'n Leerder met fetale alkohol sindroom in hoofstroomonderwys : die rol van die opvoedkundige sielkundige

Date
2006-04
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The research in this qualitative study focuses on the role of the Educational Psychologist in facilitating inclusion of a learner with Fetal Alcohol Syndrome (FAS). The international movement towards inclusive education, with emphasis on the inclusion of all learners irrespective of their special needs in mainstream schools, gained momentum in the South African context with the announcement of Education White Paper 6, Special Needs Education: Building an Inclusive Education and Training system. More learners with FAS are accommodated in mainstream schools and research has indicated that most cases of FAS in the world prevailed in the Western Cape. FAS is one of the leading causes of mental retardation and the challenges which the inclusion of learners with FAS pose to those who have to facilitate inclusive education, has urged this study. The study seeks to explore the role of the Educational Psychologist in the process of facilitating inclusion of a learner with FAS. An eco-systemic approach underpins the study. A single learner with FAS within the context of the family and education system was chosen by means of purposive sampling as the focus of a qualitative, case study. The eco-systemic approach makes it possible to explore special needs in terms of intrinsic factors (within the learner) and extrinsic factors (within the system) in order to address the needs of the system. Semistructured interviews were held with respondents from different levels of the eco-system in which the learner functions. A review of personal records and field notes were used to gather information related to the education and learning process. The data were analysed using aspects of content analyses. Four themes emerged: support to the learner, support to the school, support to the parents and support to the school community. The findings indicated that the inclusion of learners with FAS predicts a change and an expansion in the role of the educational psychologist. Early identification, early intervention and a multi-functional team approach seem to improve the long-term prognoses of learners with FAS. The facilitation of inclusive education for learners with FAS poses a challenge to the educational psychologist to render individual support, but also to provide support in a holistic systemic manner, focusing on those who work and live with the individual learners. The learning, behaviour and developmental barriers which learners with FAS may experience were highlighted with the hope to guide those who work with these learners. Several positive and negative factors were indicated and recommendations were made.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie kwalitatiewe studie fokus op die rol van die Opvoedkundige Sielkundige in die fasilitering van inklusiewe onderwys aan 'n leerder met Fetale Alkohol Sindroom (FAS). Die internasionale beweging na inklusiewe onderwys, wat die insluiting van alle leerders, ongeag hulle spesiale behoeftes, by hoofstroomskole onderskryf, het ook in Suid-Afrika neerslag gevind met die uitreiking van die Onderwys Witskrif 6, Special Needs Education: Building an Inclusive Education and Training System. Meer leerders met FAS word by hoofstroomskole ingesluit en navorsing het getoon dat die voorkomssyfer van FAS in die Wes-Kaap die hoogste ter wêreld is. Die feit dat FAS tans een van die vernaamste oorsake van verstandelike gestremdheid is, en die uitdagings wat die insluiting van leerders met FAS aan diegene wat inklusiewe onderwys moet fasiliteer bied, het hierdie navorsingsondersoek genoop. Die doel van hierdie studie is om 'n in diepte ondersoek te doen na die rol van die Opvoedkundige Sielkundige in die fasilitering van inklusiewe onderwys aan 'n leerder met FAS. 'n Ekosistemiese benadering het die teoretiese raamwerk van die studie gevorm. 'n Enkele leerder met FAS is binne die konteks van sy familie en die onderwyssisteem, met behulp van doelgerigte steekproefneming, gekies om die fokus van die kwalitatiewe gevallestudie te vorm. Die ekosistemiese benadering maak dit moontlik om spesiale behoeftes ten opsigte van faktore wat primêr by die leerder (intrinsiek) voorkom, sowel as faktore wat in die sisteem (ekstrinsiek) voorkom, te ondersoek en te verseker dat die behoeftes van die sisteem aangespreek word. Semi-gestruktureerde onderhoude is gevoer met respondente uit die verskillende vlakke van die ekosisteem waarbinne die leerder funksioneer. 'n Oorsig van persoonlike rekords en verslae asook veldnotas is gebruik om inligting oor die leerder, die onderrig en die leerposes te bekom. Inhouds-analise is gebruik om die data te analiseer. Vier temas het uit die data na vore gekom, naamlik: ondersteuning aan die leerder, ondersteuning aan die skool, ondersteuning aan die ouers en ondersteuning aan die skoolgemeenskap. Die bevindinge dui daarop dat die insluiting van 'n leerder met FAS 'n roluitbreiding en 'n veranderende rol vir die Opvoedkundige Sielkunde in die vooruitsig stel. Vroeë identifikasie, vroeë intervensie en 'n multi-funksionele spanbenadering kan die langtermyn prognose van leerders met FAS verbeter. Die rol wat die Opvoedkundige Sielkundige op die verskillende vlakke van die ekosisteem kan speel, ten einde inklusiewe onderwys aan 'n leerder met FAS te fasiliteer, lê opgesluit in die mate waarin geïndividualiseerde, maar tog ook holisties omvattende ondersteuning aan diegene wat met hierdie leerders werk, gelewer kan word. Uit die bevindinge het suksesvolle en minder suksesvolle aspekte duidelik geword. Dit het daartoe bygedra dat die leer-, gedrag- en ontwikkelingshindernisse, sowel as die sterkpunte van die leerder met FAS, duidelik geword het en wenke vir toekomstige gebruik verbesonder kon word. Op grond van die bevindinge en aan die hand van literatuur is aanbevelings gemaak.
Description
Thesis (MEdPsig)--University of Stellenbosch, 2006.
Keywords
Fetal alcohol syndrome -- South Africa, Inclusive education -- South Africa, Children of prenatal alcohol abuse -- Education -- South Africa, Theses -- Education, Dissertations -- Education
Citation