Studies on the genetics of ovine behaviour in a Western Cape resource flock aimed at improving animal welfare
Date
2019-04
Authors
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Data were collected on a Merino resource flock on the behaviour of ewes and lambs from 1993 to 2002. This flock was divergently selected from the same base population since 1986 for the number of lambs weaned per mating (NLW). Selection resulted in two selection lines, namely the High line (H line, upward selection for NLW) and the Low line (L line, downward selection for NLW). Additionally, the effect of these behaviours and selection lines were reported for NLW and lamb survival, as a key welfare indicator trait. Data from arena behaviour on Merino weaners were also collected over a 15-year period using the same resource population divergently selected for NLW. Ram lambs, progeny of mature ewes and singles were heavier at birth than ewe lambs, progeny of young and old ewes and multiples respectively. H line lambs had shorter lengths of parturition than L line lambs, where this difference was also found in H line and L line ewes. The effects of dam age were significant for the latency from birth to suckling as it improved with ewe age, and in both ewe and lamb studies H line ewes had better maternal cooperation scores than L line ewes. Maternal cooperation also had a significant effect on the latency for the lamb to progress from birth to suckling and maternal cooperation score improved with age in ewes. H line ewes had an improved NLW compared to L line ewes while H line lambs had a better survival. For production traits, H line lambs derived from embryo transplants were heavier at yearling age, had a lower fibre diameter, less wrinkles at the neck, body, breech and overall when compared to L line lambs. Survival of lambs reared by surrogate dams was higher in the H line than in the L line. Single-trait direct heritability estimates (h²) in lambs were 0.15 for birth weight, 0.07 for lamb survival, 0.06 for length of parturition, 0.12 for latency from birth to suckling and 0.00 for maternal cooperation score. Direct heritability estimates, assessed as trait of the ewe, were 0.04 for NLW, 0.17 for length of parturition, 0.07 for maternal cooperation score and 0.20 for the interval ewes remained on or near their lambing sites. Genetic trends suggested divergence between the lines for breeding values for length of parturition, suggesting that parturitions became shorter in the H line and longer in the L line. The results and parameter estimates obtained, suggested that selection for improved NLW would yield desirable outcomes for ewe behavioural traits. Maternal permanent environment variance ratios (c²) were 0.07 for lamb survival and 0.17 for maternal cooperation score. Survival of the lamb was favourably correlated to the length of parturition and maternal behaviour score on the genetic level. It was evident that neonatal behaviour was, to an extent, under genetic control in paddock-reared sheep. In the arena test, animals from the H line approached closer to stationary human seated between the test animal and its flock mates and had fewer urination and defecation events than their L line contemporaries but travelled longer distances in the arena. The distance the lambs maintained from the human operator (0.08), urinating events (0.13), and defecating events (0.04) were all lowly heritable. However, the number of lines crossed (0.22) and the number of bleats (0.35) were moderately to highly heritable. Selection for NLW and certain neonatal and perinatal ewe behaviours would benefit the welfare of ewes and lambs. From the arena test it was also evident as H line lambs experienced lower levels of stress in the contrived area environment.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Data van ‘n Merino hulpbronkudde oor die gedrag van ooie en lammers is vanaf 1993 tot en met 2002 versamel. Die kudde was uiteenlopend geselekteer vanaf dieselfde basispopulasie sedert 1986 vir getal lammers gespeen per paring (NLW). Seleksie het gelei to twee seleksielyne, naamlik die Hoë lyn (H lyn, opwaartse seleksie vir NLW) en die Lae lyn (L lyn, afwaartse seleksie vir NLW). Daarbenewens is die effek van die gedrag en seleksielyn vir NLW en lamoorlewing as ‘n noodsaaklike welsynseienskap gerapporteer. Data van die arenagedrag op Merino speenlammers is ook oor 15 jaar versamel deur dieselfde basispopulasie te gebruik. Ramlammers, nageslag van volwasse ooie en enkelinge was swaarder by geboorte as ooi lammers, nageslag van jong en ouer ooie en meerlinge. H lynlammers het ‘n korter duur van geboorte gehad as L lynlammers. Die verskil het ook voorgekom in die parturisies van H lyn- en L lynooie. Die effek van die ouderdom van die ooi was betekenisvol vir die tyd vanaf geboorte tot en met suip en dit het verbeter met ooiouderdom. H lynooie het in beide die ooi- en lamstudies beter met hulle lames se eerste suippogings saamgewerk as L lynooie. Maternale samewerkingstellings het ook ‘n betekenisvolle effek gehad op die tyd wat dit vir die lam gevat om van geboorte tot suip te vorder. Maternale samewerkingtellings het verbeter met ooi-ouderdom. H lynooie het ‘n beter NLW gehad as L lynooie, terwyl H lynlammers beter oorleef het het. H lynlammers met embrio-oorplasing geproduseer was swaarder in vergelyking met die L lyn, met ‘n laer veseldikte, minder plooie op die nek, lyf, broek, en algeheel in vergelyking met die L lyn. Oorlewing van lammers wat deur surogaat ooie grootgemaak is, was hoër in die H lyn as in die L lyn. Enkel eienskap direkte oorerflikheidberamings (h2) in lammers was 0.15 vir geboorte gewig, 0.07 vir lam oorlewing, 0.06 vir die duur van geboorte, 0.12 vir die tyd vanaf geboorte tot suig en 0.00 vir maternale samewerkingstellings. Direkte oorerflikheid beramings, as ‘n eienskap van die ooi ontleed, was 0.04 vir NLW, 0.17 vir duur van geboorte, 0.07 vir Maternale sameweking en 0.20 vir die tyd wat die ooi naby of op die lamplek gebly het. Genetiese tendense dui op teenoorgestelde genetiese tendense tussen die lyne. Teel waardes vir duur van geboorte het aangedui dat geboortes korter in die H lyn geword het en langer geword het in die L lyn. Die verkreë resultate en parameterberamings dui daarop dat seleksie vir ‘n verbeterde NLW gunstige uitkomste lewer vir ooi- en lamgedrag. Lamoorlewing was op die genetiese vlak gunstig gekorreleer met die duur van geboorte en maternale samewerking. Dit was duidelik dat neonatale gedrag tot ‘n mate onder genetiese beheer was in vryweidende skape. In die arenatoets het die lammers van die H lyn nader gekom aan ‘n sittende persoon tussen die dier en sy/haar tropmaats, en het ook minder geurineer en gemis as tydgenote in die L lyn, maar het langer afstande in die arena afgelê. Die demiddelde afstand van die lammers vanaf die persoon (0.08), urineringsvoorvalle (0.13) en ontlastingsvoorvalle (0.04) was almal laag oorerflik. Alhoewel, die aantal lyne gekruis (0.22) en die aantal keer geblêr (0.35) was matig tot hoog oorerflik. Die gunstige effek van seleksie vir NLW op neonatale- en perinatale ooi- en lamgedrag sal die welsyn van die ooi en lammers bevoordeel. H lynlammers het laer vlakke van stres in die aangepaste omgewing ervaar.

Description
Thesis (MScAgric)--Stellenbosch University, 2019.
Keywords
Ovine behaviour, Ovine genetics, Animal welfare -- Western Cape, Sheep industry -- Production practices, Sheep -- Breeding, UCTD