'n Gevallestudie van graad 6-leerders se onderwys belewing in ’n landelike skool
dc.contributor.advisor | Davids, Nuraan | en_ZA |
dc.contributor.author | Cibella M van Geems, Van Geems | en_ZA |
dc.date.accessioned | 2017-09-12T07:16:13Z | |
dc.date.accessioned | 2017-12-11T10:40:53Z | |
dc.date.available | 2017-09-12T07:16:13Z | |
dc.date.available | 2017-12-11T10:40:53Z | |
dc.date.issued | 2017-12 | |
dc.description | Stellenbosch University. Faculty of Education. Dept. Education Policy Studies | en_ZA |
dc.description | Thesis (MEd)--Stellenbosch University, 2017 | en_ZA |
dc.description.abstract | ENGLISH ABSTRACT : No English abstract available | en_ZA |
dc.description.abstract | AFRIKAANSE OPSOMMING : Leerderprestasie, veral in landelike werkersklas-skole, bied spesifieke uitdagings aan onderwysowerhede in Suid-Afrika. Hierdie studie het ten doel om begrip te verbreed en bewuswording te skep rakende sommige van die komplekse uitdagings waaraan onderwys, in Suid-Afrika se post-apartheid era, onderwerp word. Een van die enorme uitdagings is die impak van armoede op die gemeenskappe en huisgesinne van landelike omgewings. ’n Verdere uitdaging is die swak prestasie van landelike leerders in werkersklas-skole. Hierdie kwalitatiewe navorsingstudie ontleed dié onderliggende faktore wat moontlik ’n impak kon hê op die ervaring en belewing van vyf Graad 6-leerders se skoling in die Overberg Distrik in die Westelike Provinsie van Suid-Afrika. Die studie fokus daarop om die vraag van wat die aard en omvang van Graad 6-leerders se akademiese suksesse in landelike gebiede is, te beantwoord. Dit word gedoen deur die bestaande onderliggende sosiologiese interaksies, soos byvoorbeeld die omgewing waarin die deelnemers woon, die huislike omstandighede waarin hul leef en die skool waar hulle leer, te analiseer. Hierdie buite- en binne-skoolfaktore het bepaalde invloede op die manier hoe leerders met hul skoolwerk omgaan. Werkersklas-leerders se ervaring en belewing van hul skoling is bepalend vir hul prestasie. Die navorsing toon dat vanweë die disjunksie tussen hul kapitaalvorme en gevolglike habitus, hierdie leerders minder toegerus is om aan die een-dimensionele verwagtinge van die skoolkurrikulum te voldoen. Bourdieu se interafhanklike konsepte van habitus, kapitaal en veld word gebruik as teoretiese begronding om die navorsing te interpreteer. Hierdie konsepte word gebruik om die kontekstuele invloede wat die deelnemers in ’n ongunstige posisie plaas om suksesvol te presteer, te verstaan. Meer pertinent wil die navorser met hierdie navorsing ’n bydrae maak om die daaglikse realiteite waarmee leerders in bepaalde kontekste worstel, tot akademiese bewussyn te bring. | af_ZA |
dc.format.extent | viii, 115 pages | en_ZA |
dc.identifier.uri | http://hdl.handle.net/10019.1/102680 | |
dc.language.iso | en_ZA | en_ZA |
dc.publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University | en_ZA |
dc.rights.holder | Stellenbosch University | en_ZA |
dc.subject | Rural schools -- South Africa -- Western Cape | en_ZA |
dc.subject | UCTD | en_ZA |
dc.subject | Working class -- Education -- South Africa | en_ZA |
dc.subject | School children -- Experiences -- South Africa | en_ZA |
dc.subject | Primary schools -- South Africa -- Western Cape | en_ZA |
dc.title | 'n Gevallestudie van graad 6-leerders se onderwys belewing in ’n landelike skool | en_ZA |
dc.type | Thesis | en_ZA |