Die ontwerp van ʼn Afrikaanse taakgebaseerde rekenaaronderrigprogram vir internasionale studente aan die Universiteit Stellenbosch

dc.contributor.authorBeukes, Vernitaen_ZA
dc.contributor.authorAdendorff, Elbieen_ZA
dc.date.accessioned2016-07-14T12:03:05Z
dc.date.available2016-07-14T12:03:05Z
dc.date.issued2014
dc.descriptionCITATION: Beukes, V. & Adendorff, E. 2014. Die ontwerp van ʼn Afrikaanse taakgebaseerde rekenaaronderrigprogram vir internasionale studente aan die Universiteit Stellenbosch. Stellenbosch Papers in Linguistics Plus, 45:1-18, doi:10.5842/45-0-623.af_ZA
dc.descriptionThe original publication is available at http://spilplus.journals.ac.zaen_ZA
dc.description.abstractDie navorsing waaroor in hierdie artikel verslag gelewer word, is spesifiek gerig op nie-Afrikaanssprekende internasionale studente aan die Universiteit Stellenbosch (US). Die doel van die breë navorsing wat onderneem word en waarvan in dié artikel slegs gedeeltelik verslag gelewer word, is om die moontlike ontwerp van ʼn taakgebaseerde rekenaarprogram vir die kursus Beginner Afrikaans Vlak 1 te illustreer. Die navorsing val binne twee breë vakgebiede, waarvan die eerste een die taakgebaseerde benadering tot leer en onderrig is en die tweede een rekenaargesteunde taalonderrig (RGTO). Taakgebaseerde leer en onderrig is ʼn onderrigbenadering waar die fokus van die studente op die bereiking van ʼn doelwit geplaas word. Volgens Duran en Ramaut (2006) en Van Avermaet en Gysen (2006) is die vertrekpunt van enige taakgebaseerde benadering ’n behoefte-analise. Vir hierdie studie het die studente ʼn vraelys voltooi. As deel van die behoefte-analise gebruik die studente, saam met die vraelys, die Europese Referensiekader (ERK) (2001) om hulle taalvaardighede te assesseer. Die studente verskaf ook inligting oor onderwerpe wat hulle graag in die klas behandel wil hê. Nadat die taakgebaseerde benadering bespreek is, word daar op Mayer (2009, 2011) se kognitiewe teorie van multimedia-leer gefokus. Dit dien as vertrekpunt vir die tweede vakgebied, naamlik rekenaargesteunde taalonderrig (RGTO) wat verder in hierdie artikel bespreek word. Hierdie teorie verskaf die agtergrond vir enige aktiwiteit wat op die rekenaar ontwerp word. Nadat die kognitiewe teorie van multimedia-leer bespreek is, word daar op vier multimedia-instruksiebeginsels, deur Mayer (2009, 2011) ontwikkel, gefokus, naamlik die oortolligheids­­­effek, die samehangeffek, die ruimtelike-aangrensingseffek en die verpersoonliking­­s­­effek. Hierdie beginsels word kortliks bespreek, voordat ʼn verbinding tussen die twee vakgebiede gemaak word deur die bevindinge wat sover van studente verkry is, te gebruik en dan prakties te toon hoe een van die instruksiebeginsels moontlik aan die studente voorgestel kan word in die rekenaarprogam.af_ZA
dc.description.urihttp://spilplus.journals.ac.za/pub/article/view/623
dc.description.versionPublisher's versionen_ZA
dc.format.extent18 pages : illustrationsen_ZA
dc.identifier.citationBeukes, V. & Adendorff, E. 2014. Die ontwerp van ʼn Afrikaanse taakgebaseerde rekenaaronderrigprogram vir internasionale studente aan die Universiteit Stellenbosch. Stellenbosch Papers in Linguistics Plus, 45:1-18, doi:10.5842/45-0-623.af_ZA
dc.identifier.issn2224-3380 (online)
dc.identifier.issn1726-541X (print)
dc.identifier.otherdoi:10.5842/45-0-623
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10019.1/99191
dc.language.isoaf_ZAaf_ZA
dc.publisherStellenbosch University, Department of Linguisticsen_ZA
dc.rights.holderAuthors retain copyrighten_ZA
dc.subjectTask-based language learningen_ZA
dc.subjectComputer assisted language learningen_ZA
dc.subjectAfrikaans language -- Study and teaching -- Foreign speakersen_ZA
dc.titleDie ontwerp van ʼn Afrikaanse taakgebaseerde rekenaaronderrigprogram vir internasionale studente aan die Universiteit Stellenboschaf_ZA
dc.typeArticleen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
beukes_ontwerp_2014.pdf
Size:
339.78 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Download article
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.95 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: