Die objek van outeursreg

dc.contributor.advisorJordaan, H. A.en_ZA
dc.contributor.authorHanekom, H. L. D. (Hendrik Lodewyk Deetlefs)en_ZA
dc.contributor.otherStellenbosch University. Faculty of Law. Department of Mercantile Lawen_ZA
dc.date.accessioned2012-08-27T12:09:31Z
dc.date.available2012-08-27T12:09:31Z
dc.date.issued1989-03
dc.descriptionThesis (LLM)--Stellenbosch University, 1989.en_ZA
dc.description.abstractENGLISH ABSTRACT: English abstract not availableen_ZA
dc.description.abstractAFRIKAANSE OPSOMMING: Die tradisionele opvatting was dat Outeursreg gemoeid is met die beskerming van die materiele vorm waarin idees vasgele is. Sedertdien het die klem egter verskuif na die beskerming van die idee self mits dit egter in stoflike vorm vervat is. In hierdie tesis word ondersoek ingestel na wat presies die objek van Outeursreg is en watter rol stoflike aanbieding in Outeursreg sped. Ter aanvang word gekyk na die ontstaan en ontwikkeling van Outeursreg. Daar word gekyk na die pick wat Outeursreg in die regsisteem beklee met spesifieke verwysing na die tradisionele indeling van subjektiewe regte. Dit blyk hieruit dat Outeursreg, as bestaandeel van Immaterieel goedereg, 'n onstoflike regsobjek het nl. die produk van die outeur se geestesarbeid of dan sy idee. Die verwysing na die vereiste van stoflike aanbieding van idees verg egter nadere ondersoek. Die Wet op Outeursreg 98 van 1973 word ontleel met betrekking tot die aard van beskermde werke; vereistes vir Outeursregbaskerming; definisies van terme soos "outeur" en "maak" asook die van die onderskeie werke; die eiendomsregterminologie en skendingshandelinge. Regsvergelykend word oorsigtelik ook na die Amerikaanse Reg verwys. Uit hierdie ontleding blyk stoflikheid vir doeleindes van die tradisionele Outeursregwerke te verwys na tasbare aanbieding daarvan, mar dat sb 'n eng definisie nie gehandhaaf kan word ten opsigte van moderne tegnologiese ontwikkelings soos uitsendings en programdraende seine nie, aangesien hierdie werke van sä 'n aard is dat tasbare vasle:gging daarvan nie noodwendig altyd plaasvind nie. Onder die skrywers wat hierdie probleem bespreek is professors Copeling en Van der Merwe wat aan stoflikheid 'n alternatiewe, wyer betekenis toedig nl. kommunikeerbare of sintuiglik waarneembare aanbieding. 'n Botsing tussen die tradisionele en aanbevole definisie van stoflikheid in die regspraak word ook uitgewys. Ten einde tegnologie te akkommodeer word die wyer definisie van stoflikheid in hierdie tesis voorgehou. Die implikasies van hierdie wyer definisie van stoflikheid is egter verreikend. Professor Copeling bevestig dan ook dat dit die moontlikheid van Outeursreg in mondelinge kommunikasies inhou. Gevolglik word daar veral gekyk waarom idees as sulks beskerm word deur Onregmatige Mededinging, maar nie deur Outeursreg nie - 'n vraag wat beantwoord word met verwysing na die invloed van moderne tegnologie op die tradisionele indelings van die Immaterieel goederereg. Uit hierdie ondersoek blyk dit dat Onregmatige Mededinging berus op die Immaterieel goederereg in plaas van die Deliktereg. Die uitgebreide definisie van stoflikheid veroorsaak dat die bestaande indelings van Immaterie61 goedereregte versmelt. Dit ruim ook die huidige konflik rondom die vereiste van stoflikheid in die Wet op Outeursreg 93 van 1973 uit die weg. Laastens word kortliks gewys op die drastiese veranderinge in die spelreels vir inligtingsprodukte wat nodig sal wees om die balans tussen die aansprake van Outeursreghebbendes en die gemeenskap te handhaaf indien die uitgebreide definisie van stoflikheid aangewend word. Uiteindelik dien stoflikheid ook in sy uitgebreide vorm steeds die tradisionele doe om die werk af te skei van die maker se persoonlikheid en dit sodoende buite die mens gelee te maak.af_ZA
dc.format.extentix, 117 pagesen_ZA
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10019.1/66768
dc.language.isoaf_ZAaf_ZA
dc.publisherStellenbosch : Stellenbosch Universityen_ZA
dc.rights.holderStellenbosch Universityen_ZA
dc.subjectCopyright -- South Africaen_ZA
dc.subjectCopyright -- United Statesen_ZA
dc.subjectCopyright -- Law and legislation -- South Africaen_ZA
dc.subjectCopyright Act, 98 van 1978en_ZA
dc.subjectIntellectual property -- Law and legislation -- South Africaen_ZA
dc.subjectCopyright -- Great Britainen_ZA
dc.titleDie objek van outeursregaf_ZA
dc.typeThesisen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
hanekom_objek_1989.pdf
Size:
2.73 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Thesis