Identity trajectories of health professions educators involved in master’s-level health professions education studies
Date
2021-12
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY: The Master’s degree in Health Professions Education (MHPE) has become the credential of choice for health professions educators who wish to improve their educational knowledge and effectiveness. When undertaking MHPE studies, candidates embark on a dual-discipline career pathway, situated in two epistemologically and ontologically distinct disciplines. This pathway often implies a shift from the more exact sciences towards the social sciences and requires students to construct new educator identities that are ideally well-integrated with their existing professional identities. While most health professions educators enrol for MHPE studies with the motivation of improving their teaching, relevant literature and experience indicate that MHPE programmes generally focus on developing educational scholars and leaders. Currently little is known about the professional identity construction of individuals involved in MHPE studies. The aim of this study was therefore to explore the identity trajectories of health professions educators involved in MHPE studies to gain an improved understanding of the factors that enable or constrain the identity construction of emerging educational scholars and leaders in the context of MHPE studies. An interpretive, multiple case study design involving qualitative data generated through narrative interviews and self-portrait drawings across two data collection periods was employed. Analyses of the data revealed three major themes which foregrounded the learning experiences, identity construction and workplace contexts of health professions educators involved in MHPE studies. Empirical findings show that, as master’s candidates navigate their learning trajectories towards becoming educational scholars and leaders across the disciplinary boundaries of two distinctly different communities of practice, they experience multiple tensions, causing them to construct their identities in new and unpredictable ways. Drawing on Landscapes of Practice as a theoretical framework, new insights into the sociocultural dimensions of becoming a master in Health Professions Education (HPE) emerged. Such insights include the influence of postgraduate study and disciplinary workplace contexts on the professional learning, identity, and practices of emerging educational scholars and leaders in health professions. The study also provides ways of theorising how the Master in HPE identity is constructed, questioning notions of transitioning from one identity to another, and suggesting that health professions educators straddle the boundaries of two epistemologically and ontologically diverse communities of practice. Pedagogical approaches in MHPE programmes and the conceptualisation of the disciplinary workplace as a site of professional socialisation for evolving the Master in HPE identity would benefit from the study results.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Meestersgraad in Gesondheidsberoepe Onderwys (MGBO) is die kwalifikasie van keuse vir opvoeders in gesondheidsberoepe wat hul onderwyskundige kennis en doeltreffendheid wil verbeter. Tydens MGBO studies begin kandidate gewoonlik 'n tweeledige dissiplinere loopbaan wat in epistemologies en ontologies verskillende dissiplines gelee is. Hierdie denkskuif impliseer dikwels 'n herskikking vanaf die eksakte wetenskappe na die sosiale wetenskappe, en vereis dat studente nuwe opvoederidentiteite moet konstrueer wat, ideaal gesproke, geintegreer is met hul bestaande professionele identiteit. Terwyl die meeste opvoeders in gesondheidsberoepe MGBO studies onderneem met die motivering om 'beter' dosente of gesondheidspraktisyns te word, dui relevante literatuur en ervaring daarop dat MGBO programme in der waarheid fokus op die ontwikkeling van onderwyswetenskaplikes en-leiers. Tans is weinig bekend oor die professionele identiteitskonstruksie van individue watbetrokke is by MGBO studies. Die doel van hierdie studie was dus om die identiteitstrajekte van gesondheidsberoepe-opvoeders betrokke by MGBO studies te ondersoek om 'n beter begrip te vorm van die faktore wat die identiteitskonstruksie van ontwikkelende onderwyswetenskaplikes en -leiers in die konteks van MGBO studies moontlik maak of beperk. 'n Interpretatiewe, meervoudige gevallestudie-ontwerp waaruit kwalitatiewe data gegenereer is deur middel van narratiewe onderhoude en selfportrettekeninge oor twee periodes van datainsameling is benut. Data-analise het drie hooftemas geidentifiseer wat die leerervarings, identiteitskonstruksie en werkplekkontekste van opvoeders in gesondheidsberoepe wat betrokke is by MGBO studies, vasvang. Empiriese bevindings toon dat, terwyl meesterkandidate hul leertrajekte navigeer om onderwyswetenskaplikes en -leiers te word oor die dissiplinere grense van twee uiteenlopende gemeenskappe van praktyk, ervaar hulle veelvuldige vorme van spanning, wat veroorsaak dat hulle hul identiteit op nuwe en onvoorspelbare maniere konstrueer. Deur benutting van die teoretiese raamwerk van ‘n ‘Landskappe van Praktyk’, bring die studie nuwe insigte na vore betreffende die sosiokulturele dimensies van ‘meesterskap’ in Gesondheidsberoepe-onderwys (GBO) en die invloede van nagraadse studie en dissiplinere werkplekkontekste op die professionele leer, identiteit en praktyk van opkomende onderwyswetenskaplikes en -leiers in die gesondheidsberoepe. Hierdie insigte bied nuwe wyses van teoretisering oor hoe ‘meesterskap’ binne die konteks van GBO-identiteit gekonstrueer word, bevraagteken idees oor die oorgang van een identiteit na 'n ander, en impliseer dat gesondheidsberoepe opvoeders oor die grense van twee epistemologies en ontologies uiteenlopende gemeenskappe van praktyk funksioneer. Onderwyskundige benaderings in MGBO programme, sowel as die herkonseptualisering van die werkplek as 'n terrein van professionele sosialisering vir ‘meesterskap’ binne ‘n GBO identiteit, sal baat vind by hierdie studie.

Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2021.