige interpretasie die grondslag vir 'n responsiewe raamwerk kan lê wat: (i) die diversiteit van individue erken wat geregtig is tot respek en beskerming (menswaardigheid), (ii) agterdogtig is teenoor benaderings wat konvensionele vorme van bestaan vier en handhaaf, terwyl pogings om verby sulke opvattings te beweeg gedissiplineer of beperk word (vryheid), en (iii) pogings verwerp om die norme van heteronormatiwiteit te onderhou as die standaarde waaraan queer of diverse identiteite gemeet moet word (gelykheid).

Description
Thesis (LLD)--Stellenbosch University, 2024.